Die vier seuns van die Hoër Landbouskool Noord-Kaap wat na bewering ‘n maat aangerand en seksueel mishandel het, sal volgende week dissiplinêr verhoor word, het die Sunday Times berig. Die vier, tussen 14 en 18 jaar oud, is al sedert 9 Februarie geskors na ‘n voorval waar ‘n 18-jarige swart kind se ontgroening op ‘n
Omstandighede by heli-ongeluk nie bekend nie
Die helikopter-vlieënier wat verongeluk het, Hendrik “Bees” Marais was glo ‘n hoogservare vlieënier. Marais moes Sondag ‘n noodlanding in Kaappunt uitvoer waar hy met brandbestryding namens Working on Fire besig was. Die omstandighede en redes waaronder Marais die noodlanding met sy helikopter by Kaappunt moes maak, is nie bekend nie. Evelyn Holtzhausen, woordvoerder van Working
Wintergraanprodusente maak stem dik
Wintergraanprodusente hoop om eienaarskap terug te kry om voordeel te put uit marktoestande. Gedurende die wintergraankomitee se werksessie op Bothaville vandeesweek het voorsitter Andries Theron laat weet dat tusen 80% en 85% van boere nie werklik hul gewasse besit nie. Die komitee het verder gehoor dat meer deursigtigheid nodig is ook met betrekking tot vervoer,
Beleërde Eskom wil van wittes ontslae raak
Eskom wil die aantal wit ingenieurs in sy diens verminder deur 1 081 ingenieurs en 2 179 wit ambagsmanne af te dank, volgens ‘n verslag deur ‘n arbeidskenner Jan de Lange in die Sondagkoerant Rapport. Die nuwe regeringsriglyne vereis dat die beleërde Eskom, wat slegs met regstellende aksie uitblink, hierdie twee belangrike poskategorieë transformeer om
Bordeeleienaar glo by tersiêre instelling
Vier vroue tussen die ouderdom van 31 en 40 is vandag in Fleurdal in Bloemfontein in hegtenis geneem in verband met prostitusie. Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê een van die vroue was ook in besit van dwelms. Hulle is van KwaZulu-Natal en Gauteng. Volgens hom bedryf een van die vroue wat in hegtenis geneem is se
Nabetragting oor Majuba-byeenkoms
Watter rol speel die geskiedkundige veldslag by Majuba op 27 Februarie 1881 vandag? Dié vraag hou my nogal besig ná verlede naweek se Majuba-byeenkoms wat deur ‘n beraamde 2000 mense bygewoon is (sien foto’s hierby). Saterdagoggend het ek die Majuba-berg saam met honderde ander Majuba-gangers uitgeklim. Bo-op die berg is ‘n groot klomp Engelse soldate
Moenie Afrikaans die skuld gee
Op bladsy 6 van Die Burger van 3 Maart word prof. Wannie Carstens aangehaal as sou hy gesê het: “Ons moenie vergeet dat Afrikaans baie foute in die verlede gemaak het nie.” Ek hoop van ganser harte dat hy verkeerd aangehaal is of dat dit nie is wat hy eintlik wou sê nie. As dit egter
Kritiese besinning oor die nuwe direksie van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument
Op 19 Februarie het Jacques van der Elst, die uitvoerende hoof op die Afrikaanse Taalraad (ATR), op die ATR-webtuiste die nuwe direksie van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) aangekondig: “In ‘n onverklaarbare stap het die Minister van Kuns en Kultuur ‘n Engels-dosent van die Tshwane Universiteit vir Tegnologie benoem om die leiding te neem
Lees verder: Kritiese besinning oor die nuwe direksie van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument
Gevaarlike gevangene ontsnap
‘n Gevangene wat vandag vir verkragting gevonnnis sou word het vanoggend by die Bloemfonteinse landdroshof ontsnap. Die 35-jarige John Ntseki het glo by die hofsaal uitgehardloop, deur verskeie kantore en deur ‘n venster oor die dak ontsnap. Die polisie se Chaka Marope sê Ntseki is gevaarlik en moenie gekonfronteer word nie. Ntseki is van Batho.
Namibiese plaasmoord: Verdagtes vas
Vyf swart mans wat van die moord op mnr. Reinhard Schmidt op die Namibië Hoodia Jagplaas verdink word, is Dinsdagaand in Windhoek in hegtenis geneem, het die Republikein berig. Hoofinspekteur Samuel Gariseb van die Mariental-polisie het gister gesê die vermeende misdadigers sal vandag na Kalkrand vervoer word waar die ondersoek na die moord voortduur. Gariseb
