’n Dosent aan die Universiteit van Pretoria het Woensdag van die Geesteswetenskappegebou van die 21ste verdieping na benede geval. Danny Nortjé-Rossouw (44), ’n dosent in rekeningkunde, is Woensdagoggend op die Hatfield-kampus dood. Studente was geskok oor die voorval. Die brandweer moes die lyk met ’n hidrouliese hyskraan verwyder. Die polisie is na die universiteit ontbied
Meer as 5000 grondeise ontvang
Byna 5500 grondeise is ontvang, het die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming gesê. Dié eise is landwyd ingestel nadat die grondherstelproses heropen is. Die ANC het in Julie die indien van grondeise vir vyf jaar heropen. Gemeenskappe en individue wat na die 1913 grondwetgewing deur grondonteiening geraak is, kan ‘n eis indien om grondherstel.
Leuens en pseudowetenskap: Ope brief aan Julian Rademeyer
Geagte meneer Rademeyer, Ek reageer op u skrywe op die Daily Maverick se webblad. Ek het dit terloops vir ‘n oomblik oorweeg om hierdie skrywe in Engels te rig, maar toe besef ek dat, verengels soos u mag wees met ‘n voornaam soos Julian, iemand met die van Rademeyer minstens iemand sal ken wat Afrikaans
Lees verder: Leuens en pseudowetenskap: Ope brief aan Julian Rademeyer
Ontkleetoertjie by Mandela-standbeeld woes getwiet
‘n Swart vrou wat by die Nelson Mandela-plein in Sandton van al haar klere ontslae geraak het, het Twitter aan die brand. Die koerant The Star het Woensdag berig dat die ongeïdentifiseerde vrou Maandag naak by oudpres. Nelson Mandela se standbeeld gaan staan en die beeld begin streel het. Die voorval het konsternasie veroorsaak by
Lees verder: Ontkleetoertjie by Mandela-standbeeld woes getwiet
Business Day-resensent loof Boerehaatboek oor ABO
‘n Resensent in die Business Day wat deesdae al hoe meer anti-Afrikaans raak, het gister die nuwe boek deur Chris Ash, Kruger, kommandos & kak opgehemel vir die “nuwe perspektief” wat dit op ‘n “gemitologiseerde oorlog” bied. Volgens Maarten Mittner, die resensent, “sal Steve Hofmeyr nie van die boek hou nie”, weens die pro-Britse standpunte
Lees verder: Business Day-resensent loof Boerehaatboek oor ABO
Sierra Leone se enigste Ebola-dokter sterf
Die dokter aan die voorpunt van die stryd teen die Ebola-virus in Sierra Leone, is oorlede aan die siekte. Net enkele dae nadat hy self die virus opgedoen het, is Sheik Umar Khan dood in die hospitaal waar hy opgeneem is in kwarantyn. Hy het voor hy siek geword het, gsê hy vrees dat hy
Duitser in psigiatriese inrigting na hy plaasmoord ervaar
Die Duitse seun van ‘n bejaarde egpaar wat op hulle plaas in Richmond in KwaZulu-Natal vermoor is, het getuig dat hy ná die moorde ‘n week in ‘n psigiatriese hospitaal moes deurbring, het RSG berig. Ekard en Elizabeth Schutte, en hulle seun Luts is verskeie keer met messe gesteek en daarna aan die brand gesteek.
Lees verder: Duitser in psigiatriese inrigting na hy plaasmoord ervaar
De Klerk vaar uit teen Die Stem
FW de Klerk het Dinsdagoggend tydens sy besoek aan die Sterkfonteingrotte en Maropeng oftewel die “Wieg van die Mensdom” sonder ironie gesê Die Stem gee aanstoot aan “ander kultuurgroepe”. Maropeng, die ideologiese breinkind van Boerehaters en Afrosentriste, is opgerig as ‘n monument téén kulturele identiteit. De Klerk en sy gade Elita Georgiades is selfs op
Zuma na VSA om Boko Haram te bespreek
Pres. Jacob Zuma en ander Afrika-leiers sal volgende week met pres. Barack Obama van Amerika vergader te midde van aanduidings dat Amerikaanse invloed op die vasteland onder druk verkeer. Die VSA se ondersteuning – die enigste waarop Israel kan staatmaak – vir die aanval op Gasa het Amerika heelwat kritiek op die hals gehaal. Zuma
Vaalrivier vrot van die riool wat marxistiese ‘Emfuleni’ daarin stort
Die marxisties getransformeerde stadsraad van “Emfuleni” wat dorpe langs die Vaalrivier insluit, is besig om rou riool in die Vaalrivier te stort. Die E.coli-telling het reeds tot 77 000 eenhede per 100 ml water gestyg. ‘Emfuleni’ sluit die drie dorpe in die Vaaldriehoek, Vereeniging, Vanderbijlpark en Sasolburg in. Maar dit bevat ook Sharpeville waar betogers
Lees verder: Vaalrivier vrot van die riool wat marxistiese ‘Emfuleni’ daarin stort
