Die Oudtshoorn-munisipaliteit in die Klein Karoo, sê hulle het die nodige stappe gedoen met om kritiese watertekorte die hoof te bied nadat vandale boorgatstasies beskadig het.
Die dorp is afhanklik van boorgatwater om sy huidige waterbehoeftes aan te vul.
Die optrede deur vandale het nou die watersituasie in dorpe soos Dysselsdorp en De Rust vererger.
Munisipale vragmotors vervoer water na inwoners wat geraak word.
Waterbesparingsmaatreëls moet intussen in hierdie gebiede geïmplementeer word.
Die munisipaliteit se waarnemende direkteur van tegniese dienste, Paul Muller sê: “Die watertekortsituasie in Dysselsdorp, De Rust en die Klein Karoo se landelike tydelike area-aanbodskema het kritiek geword.”
“Waterbesparingsmaatreëls moet in hierdie gebiede geïmplementeer word. Dit is te danke aan vandalisme van munisipale eiendom, verkwisting en uiters hoë gebruik van water sowel as die skade aan toerusting,” het Muller gesê.
Hy het nie die sondebokke uitgewys nie.
