‘n Man is in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ‘n baba van vier maande en ‘n 7-jarige seun in Ceres, het die polisie in die Wes-Kaap gesê. Lt.kol. André Traut het gesê ‘n 32-jarige man is in aanhouding en is Maandagaand in Ceres ondervra. ‘n Taakspan wat bestaan uit verskeie polisie-eenhede is
Student buite UJ geskiet
ʼn Student is geskiet en gewond buite die Universiteit van Johannesburg (UJ) se Doornfontein-kampus. “Die universiteit kan bevestig dat ʼn 30-jarige student geskiet is tydens ʼn rooftog buite die gronde van die Doornfontein-kampus,” het Herman Esterhuizen, woordvoerder van die universiteit, gesê. “Die student is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal.” Esterhuizen het gesê die
Vals kapingswaarskuwing in PE ondersoek
‘n Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Tlali Tlali sê hulle stel ondersoek in na ‘n vals kapingskennisgewing wat gistermiddag paniek veroorsaak het op ‘n vlug wat in Port Elizabeth geland het. Volgens Tlali is die vals kennisgewing geaktivieer vir die vlug SA 417 wat in Johannesburg opgestyg het. Nooddienste en bykomende veiligheidspersoneel is na die
Jeugliga ontken ontlasting-storting
Die ANC Jeugliga in die Wes-Kaap het hom gedistansieer van die jongste voorval waar menslike ontlasting gestort is. Vier mans het Maandag menslike ontlasting op die trappe van die provinsiale wetgewer gegooi. Die jeugliga ontken berigte dat die mans lede van die jeugliga is. Volgens die polisie is niemand nog in verband met die voorval
‘Munisipale herafbakening benadeel plaaslike bestuur’: VF Plus
Die VF Plus dreig met aksie teen die munisipale afbakeningsraad oor die wyse waarop die instansie sy kennisgewings tot openbare verhore en prosesse hanteer met die oog op die herafbakening van onder meer die Sedibeng distriksmunisipaliteit in die Vaaldriehoek en die van die Wesrandse distriksmunisipaliteit in Gauteng en ander sentra in die land. Die VF
Lees verder: ‘Munisipale herafbakening benadeel plaaslike bestuur’: VF Plus
‘Afrikaans is ongelukkig ‘n Afrikataal’: Motshekga
Oor sy beleid om die gebruik van Afrikatale in skole te stimuleer, het die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, gister gesê dat die departement ‘n loodsprojek ondersteun wat aanstaande jaar in 10 skole per distrik ingestel sal word. “Afrikaans kwalifiseer, gelukkig of ongelukkig, daarvoor. Dis ‘n inheemse taal en daarom pas dit volmaak by
Lees verder: ‘Afrikaans is ongelukkig ‘n Afrikataal’: Motshekga
Swart polisievrou wat maskara steel uit op borg
‘n Polisievrou wat daarvan beskuldig word dat sy twee buisies maskara in ‘n winkel gesteel het, is op borgtog van R500 deur die Potchefstroomse Landdroshof vrygelaat, het die Noordwes-polisie gister gesê. Luit.kol. Kenaleone Aggy Motloung, van die misdaadintelligensie-eenheid, het Maandag in die hof verskyn, het Brigadier Thulani Ngubane gesê. Volgens Ngubane is sy Vrydag by die
Lees verder: Swart polisievrou wat maskara steel uit op borg
Bees Roux keer tot rugby terug en swart gesin vergewe hom
Bees Roux sal binnekort as slot vir die Goue Leeus uitdraf, terwyl die familie van die swart metropolisieman van Pretoria, Johannes Nshimane Mogale, hom “onvoorwaardelik vergewe het”. In 2010 het die rugbyspeler die 38-jarige sersant op straat in Hatfield doodgeslaan en die jaar daarop in 2011 ‘n opgeskorte vonnis van 5 jaar tronkstraf ontvang. Van die
Lees verder: Bees Roux keer tot rugby terug en swart gesin vergewe hom
Nuwe wet oor grond deel van transformasie-projek
“Krotbuurte in rykmanswoongebiede. Met die gepaardgaande negatiewe impak op ontwikkeling en Suid-Afrika se ekonomie. Dit is die onafwendbare gevolge van die nuwe Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur wat gister deur pres. Jacob Zuma bekragtig is,” sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor ekonomie. Adv. Alberts sê die vereistes van die
Lees verder: Nuwe wet oor grond deel van transformasie-projek
Christelike Sioniste, ‘n magsblok om mee rekening te hou
Sosiologies kan Christelike Sionisme waarskynlik beskou word as ‘n produk van die besondere omstandighede van die Verenigde State van Amerika, waar die wêreld se grootste gemeenskap van Jode in dieselfde land as die wêreld se grootste gemeenskap van evangeliese Christene woon. Maar dié verhouding het groot politieke implikasies vir die VSA, sowel as die wêreld.
Lees verder: Christelike Sioniste, ‘n magsblok om mee rekening te hou
