Twee renosterstropers is doodgeskiet en ses is in hegtenis geneem, het RSG berig. SanParke sê in die eerste voorval het veldwagters van Krokodilbrug op drie vermeende renosterstropers afgekom. Hulle is agterna gesit en twee is noodlottig gewond, terwyl die derde oor die grens na Mosambiek gevlug het. ‘n Jaggeweer, ammunisie en ander toerusting is gekry.
Louis Trichardt: Hoes en betaal is die wet van Transvaal
Die voorsitter van die Louis Trichardt-voorsittersvereniging (VV), André Naudé het die skikking verwelkom om die dorp se naam in ere te herstel. Hy sê inwoners sal nou daarop fokus om die erfenis van die dorp te bewaar. Volgens die skikking sal Makhado in Limpopo weer as Louis Trichardt bekendstaan. Die minister van kuns en kultuur
Lees verder: Louis Trichardt: Hoes en betaal is die wet van Transvaal
Die vark in die Woolworths-verhaal
‘n Varkkop in Woolworths het tot ‘n herrie gelei. Die studenteliggaam, Cosas, het ‘n lid geskors wat verlede week ‘n varkkop in die Kosher-afdeling van die winkelketting gelaat het. Die student het die varkkop in ‘n Woolworths-winkel in Kaapstad gesit waar die Joodse gemeenskap graag koop. Die optrede het gelei tot talle klagtes van Jode sowel as
Oudtshoorn in waterkrisis gedompel
Die Oudtshoorn-munisipaliteit in die Klein Karoo, sê hulle het die nodige stappe gedoen met om kritiese watertekorte die hoof te bied nadat vandale boorgatstasies beskadig het. Die dorp is afhanklik van boorgatwater om sy huidige waterbehoeftes aan te vul. Die optrede deur vandale het nou die watersituasie in dorpe soos Dysselsdorp en De Rust vererger. Munisipale vragmotors vervoer water
Nuwe wangedragklag teen EFF-hoofsweep
Die hoofsweep van die EFF, Floyd Shivhambu, staar ‘n nuwe klag van wangedrag in die gesig. Die klagte is na die parlementêre bevoegdhede en voorregte-komitee verwys. Die speaker van die parlement, Baleka Mbete het die klagte na die komitee verwys nadat Shivhambu ‘n vuil vingerteken gegee het. Shivhambu het sy middelvinger vir adjunk-president Cyril Ramaphosa
Opposisie se Nkandla-veldtog stort in duie
Die parlementêre adhoc-komitee oor Nkandla het president Jacob Zuma in sy voorlopige verslag kwytgeskel van enige ongerymdhede met die opgraderings by sy privaat woning. Mathole Motshega sê die “pay-back-veldtog” deur opposisie partye het in duie gestort. Opposisiepartye het daarop aangedring dat die president ‘n gedeelte van die geld wat op Nkandla se opgraderings spandeer is, terugbetaal. Maar
Berigte oor ebola-slagoffer in Durban misleidend
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê berigte dat ‘n ebola-slagoffer in Durban aangemeld is, is misleidend. Volgens die Instituut is die man se simptome nié dié van ebola nie, hy is voorts nooit daarvoor getoets nie en is ook nie opgeneem nie. Luidens verskeie berigte is ‘n man vir toetse vir die ebola-virus in Durban se
Lees verder: Berigte oor ebola-slagoffer in Durban misleidend
Pick n Pay, Land Rover oorweeg boikot van Afrikaanse fees oor Steve
Die supermarkketting Pick n Pay en Land Rover bevind hulle tans midde-in die stryd rondom die sanger Steve Hofmeyr aangesien daar druk deur anti-Afrikaanse elemente op hulle toegepas word om hulle aan die “Afrikaans is groot”-fees te onttrek weens Steve se deelname daaraan. Conrad Koch, die vloekende, linkse buikspreker met sy pop Chester Missing, het
Lees verder: Pick n Pay, Land Rover oorweeg boikot van Afrikaanse fees oor Steve
Louis Trichardt kry sy naam terug na hofstryd van 10 jaar!
Die vreugdevure brand vandag hoog in die dorpie Louis Trichardt waar die 10 jaar lange hofstryd teen die ANC-munisipaliteit se naamsverandering vandag op ‘n oorwinning uitgeloop het: die dorp kry sy ou, vertroude Voortrekkernaam weer terug! Die hooggeregshof van Gauteng in Pretoria het vandag uitspraak in die guns van die dorp se voorsittersvereniging gegee en
Lees verder: Louis Trichardt kry sy naam terug na hofstryd van 10 jaar!
Oogetuie vertel hoe metropolisie wit mans mishandel
‘n Ooggetuie van die inhegtenisneming van twee wit mans Saterdag by Zitapark in Garsfontein, Pretoria, tydens een van die mans se dogter se verjaarsdagpartytjie, sê sy sal nooit vergeet hoe dié tienjarige meisietjie histeries vir haar pa geskreeu het nie. “Ek was baie bang en haar angsgille sal altyd by my spook,” sê Carmen Goodrich
Lees verder: Oogetuie vertel hoe metropolisie wit mans mishandel
