Zuma na VSA om Boko Haram te bespreek

Pres. Jacob Zuma en ander Afrika-leiers sal volgende week met pres. Barack Obama van Amerika vergader te midde van aanduidings dat Amerikaanse invloed op die vasteland onder druk verkeer.

Die VSA se ondersteuning – die enigste waarop Israel kan staatmaak – vir die aanval op Gasa het Amerika heelwat kritiek op die hals gehaal.

Zuma sal ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging lei na die eerste Amerika-Afrika-leiersberaad (USALS) wat aan die begin van Augustus in Washington plaasvind.

Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het Maandag in Pretoria gesê “handelsooreenkomste” tussen Suid-Afrika en Amerika sal bespreek word, asook “politiek”.

Dié byeenkoms kom nadat Obama verlede jaar met sy besoek aan Suid-Afrika en Afrika verskeie staatshoofde daarheen genooi het.

Davies het gesê die “politiek van vrede, sekuriteit en demokrasie” sal bespreek word.

“En daar is ‘n aantal bekommernisse wat ons deel. Veral die kwessie van ekstremistiese groepe regoor Afrika, soos Boko Haram in Nigerië.

“‘n Aantal van ons het daarom besluit om die Wêreld Ekonomiese Forum in Abudja [Nigerië] by te woon, as ‘n teken dat ons sake- en ekonomiese kwessies as fundamenteel beskou.

“Ons wou wys dat ons nie afgesit of geïntimideer sal word deur ekstremistiese groepe nie.”

Boko Haram het na bewering skoolmeisies ontvoer wat deur die Amerikaanse mediamonopolie as ‘n dringende kwessie aangegryp is. Dit het later geblyk dat die video vervals is.

Of die ontvoering wel plaasgevind het, is deur sommige mediabronne bevraagteken.

“Ten spyte van al die dringende nuus en voorspraak [vir die meisies wat verdwyn het], egter, is dit die basiese feite wat steeds vermis word. Dit is onduidelik hoeveel meisies ontvoer is, wie hulle is, wie dit gedoen het, op watter tydstip, en presies hoe,” het die Christian Science Monitor vroeër berig.

Intussen is ‘n motorbomaanvaller wat ‘n populêre politieke leier wou vermoor verlede week noord van Abuja aangekeer. Die man wat soos ‘n vrou vermom was, het uit die plofstofbelaaide motor gerol net voordat dit ontplof het en talle lewens geëis het. Die politieke leier was ongedeerd na die aanslag.

Inwoners van die gebied is ontstoke en ontleders meen sy dood sou tot groter geweld kon gelei het, aangesien inwoners president Goodluck Jonathan aanspreeklik sou gehou het.

Die bomaanvaller is deur die owerhede in hegtenis geneem wat gesê het die man was baie professioneel vermom, met ‘n gesig wat ook vir die van ‘n vrou aangesien kan word en allerlei bykomstighede wat besonder goed uitgekies is om te mislei.

28 thoughts on “Zuma na VSA om Boko Haram te bespreek”

  1. “Ons wou wys dat ons nie afgesit of geïntimideer sal word deur ekstremistiese groepe nie.”

    Ons wil daarin en daarmee namelijk ook als regering een monopolie behouden.

    Goodluck is hierin bij zijn eerdere bezoek aan Zuma op gemakzucht, onderschatting, hoogmoed en gebruikelijke kortzichtigheid getrakteerd.

        1. Daarvan is ek seker – dit laat my net wonder waarvoor is die “powers that be” bang. Dit versterk maar net weer my eie gedagtes van die wêreld wat reeds redelik sentraal beheer word en die narre wat in regerings staan is eintlik maar net marionette as vermaak vir die mense.

          1. Die VSA is vrek bang vir die Dollar se toekoms en die nuwe “BRICS” Bank (deur Putin aangedryf) is n groot bedreiging vir die Dollar, en soedoende Amerika self. Putin is geidentifiseer as die groot bedreiging en hy moet uit.
            Die EU wil die skalie-gas onder Oekraiene ontgun maar Putin se verdediging van sy GAZPROM besigheid is n probleem. Dis waar Amerika in kom en met allerhande “trieks” gemik om van Putin ontslae te raak. Putin se besoeke aan Sjiena an Brasilie en die “bosberaad” van die BRICKS lede daar, en die nuwe belangstelling in Kuba is alles om die druk van die Amerikaners teen te werk. Die uitnodiging van die Afrika lande Washington toe is die Amerikaners se volgende slag, om die Sjienese te laat besef wie is nog “baas” sonder om in die openbaar “lelik” te wees.

            Sal interesant wees om te hoor watse “vroee kersgeskenk” Soetoro vir die Outa’s belowe om hulle aan-kant te bring..

          2. Ek stem met jou saam – tog wonder ek steeds hoekom dit belangrik is om te weet wat ek as redelik nikseggende landsburger sê, dink en doen?

  2. Feite wat vermis word oor die ‘ontvoerde skoolmeisies’. Waar het ek dit al gehoor? Die swarte in die Withuis se feite is altyd soek. Dit gaan alweer oor olie. Daar is seker ‘n nuwe vigs medisyne beter as stort wat sal help in ruil skaliegas in die Karoo

    1. Dit verskaf my groot vermaak wanneer die “magtigste” man in die wereld – met meer inligting beskikbaar aan hom by die druk van ‘n knoppie as wat al die vorige presidente tesame gehad het – meld dat hy dinge op die liberaal vertraagde “nuus” van te wete kom. Hoe pateties is dit nie? Maar ten minste kom hy van dinge te wete – ons eie Donatello blyk heel oningelig te wees en baie gelukkig daarmee te wees op die koop toe.

  3. Sotoero se Militere Raadgewers is skrikkerig vir die Sjinese in Afrika en Verre Ooste, Rusland in EU en S Amerika, die Moslems in die Midde Ooste, S Amerika en nou begin Afrika ook weg swaai. Interesant dat die Std twee leerling met, wat seker die mees onbevoegde leier in die “Eerste wereld” in, vir Afrika se toekoms gaan beplan. Werklik op die drumpel van “Adieu Afrika”!

  4. het die bois nog nie gehoor van skype nie? is dit nie goedkoper nie?
    die idiote vlieg ons belasting geld uit. weet zums ooit wat tans in sy eie land aangaan, hier is n groter probleem as die bokke haarem van nigerie, ons het n rooi, kondoom wat hande uitruk en die stabiliteit van die land bedreig
    is daar n probleem dat te veel niggers gaan sterf? ons sal hulle vervang met plaaslike niggers wat vandaar kom.
    die kopdoeke se eie skuld as die “meisies” ontvoer is, wie gaan hulle eien? hulle was uhm donker, met uhm, ninja oorpakke, wtf!!

Maak 'n opvolg-bydrae