Die geloofwaardigheid van die polisie het opnuut onder skoot gekom.
Dit volg na ‘n verslag van die navorsingsmaatskappy Futurefact waarin bevind is dat 76 persent van Suid-Afrikaners van mening is dat baie polisielede self misdadigers is.
Net meer as drieduisend mense het aan die meningspeiling deelgeneem.
Twee polisielede, onderskeidelik 35 en 44 jaar oud, is intussen op Pongola in die noorde van KwaZulu-Natal vasgetrek op aanklagte van roof en van ontvoering, het RSG berig.
Daar word beweer dat hulle onder ‘n groep mans was wat veiligheidswagte by ‘n winkel vasgebind, hulle in ‘n suikerrietland agtergelaat en toe die winkel gaan beroof het.
Die KwaZulu-Natalse LUR vir Gemeenskapsveiligheid en Skakeling, Willies Mchunu, het die polisie se betrokkenheid by misdadige bedrywighede skerp veroordeel.
Mchunu sè die meerderheid polisielede in die provinsie is nog steeds mense van integriteit wat baie hard werk en hy het die publiek gevra om saam met die lede te werk en diegene te ontbloot wat by misdadige bedrywighede betrokke is.
‘n Woordvoerder van sy Departement, Sipho Khumalo, sè die polisielede sal later vandeesmaand in die landdroshof op Pongola verskyn.
Verskeie polisiebeamptes van die Douglasdale polisiestasie in die noorde van Johannesburg is blykbaar gister ontwapen nadat hulle kollegas gedreig het.
Die polisielede is na bewering op ‘n sloerstaking omdat hulle ontevrede is oor beweerde rassisme by die stasie.
Die Gautengse polisiewoordvoerder, kolonel Noxolo Kweza, wou nie kommentaar lewer nie.

Ons kan nou hier die hele idee van wat en hoe ‘n polisieman moet wees uitspel, maar ek dink die bevel is maar ook te blammeeer vir hierdie.
Wat se klomp gemors stel hulle aan in die eerste plek. Dan, as ons kyk na die ouderdomme is dit ook maar lede wat ook lank in die mag is. Ja, ek kan myself hier dalk weerspreek, want baie lede gaan op ‘n ouer ouderdom Diens toe, want hulle is te kak-sleg om dit te maak in die privaatsektor… of het dalk die idee dat die staat maar net ‘n welsynsorganisasie is. So bevel moet die heeltyd orders uitstuur dat lede nie moet betrokke raak in misdaad nie want hulle gaan harder gestraf word as hulle gevang word.
Right, maar hoe ook al. Dit wys maar net weereens van hoe dit om ons gaan en hierdie paar gevalle is maar net die paar wat die nuus haal. Wat van daai polisie-misdadigers wat elke keer wegkom?
Dis omdat die polisie met bestuur sit wat nie ‘n idee het van hoe om die diens te bestuur nie. Bevorder die persoon in sinior lede in wat deur die range gekom het, en nie daar is omdat hulle een of ander graad het in kinderkrans dans jie, of die ministers ken nie.
Dis hoekom dit so sal gaan en nie verander nie.