DA betoog teen Eskom-monopolie

Die DA het Woensdag gesê die regering se monopolie op kragvoorsiening moet gebreek word en privaatelektrisiteitsprodusente moet in die mark toegelaat word om mee te ding, het Sapa berig. “Kom ons breek die monopolie voor Eskom ons breek,” het Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, aan ondersteuners in Johannesburg gesê. Die DA het buite

Lees verder: DA betoog teen Eskom-monopolie

Verlamde wag reeds 2 weke tevergeefs op dokters

Die woordvoerder van die Vrystaatse regering, Mondli Mvambi, het gevra dat die verlamde Carina Visagie, wat al langer as twee weke in Bloemfontein se Pelonomi-hospitaal se spinale afdeling lê, nie moed moet verloor nie. Dit het dié week aan die lig gekom dat die 19-jarige Visagie reeds 18 dae ongeopereer in die hospitaal lê, weens

Lees verder: Verlamde wag reeds 2 weke tevergeefs op dokters

Eskom kondig fase-2 beurtkrag aan

Eskom het aangekondig dat beurtkrag vanaf Donderdagoggend na fase 2 sal aangepas word. “Die kragnetwerk is steeds onder druk. Fase 2-beurtkrag sal vandag [Donderdag] van 08:00 tot 23:00 toegepas word,” het Eskom se woordvoerder, Khulu Phasiwe gesê. Die kragvoorsiener ervaar steeds probleme met sy opwekkingvermoë. Eskom het Woensdag van 10:00 tot 14:00 fase 1-beurtkrag toegepas

Lees verder: Eskom kondig fase-2 beurtkrag aan

Dodetal in Trans-Asia-vliegongeluk kan verder styg

Die Taiwannese media berig dat minstens 12 mense dood is in vanoggend se vliegongeluk, het RSG berig. Die passasiersvliegtuig van Trans-Asia met minstens 53 mense aan boord het in die Taipei-rivier neergestort. Die dodetal kan na verwagting nog verder styg. Volgens die jongste inligting het een van die vliegtuig se motore onklaar geraak kort nadat

Lees verder: Dodetal in Trans-Asia-vliegongeluk kan verder styg

Rupert spreek kommer uit oor plaasmoorde

Volgens dr Johann Rupert is die gedagte dat die verspreiding van rykdom ‘n wondermiddel is teen ongelykheid, ‘n denkfout. Hy het gesê toestande om welvaart te skep, moet eerder bevorder word. Die sakemagnaat was Dinsdag in Kaapstad ‘n spreker by die FW de Klerk-stigting se konferensie. Rupert het FW de Klerk bedank vir die “ongewilde

Lees verder: Rupert spreek kommer uit oor plaasmoorde

Nasionale minimumloon op die tafel

Die portefeuljekomitee oor Arbeid sal openbare verhore oor die hele Suid-Afrika hierdie week hou om die lewensvatbaarheid van ‘n nasionale minimumloon te ondersoek. ‘n Sessie sal Donderdag in Bloemfontein Stadsaal gehou word, nadat dit Woensdag in Johannesburg afgeskop het. Landboubelanghebbendes meen egter ‘n nasionale minimumloon kan arbeidsverhoudinge verder vertoebel, aangesien die ANC plaaswerkers aanmoedig tot

Lees verder: Nasionale minimumloon op die tafel

Dalende olieprys maak kos goedkoper

Hoof van Agbiz, John Purchase, sê brandstofpryse sal die landboubedryf beslis raak. Verbruikers gaan beslis kan asem skep wanneer die brandstofpryse om middernag vanaand met ongeveer 93c vir petrol, en meer as R1 vir diesel, daal. Dit kom nadat die brandstofpryse verlede maand reeds met meer as R1 gedaal het. In die landbousektor hou die

Lees verder: Dalende olieprys maak kos goedkoper

Twee polisielede vas vir roof en ontvoering

Die geloofwaardigheid van die polisie het opnuut onder skoot gekom. Dit volg na ‘n verslag van die navorsingsmaatskappy Futurefact waarin bevind is dat 76 persent van Suid-Afrikaners van mening is dat baie polisielede self misdadigers is. Net meer as drieduisend mense het aan die meningspeiling deelgeneem. Twee polisielede, onderskeidelik 35 en 44 jaar oud, is

Lees verder: Twee polisielede vas vir roof en ontvoering

Derby-Lewis wend hom tot De Kock se regsverteenwoordiger

Clive Derby-Lewis se vrou, Gaye, het aangekondig dat Julian Knight, wat vroeër die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder Eugene de Kock verteenwoordig het, voortaan as haar man se regsverteenwoordiger sal optree. Derby-Lewis het Dinsdag bewerings ontken dat hy sy vorige prokureur Marius Coertze versoek het om die minister van korrektiewe dienste te dagvaar vir R2 miljoen. “Dit het

Lees verder: Derby-Lewis wend hom tot De Kock se regsverteenwoordiger

‘Ons hou van jou, FW,’ sê ANC ná 25 jaar

Verteenwoordigers van die ANC het mnr. FW de Klerk gister geloof vir sy “moedige stap” om 25 jaar gelede op 2 Februarie die verbod op die ANC en SAKP op te hef, asook sy besluit om alle mag aan dié twee “bevrydingsbewegings” met hul stedelike terreur en kommunistiese retoriek te oorhandig. Uit uitsprake deur De

Lees verder: ‘Ons hou van jou, FW,’ sê ANC ná 25 jaar