’n Dosent aan die Universiteit van Pretoria het Woensdag van die Geesteswetenskappegebou van die 21ste verdieping na benede geval.
Danny Nortjé-Rossouw (44), ’n dosent in rekeningkunde, is Woensdagoggend op die Hatfield-kampus dood.
Studente was geskok oor die voorval. Die brandweer moes die lyk met ’n hidrouliese hyskraan verwyder.
Die polisie is na die universiteit ontbied en die ingange van die kampus is afgesper.
Volgens die Tshwane-nooddienste, het Nortjé-Rossouw blykbaar van die 21ste verdieping gespring en is op slag dood.

Dis hoe menige witman vandag voel! Arme man en sy familie.
Ons innige meegevoel aan die persoon se familie, vriende – geliefdes. Wie kan ‘n klip optel – en na ‘n lyk gooi? Nie ek nie.
Sulke berigte ruk my siel altyd tot ‘n diep, grafstil – stilte…
Ja dis ‘n baie tragiese ding Dolk. My eie suster het dit gedoen en dit NA JARE wat sy kamtig “genees” was van daai gedagtes! Na sy my oortuig het net ‘n paar weke voor sy dit gedoen het dat sy NOOIT OOIT weer sulke gedagtes sal hê nie! Ek het die skakel gaan lees en dit is tragies dat al sy familie so gegaan het. Ek is te moeswillig en sal uithou tot aan die einde van dae net om my vyande nie hul sin te gee nie!
Jammer om te hoor Javvies. Jy is so reg – werskaf hulle! ;-))
Weet jy dit vul mens outomaties met ingehoue woede wat jy daai ou ‘n paar stewige klappe wil gee as jy kon omdat hulle nie met jou kom praat het voor hulle dit gedoen het nie. Dankie vir jou simpatie Dolk ek wens net ek kon haar lewe red nie vir myself nie maar vir haar dogter en kleinseun wat haar nodig het dink ek. Hulle doen hulle nageslag die grootste skade aan dink ek.
Iemand wat selfdood wil pleeg , is dikwels ‘ buite bereik ‘ en ‘ buite woorde ‘ .
Dis dan asof daar ‘n ysige, troostelose wind kaal bome vol lang spookagtige spinnerakke begelei – in ‘n makabere, klanklose, armswaaiende dans – hier diep binne mens…
As kind en jong mens het ek aan Swart-neerslagtigheid gely… Glo dit of nie – wanneer ek op my neerslagtigste is, is ek op my skeppendste… Tot vandag toe. 😉
Feite daardie. Daardie “vreemde bedrading” lei tot uiterstes in kreatiwiteit.
G’n wonder ek het jou , ‘ totaal onkundig’ ? , n aangeraakte genoem nie .
Ai, ek wonder wat was die motief vir so n daad. Almal sal seker nou sê depressie, wat moontlik n groot faktor kan wees, maar dit bly “seer”
Onwillekeurig dink ek nou weer aan die mense wat uit nood en angs uit die “Twin towers” gespring het.
Dolk ja, n mens kan net stil raak in medelye nê.
http://libertyblitzkrieg.com/2014/07/22/meet-theranos-inc-the-blood-testing-company-with-henry-kissinger-and-a-cadre-of-military-and-political-elite-on-its-board/
http://www.washingtonpost.com/news/to-your-health/wp/2014/07/30/blood-test-could-predict-risk-of-suicide/