praag.co.za

Student buite UJ geskiet

Written by

in

,

ujlogoʼn Student is geskiet en gewond buite die Universiteit van Johannesburg (UJ)  se Doornfontein-kampus.

“Die universiteit kan bevestig dat ʼn 30-jarige student geskiet is tydens ʼn rooftog buite die gronde van die Doornfontein-kampus,” het Herman Esterhuizen, woordvoerder van die universiteit, gesê.
“Die student is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal.”
Esterhuizen het gesê die voorval het omstreeks 20:30 Dinsdagaand plaasgevind.
Die student het glo iets gaan koop om te eet en is deur twee mans gekonfronteer op pad terug na die kampus.
Die polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.
Esterhuizen sê die voorval het nie op dieselfde kampus plaasgevind as verlede week se kaping nie.
ʼn 23-jarige student is verlede week gekaap en ontvoer terwyl sy haar motor parkeer het op die universiteit se Kingsway-kampus.
Die student is in haar motor se kattebak geprop waarna die man na ʼn OTM gery het.
Hy het haar gedwing om haar bankkaart se pin vir hom te gee voor hy haar in Eldorado Park afgelaai het waar sy later gevind is.
Die Agtienjarige man wat in hegtenis geneem is in verband met die voorval, was glo in besit van die motor betrap. – Sapa

Comments

2 responses to “Student buite UJ geskiet”

  1. Seg Net Avatar
    Seg Net

    Is hier nog enige plek, in die land, waar enige persoon, veilig is of net veilig voel? Word ons veiligheid nie in die grondwet gewaarborg nie? Wat doen die regering, om dit wat hulle aan die publiek verskuldig is en waarvoor hulle vergoed word?

    Indien die regering nie die grondwet kan nakom nie, moet hulle die mense wat die land wil verlaat bystaan en die nodige dokumentasie en finansies beskikbaar stel dat die wat wil dit op regering koste kan doen. Weet dit is die belastingbetaler se geld, maar dit word in elke val nie aangewend vir die mense van die land nie.

  2. Josef Fourie Avatar
    Josef Fourie

    ‘n 30 -jarige student? Is hy darem al in sy tweede jaar?

Leave a Reply