praag.co.za

Johannesburg se waternood duur voort

Written by

in

,

Dele van Johannesburg het Maandagaand steeds onder waternood gebuk gegaan.

Die watertorings en reservoirs is glo egter besig om weer vol te loop nadat probleme met die pompstasies ontstaan het.

Lae watervlakke pla by die volgende reservoirs: Rabie Ridge, President Park en Randjesfontein. Die buurtes wat hierdeur geraak word, is Ebony Park, Kaalfontein, Ivory Park, President Park, Glen Austin, Allendale, Country View, Rabie Ridge en Mayiboye.

Watertenks is voorsien en is beskikbaar by:

South Hills-watertoring en 21 Risana-pad

Westdene op die hoek van 4de Laan en Thornton-pad

Triomf op die hoek van Miller- en Edward-straat

Coronationville-hospitaal.

Die publiek word gevra om watergebruik in te kort.

Comments

One response to “Johannesburg se waternood duur voort”

  1. Götterdammerung Avatar
    Götterdammerung

    Die Oos Rand loop ook deur. Kempton Park het ook nie gisteraand water gehad nie en die antwoord wat jy kry van die “dienssentrum” is die gebruiklike “Eish, I don’t know. Sorry.”
    Dis wat gebeur as jy van ‘n vlermuis ‘n resiesduif prober maak ne?

Leave a Reply