Polisie se vuurwapenregister in chaotiese toestand

Terwyl die jongste misdaadstatistieke toon dat veral geweldmisdade “onaanvaarbaar” hoog is, veroorsaak algehele chaos by die sentrale vuurwapenregister (SVR) dat die polisie bykans geen beheer oor vuurwapens het nie. Die parlementêre portefeuljekomitee oor polisiesake was gister geskok toe hul besoek aan die sentrale vuurwapenregister (SVR) in Pretoria aflê. Stapels onverwerkte lêers in die gange, op

Lees verder: Polisie se vuurwapenregister in chaotiese toestand

Kernkrag-tender sluit ander spelers in sê ANC

Die regering probeer ‘n “misverstand” opklaar oor ‘n multi-miljard randse kernooreenkoms met Rusland, het RSG berig. Die departement van energie sê nou die ooreenkoms met Rusland is deel van ‘n tenderproses wat ander mededingende lande insluit. Amptenare sê die ooreenkoms met Rusland is nie ‘n kontrak om kernaanlegte te bou nie. Die Russiese atoom-agentskap Rosatom

Lees verder: Kernkrag-tender sluit ander spelers in sê ANC

Pretoria wil R25 miljoen vir mislukte musiekfees verhaal

Die burgemeester, Kgosientsho Ramokgopa, sê die Metroraad wil die R25 miljoen van die organiseerders van die mislukte musiekfees verhaal. Die fees op Cullinan oos van Pretoria, sou ‘n optrede van die Amerikaanse kunstenaar Nicki Minaj insluit. Die driedaagse fees sou eerskomende naweek plaasgevind het. Daar was byna geen belangstelling in die TribeOne Dinokeng konsert nie

Lees verder: Pretoria wil R25 miljoen vir mislukte musiekfees verhaal

FN sal VN nader oor Derby-Lewis se parool

Die Front Nasionaal gaan die VN se Menseregtekommissie nader omdat Clive Derby-Lewis se mediese paroolaansoek sloer. Die party sê in ‘n verklaring geen reaksie is ontvang van die Departement van Korrektiewe Dienste nie ondanks ‘n ondersoek deur die mediese paroolraad oor Derby-Lewis se geval in Julie. Derby-Lewis, ‘n kankerlyer, is onlangs twee keer in die

Lees verder: FN sal VN nader oor Derby-Lewis se parool

Valke-lid deel van stropersindikaat

‘n Lid van die Valke. ‘n grootwildjagter, ‘n prokureur, en vlieënier is onder die tien beskuldigdes wat Maandag in die landdroshof in Hatfield verskyn het op 318 aanklagte wat verband hou met renosterstropery. Die tien staar ook klagtes van diefstal en geldwassery in die gesig. Willie Oosthuizen van die Valke, Hugo en Anton Ras, Hugo

Lees verder: Valke-lid deel van stropersindikaat

VSA begin lugaanvalle teen ISIS

Amerika en sy kliënte het Maandag begin met hul eerste gesamentlike lugaanvalle teen die Islamitiese Staat in Sirië terwyl gevegte tussen ISIS en die Koerdiese magte steeds bly voortwoed naby die grens aan Turkye. Die Pentagon het bekend gemaak dat vegvliegtuie die Islamitiese staat aanval en dat Tomahawk-missiele vanaf skepe afgevuur word. Die aanvalle is

Lees verder: VSA begin lugaanvalle teen ISIS

Rand sukkel met tekort op lopende rekening

Suid-Afrika se tekort op sy lopende rekening maak beleggers bekommerd oor die invloei van buitelandse kapitaal. China, Suid-Afrika se grootste handelsvennoot, se ekonomiese verlangsaming sal Suid-Afrika negatief beïnvloed, sê ekonomiese ontleders. Die rand het sy laagste vlak in sewe maande teen die Amerikaanse dollar bereik as gevolg van die swak ekonomiese groei in een van

Lees verder: Rand sukkel met tekort op lopende rekening

Johannesburg se waternood duur voort

Dele van Johannesburg het Maandagaand steeds onder waternood gebuk gegaan. Die watertorings en reservoirs is glo egter besig om weer vol te loop nadat probleme met die pompstasies ontstaan het. Lae watervlakke pla by die volgende reservoirs: Rabie Ridge, President Park en Randjesfontein. Die buurtes wat hierdeur geraak word, is Ebony Park, Kaalfontein, Ivory Park,

Lees verder: Johannesburg se waternood duur voort

Onlusmakers blokkeer Goue Hoofweg suid van Jhb met klippe

Onlusmakers in die Lehae-gebied suid van Johannesburg buite Lenasia blokkeer tans die Goue Hoofweg met klippe, volgens die metropolisie van dié stad. Hoofsuperintendent Wayne Minnaar verklaar dat die pad vir motoriste ontoeganklik is en verkeersopeenhopings veroorsaak. “Hulle behoort eerder die N1 of die K43 as alternatiewe roetes te gebruik,” sê hy. Die onlus het vanoggend

Lees verder: Onlusmakers blokkeer Goue Hoofweg suid van Jhb met klippe

Dragon glo eerste tree na onafhanklikheid van Rusland

SpaceX se onbemande vragtuig, Dragon, is Sondag die ruimte ingeskiet. Aan boord is voorrade en wetenskaplike eksperimente vir die bemanning van die Internasionale Ruimtestasie. Die tuig is op ’n Falcon 9-vuurpyl vanaf Cape Canaveral gelanseer. Hy behoort môre by die IRS aan te kom. Die stasie se robotarm sal uitsteek om die tuig omstreeks 11:04

Lees verder: Dragon glo eerste tree na onafhanklikheid van Rusland