‘n Varkkop in Woolworths het tot ‘n herrie gelei.
Die studenteliggaam, Cosas, het ‘n lid geskors wat verlede week ‘n varkkop in die Kosher-afdeling van die winkelketting gelaat het.
Die student het die varkkop in ‘n Woolworths-winkel in Kaapstad gesit waar die Joodse gemeenskap graag koop.
Die optrede het gelei tot talle klagtes van Jode sowel as Moslems.
‘n Lid van die Joodse Raad vir Afgevaardigdes het gesê dit is erger as die die vervolging van Jode deur Nazi’s. Woolworths verkoop varkvleis in byna al hul ander winkels.
Cosas se adjunk-president, Tshepo Louw sê die voorval is betreurenswaardig.
Hy sê dit was nie op spesifieke gemeenskappe gerig nie, maar is deel van hulle boikot-veldtog teen Woolworths, om die kleinhandelaar te dwing om bande met Israelse verskaffers te verbreek.
Cosas is gekant teen Israel se hardhandige optrede teen Palestyne in Gasa.
Swede het intussen dié week die eerste Europese land geword wat ‘n Palestynse staat ondersteun.
