Instroming na Wes-Kaap

Volgens die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, trek 12 000 leerders van ander provinsies elke jaar na skole in dié provinsie.

In ‘n antwoord op ‘n vraag by die provinsiale wetgewer, het Zille gesê die bevolkingsverskuiwing na die Wes-Kaap vanaf 2006 tot einde 2010, word geskat op 317 933 mense.

Van dié syfer is meer as die helfte intrekkers vanuit die Oos-Kaap, gevolg deur Gauteng en die Noord-Kaap.

Die persentasie in bevolkingsgroei vanaf 2001 tot 2007 vir die Wes-Kaap is 2,6%, teenoor 1,3% in die res van die land.

Zille vra lank reeds vir meer fondse van die regering vir die Wes-Kaap, om dié provinsie in staat te stel om die eise van behuising en dienslewering te hanteer.

Sy het in haar antwoord gesê dat ‘n studie toon dat die Wes-Kaap, en spesifiek Kaapstad, meer mense van ander provinsies wat op soek is na beter werksgeleenthede, lok.

Zille sê 71,7% van mense wat in die Wes-Kaap werk, is hier gebore en die res is intrekkers.

производительности компрессораФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae