praag.co.za

Tag: Bees Roux

  • Bees Roux keer tot rugby terug en swart gesin vergewe hom

    Bees Roux keer tot rugby terug en swart gesin vergewe hom

    Bees Roux
    Bees Roux

    Bees Roux sal binnekort as slot vir die Goue Leeus uitdraf, terwyl die familie van die swart metropolisieman van Pretoria, Johannes Nshimane Mogale, hom “onvoorwaardelik vergewe het”.

    In 2010 het die rugbyspeler die 38-jarige sersant op straat in Hatfield doodgeslaan en die jaar daarop in 2011 ‘n opgeskorte vonnis van 5 jaar tronkstraf ontvang. Van die voorwaardes van sy pleitooreenkoms was dat hy R750 000 se vergoeding aan Mogale se gesin betaal.

    Die breier van die Leeus, Johann Ackermann, het Maandag bevestig dat Roux (31) heel moontlik as slot gekies vir dié span gekies sal word tydens die komende Curriebekerseisoen. Volgens Manie Booysen, die uitvoerende hoof van die Goue-Leeus-rugbyunie (GLRU), is daar “tegnies gesproke hoegenaamd geen beletsel om Bees te kies nie. Dit sal jammer wees as mense sy betrokkenheid nou verkeerdelik wil beoordeel. Die ou het mos berou gehad.”

    Die unie het Roux self genader omdat hy tans probleme ondervind om sy slotposisies te vul. Roux sal tydens die Curriebekerreeks per wedstryd betaal word en het reeds gister saam met die res van die span in Johannesburg geoefen.

    “Ons kies hom ter wille van rugby en om geen ander rede nie. Hy is ‘n slot wat beskibaar is noudat hy van oorsee af teruggekeer het,” meen die afrigter, Johann Ackermann. Ons is in ‘n penarie aangesien daar geen ander spelers met ons ‘n kontrak geteken het nie, dus wil ons hom graag in die span intrek en kyk hoe dit gaan.”

    Die briewe waarin die Mogale-gesin hul vergiffenis aan Bees Roux uitspreek, het dit vir die unie makliker gemaak om na Roux as speler te kyk.

    “Ons het twee briewe wat uit 2011 en 2013 dateer, waarin die ouers en die gesin persoonlik hul seën daaroor uitspreek dat hy rugby speel en waarin hulle hom selfs vir Suid-Afrika wil sien speel,” het Ackermann gesê.

    “Dit het ons ‘n taamlik positiewe uitkyk gegee aangesien hulle (die familie) gewillig is om hom te vergewe en hom ‘n tweede kans in die lewe te bied.”

    ‘n Maand nadat hy op die aanklag skuldig gepleit het, het die Bloubulle-rugbyunie Roux weens kontrakbreuk afgedank en hy het later ‘n kontrak met die Franse klub, die Bordeaux-arende, opgeneem.

    In 2012 het hy by die Italiaanse span Treviso aangesluit, vir wie hy tot aan die einde van vanjaar se Europese seisoen gespeel het, terwyl hy ook in die Suid-Afrikaanse Barbare-span in hul wedstryd teen Saracens in Mei uitgedraf het.

    Pas nadat hulle ‘n plek in die 2014-Super-Rugby-toernooi deur ‘n punteverskil met die Suidelike Konings in hul promosie-relegasiewedstryde behaal het, bevind die Leeus hul in ‘n krisis wat die slotposisie betref.

    Kaptein JC Janse van Rensburg, wat die hoofanker in die voorry vir die Leeus was, het die span verlaat om vir Bayonne in Frankryk te gaan speel, terwyl Julian Redelinghuys oor die naweek ‘n langtermynbesering opgedoen het.

    “Ons kyk daarna om nog ‘n slot van iewers af te leen aangesien ons tans net drie fikse slotte in Ruan Dreyer, Jacques van Rooyen and CJ van der Linde het,” het Ackermann gesê.

    James Adams, Roux se agent, het gister gesê geen kontrak is gefinaliseer nie en hy onderhandel ook met ’n ander unie wat in Roux se dienste belangstel.

    Adams het toegegee plaaslike unies is versigtig om ’n kontrak met Roux te sluit.

    Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) meen die GLRU oortree geen regulasies met Roux se toevoeging tot hul oefengroep nie.

    “Daar is niks wetliks of grondwetliks wat spanne daarvan weerhou om spelers met ’n misdaadgeskiedenis te kies as hulle wil nie,” was Saru se kommentaar.

    Roux was nie giste vir kommentaar beskikbaar nie. – praag en Sapa

  • Man in hof oor Bees Roux se kredietkaart

    ‘n Man sou vanooggend in die Pretoriase landdroshof verskyn in verband met die diefstal van die Blou Bulpeler Bees Roux se kredietkaart, het die polisie gesê.

    “Hy is Vrydagaand om 5:45 in hegtenis geneem,” sê Brigadier Mahlomola Manganye, van die Sunnyside-polisiekantoor in Pretoria, Gauteng.

    “Dit is nie in verband met die moord nie, maar in verband met die kredietkaart. Hy is die beskuldigde wat die kredietkaart gebruik het,” het Manganye aan die Suid-Afrikaanse Persassosiasie gesê.

    “Hy sal na verwagting vanoggend [Maandag] in die hof verskyn.”

    Manganye wou nie enige besonderhede gee oor hoe die man opgespoor is nie, en het gesê: “Ons het ‘n paar leidrade gevolg… [maar] ons ondersoek nog.”

    Roux het verlede Maandag in die Pretoriase distrikshof verskyn en is borgtog van R100 000 toegestaan nadat hy na bewering ‘n metro-polisieman  op 27 Augustus doodgeslaan het.

    Stephanus Jacobus “Bees” Roux het die naweek in die tronk deurgebring ná die moord op die metropolisiebeampte Ntshimane Johannes Mogale (38).

    Tydens sy eerste hofverskyning, het dit geblyk dat Roux se kredietkaart by ‘n McDonald gebruik is toe hy glo in aanhouding was.

    Mogale se liggaam is Vrydag om 03:00 in Schoemanstraat, Pretoria, met hoofbeserings gevind. Hy het na wat berig word Roux vroeër vir vermoedelike dronkbestuur van die pad afgetrek.

    instagram sponsored appsлобановский александр досье

  • Vrae rondom Bees Roux

    Vrae rondom Bees Roux

    ‘n Bloubul-rugbyspeler is gister R100 000 borgtog toegestaan deur die Pretoriase distrikshof, nadat hy na bewering ‘n metropolisieman doodgeslaan het.

    Stephanus Jacobus “Bees” Roux het die naweek in die tronk deurgebring nadat hy Vrydag in hegtenis geneem is ná die moord op die Pretoriase metropolisiebeampte Ntshimane Johannes Mogale, 38.

    Hy is van plan om onskuldig te pleit op aanklagte van moord en bestuur onder die invloed van alkohol, het die hof gehoor. Die saak is tot 15 Oktober uitgestel.

    In ‘n grys trui het Roux in die beskuldigdebank gaan staan met sy hande in vuiste gebal.

    Die hofsaal was volgepak met swart metropolisiebeamptes van Pretoria, waarvan sommige op die vloer moes sit.

    Terwyl Roux se verdedigingspan gevra het om borgtog van R5 000 en die staat vir R20 000 as gevolg van die aard van die misdaad, het landdros Desmond Nair dit op R100 000 vasgestel.

    Vermoë en fondse

    In die vasstelling van die bedrag, het Nair gesê dat die hof nie die feit kan ignoreer dat die beskuldigde oor die hulpbronne en die fondse beskik om na die buiteland te reis en dat hy dit in die verlede gedoen het nie.

    Volgens ‘n beëdigde verklaring van Roux, het voorheen hy na Ierland, Frankryk en Australië gereis om rugby te speel. Hy het ook ‘n bankrekening in Frankryk met €5 000 aangesien hy daar vir drie maande in 2008 gespeel het.

    Sy jaarlikse inkomste is ongeveer R850 000.

    “Ek het geen voorneme om die lewe van ‘n vlugteling te leef nie,” het Roux aan landdros Desmond Nair ter ondersteuning van sy borgaansoek gesê.

    Die prokureur vir die verdediging Rudi Krause het die hof meegedeel dat Roux oor geen vorige veroordelings beskik nie en nie ‘n vlugrisiko is nie.

    Nair het egter daarop gewys dat Roux beskuldig word van ‘n Bylae-Ses-misdryf en nie Bylae Vyf nie, want ‘n geregsbeampte was daarby betrokke. Volgens Bylae Ses van die Strafproseswet kan daar slegs borgtog aan ‘n beskuldigde toegestaan word indien hy toon dat “buitengewone omstandighede” bestaan om dit te regverdig.

    Krause het aangevoer dat hierdie omstandighede die feit is dat die staat die borgaansoek aanvanklik nie teengestaan het nie, en dat die inhoud van Roux se eerste verklaring nie bevraagteken word nie.

    Borgtog is betaal en Roux is gister vrygestel.

    Kredietkaart gebruik

    Intussen het dit na vore gekom dat Roux se kredietkaart Maandag gebruik is by ‘n McDonald-kitskoswinkel op die tyd wat hy veronderstel was om in aanhouding te gewees het.

    Roux is Vrydag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem. Mogale se lyk is in Schoemanstraat, Pretoria, met kopbeserings teen 03:00 Vrydag gevind. Hy het vroeër berig dat hy Roux vir verdagte dronkbestuur laat aftrek het.

    Die ondersoekbeampte Patrick Mafanel het getuig dat die omstandighede rondom die voorval nog onduidelik is, berig Beeld.

    “Ons weet Mohale was aan diens saam met twee kollegas en dat hulle Roux laat aftrek het op die hoek van Schoeman- en Festivalstrate vir dronkbestuur,” sê Mafanel in ‘n berig op News24.

    “Mohale het sy kollegas vertel hy gaan Roux se motor huis te bestuur, want Roux was dronk.

    “Maar ons weet nie hoekom sy kollegas nie agter hulle aangery, of die aanranding gesien het nie.”

    Onbeantwoorde vrae

    Die verdediging het aangevoer dat daar nog baie onbeantwoorde vrae bestaan. Dit sluit in waarom Mohale se kollegas nie vir hom en Roux gevolg het nie, waarom Roux nie vir dronkbestuur gearresteer is nie en waarom Mohale in die teenoorgestelde rigting van die naaste polisiestasies (Brooklyn en Sunnyside) in die rigting van Roux se huis in Equestria, in die ooste van Pretoria, gery het, volgens die verslag.

    Mafanel het ook getuig dat Mohale se twee kollegas nie verklarings afgelê het nie omdat hulle nie gesien het wat gebeur het nie.

    Nair het hierdie omstandighede as “vreemd” in sy borgtoguitspraak beskryf.

    play free online games without downloading nowФильчаков прокурор отзывы