Gupta-landing: Is staatsprotokolhoof gedemoveer?

guptawaterkloofDie departement van internasionale betrekkinge wil nie bevestig of die Hoof van Staatprotokol, Bruce Koloane weens die Gupta-vlugskandaal gedemoveer is nie.

Die koerant, The Sunday Independent berig vandag dat Koloane op al die aanklagte teen hom skuldig gepleit het.

Die departement se woordvoerder, Clayson Monyela het bevestig dat Koloane se tugverhoor afgehandel is.

‘n Ondersoek is deur die regering na die ongemagtigde landing van ‘n vliegtuig op die Waterkloof lugmagbasis in April gedoen.

Alle senior staatsamptenare is deur die ondersoek vrygespreek. – RSG