Die departement van internasionale betrekkinge wil nie bevestig of die Hoof van Staatprotokol, Bruce Koloane weens die Gupta-vlugskandaal gedemoveer is nie.
Die koerant, The Sunday Independent berig vandag dat Koloane op al die aanklagte teen hom skuldig gepleit het.
Die departement se woordvoerder, Clayson Monyela het bevestig dat Koloane se tugverhoor afgehandel is.
‘n Ondersoek is deur die regering na die ongemagtigde landing van ‘n vliegtuig op die Waterkloof lugmagbasis in April gedoen.
Alle senior staatsamptenare is deur die ondersoek vrygespreek. – RSG

Hierdie is een groot lieg storie om Zuma te beskerm. Dit, die wapen skandaal en Nkandla kan hom sink indien die waarheid in al die gevalle uitkom.
Hmm, ek wonder wat sy “vergoedingspaket” is om skuldig te pleit, of sit ek die pot mis !
Hy weet te veek en het die gou handdruk gekry, vir sy stilswye
n Joodse liberalis kry blootstelling op die forum ? Ghmpf…SIES ! !
Nooit anders nie …
Koloane het almal se pak gevat om al die skuldiges onskuldig te kry. Hy was nie die enigste skuldige nie. Lekker aftrede is vir hom uitgewerk.
Weereens die verkeerde ou wat die spit afbyt en die skuldige sit lekker en glimlag. Verrotte spul huigelaars en bedrieers.
Dis mos maar standaard vir regerings. So ook Eugene de Kock wat die spit afbyt maar sy base loop vry rond.