Handsakgryper val hom dood op M1-snelweg in Johannesburg

Werklike toneel met goudiewe wat 'n ruit in verkeer breek
Werklike toneel met goudiewe wat ‘n ruit in verkeer breek

‘n Grypdief wat ‘n vrou se handsak uit haar motor gegryp het, het hom Vrydagaand dood geval toe hy van ‘n brug in Parktown afgespring het, sê paramediese personeel

Hy het die ruit van ‘n dame se motor stukkend geslaan en haar handsak gesteel terwyl sy in spitsverkeer op die M1-snelweg oor Empireweg naas Wits vasgesit het, het die woordvoerder vir ER24, Vanessa Jackson, in ‘n mediavrystelling verklaar.

Die snelwegbrug oor Empireweg waar die dief afgespring het
Die snelwegbrug oor Empireweg waar die dief afgespring het

Mense het uit hul motors geklim en hom agterna gesit. Hy spring toe van die brug af, moontlik in ‘n poging om op ‘n bushalte se dak in Empireweg te land, maar het dit gemis. Die man het op die pad geval waar hy met die handsak langs hom gesterf het. – Sapa

 

39 thoughts on “Handsakgryper val hom dood op M1-snelweg in Johannesburg”

          1. Kan iemand asb vir die dame wat die wit mercedes bestuur vra om haar rigestrasie plate van haar voertuig op te gradeer na GP toe. Dink nie die verkeers departement sal die ou Transvaal plate aanvaar op ons paaie nie.

          2. Ek is seker as die verkeersdepartement n registrasie nommer probleem het vir haar voorsien van n nuwe nommer.

        1. Hallo Hans net soos jy daar seg my vriend. Die vuilgoed is reg oor die wêreld verpes. en teel elke dag net meer aan.
          Daar is kontinente soos dele in Afrika wat dit net nie meer sal kan vat nie. Dit raak eerlikwaar ‘n wêreldwye probleem en indien die wêreld dit agterkom gaan en sal dit te laat wees.

          1. Anyway. Voorspoed. Dink nie oom Dan gaan hierdie N24 maneuvers duld nie.
            Sterkte met daai renperd. Hoor hy hardloop vlgde jaar in die July onner die naam AU-DI’S BEAUTIFUL?!

    1. Leana los die Trol Maartins uit, hy is nie welkom op die forum nie en almal ignoreer hom op die forum, nou kom jy en speel in sy hand. Jy sal sien die meeste van sy kommentaar word nie geplaas nie, aangesien hy nie sinvol kan kommentaar lewer nie. Ignoreer die klont, het jy nog nie geleer nie?

Maak 'n opvolg-bydrae