VSA begin lugaanvalle teen ISIS

Amerika en sy kliënte het Maandag begin met hul eerste gesamentlike lugaanvalle teen die Islamitiese Staat in Sirië terwyl gevegte tussen ISIS en die Koerdiese magte steeds bly voortwoed naby die grens aan Turkye.

Die Pentagon het bekend gemaak dat vegvliegtuie die Islamitiese staat aanval en dat Tomahawk-missiele vanaf skepe afgevuur word.

Die aanvalle is deel van pres. Barack Obama se uitgebreide militêre veldtog in Irak en Sirië wat hy byna twee weke gelede goedgekeur het.

Die doel is om die Islamitiese Staat te vernietig. Amerika alleen het al reeds 190 lugaanvalle op teikens van ISIS gedoen sedert die lugveldtog op 8 Augustus begin het.

7 thoughts on “VSA begin lugaanvalle teen ISIS”

      1. Weet nie of dit nie ‘n vals vlag operasie is nie – dit is wel iemand om te bom en hulle is “hell bent” om iemand te bom. Seker bronne reken dat hulle juis besig is in die midde ooste om antieke geskrifte te soek – dit is hoekom beide in Irak en Egipte, die museums beroof is van duisende kleitablette. Wat is weggesteek in Sirië en Iran wat hulle daar ook wil gaan uithaal? Blykbaar is die Duitsers ook daarby betrokke net soos voor WO2 waar hulle baie goed opgegrou en gaan soek het.
        ‘n Kollega van my het ‘n tyd lank in Sirië gewoon – as jy daar in jou tuin grou om ‘n boom te plant kry jy blykbaar al van hierdie antieke goed (Dit is onwettig om daar te grou).
        Hierdie goed laat my maar net wonder.

    1. That Saudi Arabia is considered a suitable country for the military training that would overthrow Syria’s current leaders is a sick joke. While ISIS was beheading two American journalists the feodal Saudi theocracy was beheading dozens of its own citizens for minor or religious crimes.

Maak 'n opvolg-bydrae