Die ANC Jeugliga in die Wes-Kaap het hom gedistansieer van die jongste voorval waar menslike ontlasting gestort is.
Vier mans het Maandag menslike ontlasting op die trappe van die provinsiale wetgewer gegooi. Die jeugliga ontken berigte dat die mans lede van die jeugliga is.
Volgens die polisie is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Daar was die afgelope paar maande ‘n aantal soortgelyke voorvalle in Kaapstad, insluitend by die Kaapstadse internasionale lughawe.
Die betogers sê daar is ‘n tekort aan sanitasie in hulle woonbuurte, en hulle beweer dat die draagbare spoeltoilette wat die munisipaliteit verskaf niks beter is as die emmerstelsel nie.
