Nog wit DA-lid kry die trekpas terwyl DA EFF-optrede goedpraat

DA-LP Juanita Terblanche beoog om te appelleer teen haar onlangse skorsing uit die party. Dit volg nadat die DA se nasionale woordvoerder, Phumzile van Damme, die naweek gesê het dat die besluit om Terblanche se lidmaatskap te beëindig, gekoppel word aan wanbesteding van die party se fondse in Noordwes, waarin haar kiesafdeling is. Terblanche het

Lees verder: Nog wit DA-lid kry die trekpas terwyl DA EFF-optrede goedpraat

Bestuur van Unilofts ontken enige diefstal of plundery by studentekompleks

Die bestuur van Unilofts, die gebou met studentewoonstelle in Hatfield, Pretoria, ontken dat enige woonstelle in sy kompleks geplunder is of dat daar misdaadvoorvalle tydens studentebetogings plaasgevind het. Volgens mnr. Jan Botes, die uitvoerende beampte van Legprop, eienaars van Unilofts, is die inligting in Praag se berig “kwaadwillig en totaal onaanvaarbaar”. Hy eis ‘n regstelling

Lees verder: Bestuur van Unilofts ontken enige diefstal of plundery by studentekompleks

Mosie aanvaar om SA se knellende droogte die hoof te bied

Suid-Afrika se Nasionale Raad van Provinsies (NPR) het ‘n mosie oor droogtehulp aanvaar, het RSG berig. Die uiterste droogte die potensiaal het om voedselsekerheid en politieke bestendigheid te raak. ‘n Gebrek aan voedselsekerheid was een van die hoofredes wat tot die Arabiese Lente in Egipte gelei het, het ‘n opposisielid gesê. Denemarke het intussen aangekondig

Lees verder: Mosie aanvaar om SA se knellende droogte die hoof te bied

Cameron se toetrede in Sirië kry die wind van voor

Die Verenigde Koninkryk se keurkomitee vir buitelandse sake het premier David Cameron se pogings om Britse troepe in Irak te ontplooi teen Sirië, in die wiele gery. Die komitee se voorsitter, mnr. Crispin Blunt, ’n wetgewer in Cameron se Konserwatiewe Party, het gesê hy is bevrees die regering “reageer op die oorweldigende gevoel dat iets

Lees verder: Cameron se toetrede in Sirië kry die wind van voor

Australië doen weg met ridderskappe

Premier Malcolm Turnbull het ‘n ongewilde besluit van sy voorganger om Australiese ridderskappe terug te bring, omgekeer. Monargiste is bekommerd dat ander koninklike oorblyfsels ook gaan waai. Brittanje se Prins Philip is verguis nadat hy ‘n inheemse Australiese boorling in 2002 gevra het: “Gooi julle nog spiese na mekaar?” Dit was een van die redes

Lees verder: Australië doen weg met ridderskappe

Duitse polisiebaas waarsku dat Duitsland beheer verloor oor migrante

Die Duitse polisie kan die daaglikse invloei van sowat tienduisend vlugtelinge nie meer beheer nie. “Dit is ons grootste taak sedert die Tweede Wêreldoorlog,” het polisievakbondsbaas Rainer Wendt aan die Nederlandse dagblad De Telegraaf, gesê. “Ons hou dit nie meer lank so vol nie. Ons gaan volledig beheer verloor,” het die polisieman in Berlyn gesê.

Lees verder: Duitse polisiebaas waarsku dat Duitsland beheer verloor oor migrante

Stuur Kubaanse ingenieurs terug sê Saisi

Suid-Afrikaanse ingenieurs het vroeër gevra dat Kubaanse ingenieurs wat deur die ANC ingebring is om glo dienslewering in die Vrystaat te help verbeter, terug huis toe gestuur moet word. Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurswese (Saisi) het sy afgryse en afkeuring uitgespreek oor die Vrystaatse regering se besluit om Kubaanse ingenieurs in te voer. Saisi

Lees verder: Stuur Kubaanse ingenieurs terug sê Saisi

VSA, Rusland sê terreurorganisasie nie betrokke by jongste lugramp nie

Amerikaanse intelligensie-owerhede sê daar is nog geen regstreekse bewyse dat daar terreur betrokke was by ‘n Russiese vliegtuig wat in Egipte se Sinai-skiereiland neergestort het nie. Die Russiese lugdiens sê dat eksterne faktore moontlik Saterdag se ongeluk veroorsaak het, waarin 224 mense dood is. Die Amerikaanse direkteur van nasionale intelligensie, James Clapper sê hoewel ‘n

Lees verder: VSA, Rusland sê terreurorganisasie nie betrokke by jongste lugramp nie

Forensiese ondersoek na soldaat by Lohatla se dood

Forensiese uitslae sal bepaal onder watter omstandighede ‘n Suid-Afrikaanse soldaat, wat tydens die Amani Africa II-oefening by Lohatla in die Noord-Kaap doodgeskiet is, die lewe gelaat het. Sersant Sello Modisane, van 21 SA Infanteriebataljon (SAI), is gedood tydens ‘n lokval tussen die bystanddienste en ‘n “rebellegroep”. Hy is van Lenz in Johannesburg. Sowat 21 lande,

Lees verder: Forensiese ondersoek na soldaat by Lohatla se dood

Frontale aanval teen Merkel in invloedrykste Duitse koerant

‘n Merkwaardige ontwikkeling op die Duitse mediatoneel is die week se frontale aanval teen Angela Merkel deur die Frankfurter Allgemeine Zeitung, gewoonlik ‘n lojale skoothond vir Amerikaanse belange. Die kanselier het begin met ‘n epogmakende verskuiwing, sonder om dit te verduidelik, en waarskynlik sonder enige oorweging… Eiehandig het sy ‘n kettingreaksie vrygestel, wat die “disintegrasie”

Lees verder: Frontale aanval teen Merkel in invloedrykste Duitse koerant