Die KwaZulu-Natalse LUR vir Samewerkende Regering, Nomusa Dube sê hulle is teleurgesteld in die Munisipale Afbakeningsraad se besluit om nie aan die sewe plaaslike munisipaliteite in die Umgungundlovu distrikmunisipaliteit Metro-status te gee nie.
Die distrikmunisipaliteit sluit Pietermaritzburg in. Dube het met die media gepraat nadat die Afbakeningsraad se finale besluit oor die afbakening van munisipale grense aangekondig is.
Sy sê die samesmelting van kleiner munisipaliteite in die distrik sou groot voordele ingehou het. Volgens Dube sou dit gelei het tot beter dienslewering en nuwe geleenthede vir staatsbefondsing, privaat belegging en ontwikkeling. – RSG
Goedkeuring vir die samesmelting van die Midvaal en Emfuleni munisipaliteite in die Vaaldriehoek in ‘n enkele metroraad sal teen die einde van die week afgehandel wees. Die samesmelting sal ook dieSedibengDistriksraad insluit.
Die Munisipale Afbakeningsraad gaan die saak finaliseer na uitgebreide konsultasies plaasgevind het.
Midvaal is die enigste munisipaliteit in Gauteng wat reeds 12 jaar lank deur die DA beheer word, maar gaan gebuk onder bewerings van korrupsie en wanbestuur wat deur die partyleier Helen Zille geïgnoreer word.
Nast was volgens inligting ook betrokke by die naamsverandering van ‘n oorwegend Afrikaanse skool, en het met stappe begin om, soortgelyk soos ANC-beheerde munisipaliteite doen, die name van verskeie strate en plekke te verander. – See more at: http://praag.co.za/?p=15598#sthash.eI53Xo5V.dpuf
Die burgemeester, Timothy Nast, het onlangs bedank om aan te sluit by die ANC se beplanningsliggaam in Gauteng.
Nast was betrokke by die naamsverandering van ‘n oorwegend Afrikaanse skool, en het met stappe begin om, soortgelyk soos ANC-beheerde munisipaliteite doen, die Afrikaanse name van verskeie strate en plekke te verander.
Die partyhet beloweom te veg teendie voorgestelde samesmelting.
Nast was volgens inligting ook betrokke by die naamsverandering van ‘n oorwegend Afrikaanse skool, en het met stappe begin om, soortgelyk soos ANC-beheerde munisipaliteite doen, die name van verskeie strate en plekke te verander. – See more at: http://praag.co.za/?p=15598#sthash.eI53Xo5V.dpuf
Die hoofsweep van die Midvaal munisipaliteit, Dennis Ryder sê hulle is teleurgesteld oor die nuus dat daar voortgegaan word met die artikel 21-kennisgewing wat die volgende stap is om ‘n metro tussen Midvaal en Emfuleni tot stand te bring.
Hy sê om die twee gebiede in ‘n metro te verenig voldoen nie aan die kriteria ingevolge wetgewing nie.
Die VF Plus dreig met aksie teen die munisipale afbakeningsraad oor die wyse waarop die instansie sy kennisgewings tot openbare verhore en prosesse hanteer met die oog op die herafbakening van onder meer die Sedibeng distriksmunisipaliteit in die Vaaldriehoek en die van die Wesrandse distriksmunisipaliteit in Gauteng en ander sentra in die land.
Die VF Plus het reeds op 17 April 2013 by die afbakeningsraad appèl aangeteken nadat openbare verhore tussen 7 en 11 April 2013 gehou is binne die twee munisipale gebiede en verskeie ander sentra in Suid-Afrika. Die voorsitter van die munisipale afbakeningsraad mnr LJ Malhango, het die kennisgewing tot openbare verhore eers op 3 April 2013 onderteken – minder as 6 dae voordat die openbare verhore sou plaasvind en die publieke kennisgewings in nuusblaaie is so laat as op Sondag 7 April 2013 gepubliseer.
Die appèl is geskoei op die gees van die Suid Afrikaanse grondwet soos vervat in artikel 33 wat in geen onduidelike terme die reg op billike administratiewe aksie reël in paragraaf 1, 2 en 3 en die Wet op die bevordering van Billike Administrasie “PAJA” , wet 3 van 2000.
Nadat die regsafdeling van die afbakeningsraad ontvangs van die appèl erken het en onderneem het om daarop te reageer, het hulle tot dusver enige verdere navrae daaroor geïgnoreer.
Inwoners en belastingbetalers het geen billike kans gehad om ‘n opinie te vorm oor die omvang en nagevolge van die beoogde samevoegings nie. Die ANC het wel busse vol van hul eie ondersteuners na die geleenthede aangery.
Die herafbakenings kom neer op ‘n herverdeling van belastinginkomste, sonder om effektiewe bestuur van die plaaslike owerhede aan te spreek. Die afbakeningsraad het verder geen terugvoer gegee aan rolspelers wat tydens die openbare verhore insette gelewer het en vrae gevra het nie.
Die werkswyse van die munisipale afbakeningsraad kom verdag voor en laat dit lyk soos ‘n frontorganisasie van die ANC.