Dragon glo eerste tree na onafhanklikheid van Rusland

SpaceX se onbemande vragtuig, Dragon, is Sondag die ruimte ingeskiet.

Aan boord is voorrade en wetenskaplike eksperimente vir die bemanning van die Internasionale Ruimtestasie.

Die tuig is op ’n Falcon 9-vuurpyl vanaf Cape Canaveral gelanseer. Hy behoort môre by die IRS aan te kom.

Die stasie se robotarm sal uitsteek om die tuig omstreeks 11:04 GMT te gryp. Dit is SpaceX se vyfde ruimtetog.

Die kommersiële vuurpylbedryf wat die eerste kritiese stap van ‘n menslike teenwoordigheid op Mars vanaf die suidpunt van Texas loods, kan so vroeg as 2016 begin, het SpaceX se stigter Elon Musk, uitvoerende hoof gesê.

“Die langtermyn-doelwit is om tegnologie wat nodig is te skep, om die mensdom buite die Aarde te neem,” het Musk gesê.

Boeing en SpaceX poog om ruimtereise sonder Rusland moontlik te maak.

Twee nuwe bemande ruimtetuie word tans ontwikkel om ‘n einde aan Amerikaanse afhanklikheid van Rusland se Sojoes-stelsel te skep.

NASA werk tans aan Orion, wat ‘n diep-ruimtesending sal wees.

Rusland verbied VSA se gebruik van vuurpylenjins

soyuzRusland wil die VSA verbied om Russies vervaardigde vuurpyl-enjins vir militêre satelietprojekte te gebruik, het die adjunk-premier Dmitri Rogozin Dinsdag volgens Newsweek aangekondig.

Dit behels die MK-33 en RD-180 enjins wat Rusland aan die VSA beskikbaar gestel het.

Dié besluit kom nadat Amerika sanksies teen Rusland ingestel het om die Russe te dwing om die onwettige en onverkose junta wat na staatsgreep in die Oekraïene regeer, te aanvaar .

Die VSA het sanksies teen hoogs tegnologiese Russiese toerusting ingestel nadat die Krim in ‘n referendum besluit het om onafhanklikheid te verklaar na die onwettige magsoorname van ‘n demokraties verkose regering in Kiëf.

Rusland gaan ook weier dat Amerika sy internasionale ruimtestasie langer as 2020 gebruik.

Washington wil graag die internasionale ruimtestasie tot in 2024 gebruik. Die enigste manier waarop die Amerikaners na die ruimtestasie kan reis is met die Russiese ruimtetuig, die Soyuz.

Die Russe het ook reeds Amerikaanse GPS-stelsels in Rusland onbruikbaar gestel en eis dat die VSA hul soortgelyke navigasiestelsel, die Glonass in die VSA ontplooi.

Indien die VSA nie gehoor gee nie, het Rusland gewaarsku dat die GPS-stelsel teen September permanent afgesluit sal word op Russiese grondgebied.