Suid-Korea het dié naweek dosyne mortiere op Noord-Korea afgevuur nadat Noord-Korea ’n enkele vuurpyl op ’n Suid-Koreaanse dorp naby die wêreld se swaarste bewapende grens afgevuur het, het AP berig. Die Suid-Koreaanse ministerie van verdediging sê die mortiere het naby die plek geland van waar die Noord-Koreane hul vuurpyl afgevuur het. Dit wil voorkom asof
Polisievoertuig aan die brand gesteek by Hartebeespoortdam
‘n Polisievoertuig is aan die brand gesteek en ‘n ander onder klippe gesteek by die Ten Rooms-lokasie naby Hartbeespoortdam, het Noordwes se polisie Sondag gesê. Kolonel Sabata Mokgwabone het gesê die polisievoertuig is Saterdag aan die brand gesteek. Daar word beweer dat die polisie wou keer dat die gemeenskap ‘n man aanrand. Die polisie het
Lees verder: Polisievoertuig aan die brand gesteek by Hartebeespoortdam
Duisende asielsoekers oorweldig EU-grenspos
Duisende migrante uit Afrika en die Midde-Ooste het oor die Masedoniese grens gestorm en veiligheidsmagte oorweldig. Die land het Donderdag ‘n noodtoestand afgekondig en sy grense vir vlugtelinge gesluit. Veiligheidsmagte het skokgrenate en knuppels ingespan om onwettige immigrante in bedwang te probeer bring, maar Masedonië het tevergeefs probeer om die jongste mensegety te keer. Duisende
Burgerlugvaartowerheid weier toegang tot ambulansvlug-opnames
Die Bestuurshoof van die Prosperity Groep en van E-Med Rescue 24 Namibië, Bertus Struwig sê hulle sal voortgaan met hulle stryd om toegang te kry tot die vlugopnames van die ambulansvlug wat verlede naweek verongeluk het. Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid het toegang tot die opnames geweier. Van die laaste gesprekke tussen lughawebeheer en die vlieëniers van
Lees verder: Burgerlugvaartowerheid weier toegang tot ambulansvlug-opnames
ISIS aanvaar aanspreeklikheid vir Kaïro-bom
Die Islamitiese Staat-groep (ISIS) se filiaal in Egipte het binne ure aanspreeklikheid vir ‘n bomaanval aanvaar en gesê dit is uit weerwraak vir die teregstelling van ses veroordeelde militante in Mei gedoen. ‘n Muur voor ‘n regeringsgebou is Donderdag afgeruk toe die reusemotorbom in Kaïro se middestad ontplof het. Geen berigte is ontvang dat iemand
Leon Lemmer: Afrikanertaal en -kultuur: ‘n Bestekopname
Dit is nie moontlik om in ‘n enkele rubriek reg te laat geskied aan so ‘n omvattende onderwerp soos die Afrikaner se taal en kultuur nie. Al wat ek gaan doen, is om te reageer op wat onlangs by twee eens Afrikanerinstansies te kenne gegee is. Die radikale, verdoemende uitsprake waarmee deesdae oor Afrikanersake vorendag
Lees verder: Leon Lemmer: Afrikanertaal en -kultuur: ‘n Bestekopname
Griekeland se eerste minister bedank
Die Griekse premier, Alexis Tsipras het bedank en het aangekondig dat ‘n blitsverkiesing op die 20ste van aanstaande maand gehou sal word. Sy bedanking volg kort nadat die land die eerste betaling van 13 miljard Euro van die Eurogebied ontvang het, maar daar heers onenigheid in sy party weens ‘n nuwe ekonomiese reddingsboei wat met
Soldaat beseer tydens leërgevegskooloefening
Operasie Young Eagle by die leërgevegskool op Lohatlha in die Noord-Kaap, het skeefgeloop toe ‘n soldaat beseer is. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is besig om sy paraatheid tydens die operasie te toets vir enige gebeurlikheid vir wanneer hulle in Afrika ontplooi word. Sowat 1 600 soldate neem aan die oefening deel. ‘n Katroltou wat soldate
Twis tussen Rusland en SA oor visums
‘n Diplomatieke onderonsie dreig tussen Suid-Afrika en Rusland oor visums. ‘n Besluit deur Moskou om nie visum-vereistes vir Suid-Afrikaners te verslap nie, het glo gelei tot die verskil. Suid-Afrikaanse sakelui is ontevrede dat Suid-Afrika nie ingesluit word by BRICS-lande nie, aangesien visum-vereistes vir alle lede van die BRICS-lande intussen verslap is. Volgens Rusland moet Suid-Afrikaners
Vier wat Potch-boer vermoor het, steeds soek
Niemand is nog weens die moord op ‘n beesboer van Potchefstroom in hegtenis geneem nie. Polisiewoordvoerder in Noordwes, Pelonomi Makau, sê vier swart aanvallers, wat ‘n blou Subaru sonder ‘n registrasienommer gery het, word gesoek. Die aanvaller het die 68-jarige Koos van der Leeuw Dinsdagoggend by die Potchefstroom Abbatoir in ‘n gewapende rooftog geskiet. Hy
