praag.co.za

Derby-Lewis wend hom tot De Kock se regsverteenwoordiger

Written by

in

,

Clive Derby-Lewis se vrou, Gaye, het aangekondig dat Julian Knight, wat vroeër die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder Eugene de Kock verteenwoordig het, voortaan as haar man se regsverteenwoordiger sal optree.

Derby-Lewis het Dinsdag bewerings ontken dat hy sy vorige prokureur Marius Coertze versoek het om die minister van korrektiewe dienste te dagvaar vir R2 miljoen.

“Dit het nooit gebeur nie,” het Derby-Lewis in ‘n verklaring gesê. “Ek het hom nooit opdrag gegee om die minister of enigiemand anders by die departement te dagvaar nie.”

Derby-Lewis het gesê hy het ‘n e-pos aan minister Michael Masutha se woordvoerder gestuur om hom in kennis te stel dat hy nie die opdrag aan sy prokureur gegee het nie, en het om verskoning gevra oor die verkeerde inligting.

Coertze verteenwoordig sedert Sondag nie meer vir Derby-Lewis nie.

Masutha het Vrydag aangekondig dat Derby-Lewis se aansoek om mediese parool afgekeur is. De Kock se aansoek is goedgekeur.

Alhoewel die mediese paroolraad aanbeveel het dat hy vrygelaat moet word, het Masutha ‘n naamkwessie op Derby-Lewis se mediese verslae voorgehou as ‘n verskoning om Derby-Lewis in die tronk te hou.

Derby-Lewis is deur die owerhede self versoek om ‘n skuilnaam op sy mediese verslae te gebruik, iets wat die minister nou probeer uitbuit tot sy voordeel.

Die minister het die paroolraad veroordeel dat die vrylating voorgestel word, aangesien Derby-Lewis slegs fase 3-longkanker het. Volgens wetgewing kwalifiseer glo slegs diegene met fase 4-longkanker.

De Kock ly egter aan geen kwaal nie.

Masutha het ook gesê hy is nie oortuig dat Derby-Lewis ware berou toon nie.

Clive Derby-Lewis is vir die moord veroordeel nadat ‘n regsverteenwoordiger wat sy dienste “gratis” aangebied het, hom aangeraai het om nie oor sy onskuld te getuig nie, ‘n fatale fout.

‘n Filmmaker het vroeër gesê hy is bewus van sekere regslui wat deur die ANC en hul meelopers aangewend word om sake “te gooi” in hul guns en hulself dan as simpatiek voordoen en gratis hul dienste aanbied. Die bekende regisseur wou anoniem bly, maar het aan Praag bevestig dat hy meen dat Derby-Lewis se geval soorteglyk is.

Die sogenaamde getuie, ‘n swart vrou, wat vertel het dat Derby-Lewis die wapen verskaf het, is volgens ander getuies afgedreig aangesien sy nie die oorhandiging sou kon sien plaasvind van waar sy beweer het sy was nie. Getuies wat haar leuens sou kon weerlê, is verhoed om te getuig.

Janusz Walus, ‘n Poolse immigrant, het die leier van die SAKP, Chris Hani, op 10 April 1993 doodgeskiet.

Hy is skuldig bevind aan moord en ter dood veroordeel, maar dit is na lewenslank verander toe Suid-Afrika die doodstraf afgeskaf het.

Comments

9 responses to “Derby-Lewis wend hom tot De Kock se regsverteenwoordiger”

  1. Kaylee van Yken Avatar
    Kaylee van Yken

    Mnr Derby-Lewis het NOOIT uit sy eie die vals name gebruik nie – dit was aan hom voorgestel en daarvolgens het hy opgetree – IN OPDRAG.

    Ek kan nie dink watter gesig hy moet opsit om ware berou te betoon nie. Ek plaas WEER die laaste foto wat van hom geneem is – mens moet wragtig SIEK in jou kop wees om nie die agteruitgang aan sy liggaam waar te neem nie.

    Indien daar waarheid steek wat betref Marius Coertze, is ek bitter teleurgesteld. Geen rede om Mnr Derby-Lewis se integriteit in twyfel te trek nie.

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Kaylee daar is niks wat ons vir Derby Lewis meer kan doen
      nie – laat die kinders wat in die roomysfabriek dikgevreet maar hulle roomys mors
      – hulle begin hoeka nou mekaar met die roomys gooi want hulle uurglas loop ook
      leeg.

      Derby Lewis wen vir ons beskaafde mense stemme terwyl hy
      daar as ANC martelaar leef. EN hy word verewig in die Afrikanervolk se
      geskiedenis. Kyk maar na sy gesig – hy is moeg en gelate, ek dink nie dit ANC
      se magsmisbruik raak hom meer nie.

      1. G Avatar
        G

        Die onreg wat daardie man aangedoen is deur die bende wit terroriste, skreeu te hemele. FW het homself met uitvaagsels versoen wat onskuldige mense vermoor, nie ‘n opgevoede man wat op die Presidentsraad gedien het en homself gewy het aan die Afrikanersaak nie. God slaap nie

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Ek wonder of mense besef hoe uitvaagsel FW werklik is – die swartes
          het geveg vir hulle doelstelling om ons land af te neem en en na hulle derde
          wereld standaard af te trek want hulle kon nie self vir hulle n land bou nie.

          Wat het FW gedoen “vir” sy Afrikanervolk gedoen en
          uiteindelik aan hulle gedoen?

          Ek wil regtig nie oor die skepsel praat nie want dan voel ek
          vuil en besmeer.

  2. Rutger Avatar
    Rutger

    Watter advokaat het Coertze gebruik? Lyk of hulle lekker saamwerk met die minister en sommer uit hul eie uit sake in CDL se naam maak vir groot somme geld.

  3. Hans Onrust Avatar
    Hans Onrust

    dat alle misdaden tegen de mensheid en alles en iedereen door de ‘Gutmensch’ sponsoren van de anc sakp hordes, uit Oost en West, door de vingers werden gezien, heeft hen extra gemotiveerd deze geboden verderfelijke ruimte te vullen met nog meer van dezelfde slechtheid.

    Alleen de ‘fouten’ en verdraaiingen en leugens en bedrog in en rond de mensonwaardige behandeling van de heer CDL zijn amper op een vel papier op te sommen en de kwaadaardigheid erachter is niet met een pen te beschrijven terwijl de destijds tegen ‘apartheid’ zo eenzijdig opgeklopte sfeer in bv. ‘mensenrechtenkringen’ nou maar schril afsteekt tegen ook hun actieve wegkijken.

    Het is uiterst onwaarschijnlijk dat het recht in deze verloederende schurkenstaat, als totaal gefaalde staat, de vrije loop heeft onder begeleiding van welke advocaat dan ook. Zeker als de politieke lading in de vrijlating van de Kock en vasthouding van de heer CDL, als rancuneuze onmenselijke anc sakp partijpolitiek, wordt waargenomen.

    In België hebben nou 15 geïnterneerden € 15000 p/p aan compensatie ontvangen omdat hen toegang tot voldoende verzorging is ontzegd.
    In de bloederige klauwen van dit anc sakp schrikbewind kreeg de heer CDL, na twee aanslagen op zijn leven, nog een paar leugens extra te verwerken ipv een schadevergoeding.
    Noem dat maar een rechtstaat afgezet tegen de goedkope doorzichtige ‘windowdressing’ over ‘hoe goed de rechtstaat functioneert’ in de Oscar zaak.

    ‘Van boven bont van onderen stront’ is nog positief beschreven.

    1. Hd Hammer Avatar
      Hd Hammer

      Heh….daardie “windowdressing” het toe “ge-backfire”…..die regter het maar redelik kritiek gekry. Sy verstaan nie die regsbeginsel van dolus eventualis nie.
      En jy is reg…dit was windowdressing. Die regter is nie aangestel as regter in die Pretoria se Hooggeregshof nie, sy is aangestel in Johannesburg se Hooggeregshof.

  4. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Ek dink daardie valsnaam was juis gebruik om hierdie situasie te veroorsaak- die klomp is meer uitgeslape as wat ons dink. Ek wil net weet hoe ‘n dokter iemand met ‘n skuilnaam kan behandel. Dit is mos oneties nie waar nie? As daar prosedures ens dan nodig is kan dit lewensgevaarlik wees in so ‘n situasie. Die rekeneninge ens is wettige kontrakte en ‘n skuilnaam daar is dan mos bedrog – so dit is juis die departement van justisie wat bedrog gepleeg het – en dit dan nog in die openbaar erken!

Leave a Reply