Prins vra dat diensplig terugkom

Brittanje se prins Harry het versoek dat diensplig weer in dié land ingestel word, het Reuters berig.

Hy sê sy militêre loopbaan het hom en die soldate onder sy bevel gehelp om op die regte pad te bly.

Die 30-jarige Harry, vyfde in die ry vir die Britse kroon, het aan die Britse Sunday Times gesê sy loopbaan van tien jaar in die Britse weermag het “wonderlike dinge” vir hom gedoen.

“Bring diensplig terug. Ek ys as ek dink waar ek sonder die weermag sou wees.

“En nog belangriker, ek het gesien wat dit vir die jong manne beteken.”

Harry se weermagloopbaan eindig in Junie, nadat hy vroeër vanjaar gesê het hy is by ’n kruispad in sy lewe en dat hy meer koninklike take moet hanteer waarvoor hy nie tyd sal hê as hy ook nog in die weermag is nie.

Hy het ook gesê dat hy nie nou enige spesiale vriendin in sy lewe het nie en dat hy tevrede is met sy alleenloper­status.

Skudding tref Tokio

‘n Aardbewing met ‘n voorlopige sterkte van 5,6 op die Richterskaal gemeet het die Japanse hoofstad, Tokio, en omliggende gebiede vroeër geskud.

Die land se meteorologiese agentskap sê dit was nie nodig om ‘n tsoenami-waarskuwing uit te reik nie.

Die episentrum was net noordoos van Tokio, maar geen onmiddellike berigte oor skade of ongevalle is ontvang nie.

Swart Amsterdamse skole soek naarstiglik na wittes

Negen op de tien leerlingen hebben er een kleurtje: de St. Catharinaschool en de Avonturijnschool in Amsterdam-Zuid zijn ‘zwarte’ scholen in gekleurde wijken waarin ook veel autochtone Nederlanders wonen.

Dat wit ondervertegenwoordigd is, vindt directeur Roger Baggen van de Catharinaschool “treurig”. En dat zullen bewoners van de Rivierenbuurt en de Pijp vandaag te weten komen. Leerlingen van de twee scholen gingen namelijk vanochtend de straat op en probeerden met provocerende T-shirts blanke klasgenoten te werven.

“Is dit wit genoeg voor u”, staat op voorkant van de shirts. En op de rug: “Elk kind heeft recht op integratie”. De kinderen uit de hoogste klassen en begeleiders willen op die manier de discussie over zwarte scholen aanzwengelen. De kleintjes blijven op school.

“We hebben dit met de leerlingen besproken en ze staan er helemaal achter”, zegt Baggen. Hij vindt dat de scholen een afspiegeling van de wijk moeten zijn, zodat de leerlingen in aanraking komen met andere culturen.

“Veel witte mensen zien dat hier veel allochtone kinderen op school zijn en dat willen ze niet. Dus kiezen ze voor een andere school, ook al moeten de kinderen dan verder lopen of fietsen.”

Deze situatie is volgens Baggen de afgelopen jaren geleidelijk gegroeid. Het probleem is nu zo groot, dat de scholen te klein dreigen te worden. Als zich geen witte kinderen melden, is het voortbestaan onzeker, want in de omgeving wonen niet genoeg gekleurde kinderen.

Femke Halsema, de fractievoorzitter van GroenLinks, heeft haar kinderen in 2010 van de zwarte school afgehaald in de Transvaalbuurt in Amsterdam-Oost. De tweeling zat op school met een groot aantal islamitische kinderen.

“Ze zijn naar een andere buurtschool. Dat is beter voor hun welzijn. Kinderen zijn geen sociaal experiment. Over de reden wil ik niets zeggen, het gaat over de privacy van mijn kinderen,” aldus Halsema in de Telegraaf.

Bron: nos.nl/ad.nl

MTN sukkel met diesel in Nigerië

Nigerië se grootste selfoonoperateur, MTN, het gewaarsku dat hy gedwing kan word om sy dienste te sluit weens ‘n tekort aan dieselvoorraad in Afrika se grootste olieproduserende land.

MTN Nigeria het ‘n boodskap op die sosiale netwerk Twitter geplaas en gesê omdat die meeste van sy basisstasies en ander toerusting deur kragopwekkers aangedryf word, kan sy bedrywighede ernstig geknou word tensy hy binnekort brandstof kry.

Dit is die jongste maatskappy wat deur die maandlange brandstoftekort in Nigerië geknou word.

Nigerië word deur brandstoftekorte gekortwiek as gevolg van omstrede subsidiebetalings.

Afrika se grootste olie-produsent beskik oor geen binnelandse raffinaderye nie, en word gedwing om ru-olie uit te voer en verwerkte produkte soos petrol en diesel in te voer.

Om koste aan verbruikers laag te hou, stel die regering pryse onder die markkoers en betaal die verskil aan invoerders.

Maar die daling in oliepryse het die land hard getref.

Dwelmbendegevegte in Mexiko eis 43

Minstens 43 mense is dood in ‘n skietgeveg tussen lede van die veiligheidsmagte en ‘n gewapende bende in een van Mexiko se gewelddadigste state.

Die geveg in Michoacan het na bewering met dwelms verband gehou en volgens amptenare is minstens een polisieman ook dood.

Die owerhede is reeds jare lank in ‘n bloedige oorlog met die gebied se invloedrykste dwelmkartel gewikkel.

Meer as 30 gewere is gekonfiskeer na gister se geveg wat langer as drie ure geduur het.

Ierland stem oorweldigend vir gay huwelike

Ierland het in ‘n geskiedkundige referendum oorweldigend ten gunste van die wettiging van huwelike tussen dieselfde geslag gestem.

Meer as 62 persent van die stemme was ten gunste van die wysiging van die land se grondwet om homoseksuele paartjies toe te laat om met mekaar te trou.

Ierland is die eerste land in die wêreld wat sulke soort huwelike sal wettig ná ‘n algemene stemming.

Dr Dan Roodt van PRAAG het op Twitter gesê daar behoort ‘n referendum gehou te word in Suid-Afrika oor die kwessie aangesien die land demokrasie as ‘n nastrewenswaardige voorbeeld voorhou.

Sogenaamde “Grondwetkenners” in Kaapstad het die idee van ‘n referendum oor gay huwelike fel gekritiseer en in reaksie gesê dit is reeds in die Grondwet “verskans” en kan nie “verander” word nie.

Nepal weier Britse helikopters in rampgebied

Drie Chinook-helikopters wat deur die Britse leër gestuur om met noodleniging in die aardbewing-geteisterde Nepal te help, en gestrand was in Chandigarh in Noord-Indië, is onverrigter sake terug na Brittanje.

Volgens vroeëre berigte het die regering van Nepal toegang vir die helikopters geweier.

Groot verwarring heers blykbaar oor die redes vir die weiering. Die Indiese regering sê die weiering het niks met politiek te make nie.

Die Indiese minister van Inligting sê daar is gewoon nie plek op lughawe se aanloopbaan in Katmandoe vir die groot heli’s nie, maar volgens Britse bronne is daar oorgenoeg plek omdat die Chinooks ook op die gras neffens die teer kan land.

Volgens Chinese bronne wil die Indiese regering egter nie ‘n Britse of ‘n Amerikaanse militêre teenwoordigheid in die rampgebied hê nie.

Die Indiese ministerie van Buitelandse Sake het ook ‘n Amerikaanse versoek om ‘n lugbeheersentrum in Nepal op te rig, geweier.

Burundi-verkiesing onbepaald uitgestel

President Jacob Zuma sê Afrikaleiers het op ‘n streekberaad in Angola besluit dat die presidentsverkiesing in Burundi vir ‘n onbepaalde tyd uitgestel moet word totdat daar weer politieke bestendigheid in die land is.

Die spesiale vergadering in Luanda is byeengeroep ná ‘n mislukte staatsgreep in Burundi teen president Pierre Nkurunziza, wie se besluit om vir ‘n derde termyn as staatshoof te staan, grootskaalse betogings en geweld in die land tot gevolg gehad het.

Zuma sê in ‘n verklaring daar is ook ooreengekom dat ‘n afvaardiging van staatshoofde van Kenia, Uganda, Tanzanië en Suid-Afrika Burundi so gou as moontlik sal besoek om die toestand te evalueer en by te dra tot die vreedsame oplossing van die huidige situasie.

Herrie oor kunswerk: “Ek is trots om rassis te wees…”

Die kunstenaar, Willem Boshoff, wat bekend is vir sy kunswerke met gegraveerde woorde, het vir omstredenheid by die Venisiese Biennale gesorg met sy werk Racist in South Africa. Dit bestaan uit ‘n gedig wat op ‘n vierkantige aluminiumplaat van 1,2m gegraveer is en ‘n litanie van bekende klagtes oor die nuwe Suid-Afrika bevat. Die gedenkplaat begin met die woorde in Engels: “I am proud to be labelled racist in South Africa if it means that…”

Die kunswerk het agter ‘n herrie onder meer polities korrekte en Engelssprekende kunstenaars veroorsaak. Een so ‘n kunstenaar het anoniem aan die koerant City Press gesê “dis ‘n ballade van blanke bevoordeling… Ek sal Boshoff nooit weer ernstig opneem nie.” Iemand anders het gesê: “Hierdie werk is nie eens ‘n liberale persoon wat weeklaag nie. Dis 100% konserwatief.” Nog ‘n linkse kunstenaar meen: “Dis 2015 en dis al wat Suid-Afrika het om te wys? Ek het nie tyd vir sulke k.. nie.”

Toe hy om kommentaar genader is, het Boshoff bloot gesê: “Ek het niks om te sê nie; die werk spreek vanself. Ek het dit in 2011 gemaak toe dit tydens ‘n eenmantentoonstelling in Johannesburg vertoon is. Ek het dit nie vir die Biennale gekies nie; dis deur ‘n komitee aangewys.”

Boshoff was en die vroeë tagtigerjare deel van ‘n avant-garde-kuns- en letterkundebeweging waarby dr. Dan Roodt van PRAAG ook destyds betrokke was. Sowel Boshoff as Roodt het met konkrete poesië en Afrikaanse woorde geëksperimenteer wat deur Uitgewery Pannevis uitgegee is. Boshoff se grootformaatdigbundel van destyds heet Kykafrikaans en sy werk met woorde en inskrywings op metaal en klip kan as ‘n voortsetting daarvan gesien word.

Wille Boshoff se digbundel, Kykafrikaans, wat in 1980 verskyn het
Wille Boshoff se digbundel, Kykafrikaans, wat in 1980 verskyn het

Roodt het die volgende kommentaar gelewer: “Mens sien nou weer ‘n tipiese linkse heksejag wat deur die Naspersmedia soos City Press en Beeld teen Boshoff gevoer word. Nóg Ferial Haffajee van City Press nóg Adriaan Basson van Beeld verstaan enigiets van kuns of letterkunde. Hulle is linkse filistyne vir wie nivellering en konformisme soos ‘n godsdiens is. In hul wêreldbeskouing is daar geen plek vir kreatiwiteit of spraakvryheid nie. Vandaar nou dié poging om Boshoff se werk te stigmatiseer. Hy lewer ook ironiese kommentaar op die obsessie met beskuldigings van ‘rassisme’ in Suid-Afrika, soos dit deur Naspers, maar ook Afriforum, gepleeg word. Die verdelingslyn in Afrikaans en in Suid-Afrika loop steeds diegene wat meer vryheid en minder geweld/terreur wil sien, teenoor die Broederbond-NP-tipes wat met die ANC/SAKP vesmelt het en vandag vir lief neem met plaasmoorde, grootskaalse verkragting en ‘n korrupte rampokkerstaat. Eintlik voer ons nog dieselfde stryd as in 1980 toe ons as jong Afrikaners gepoog het om met ‘n meer kreatiewe benadering te kom. Ek kom al hoe meer mense teë wat ons destyds ondersteun het en vandag steeds met ons saamstem. Hulle sien ook in dat die gesanik oor rassisme die nuwe soort Lammie Snyman-sensuur is. Vandag se sensors is net baie dommer en groter barbare as dié van destyds.”

Sommige van Boshoff se kritici het sy kunswerk met die lirieke van Steve Hofmeyr vergelyk. ‘n Britse akademikus aan die Universiteit van die Witwatersrand, Chris Thurman, het sy “teleurstelling” met die werk uitgespreek.

Die tema van die Suid-Afrikaanse tentoonstelling in Venisië is What remains of tomorrow en van die swart kunstenaars fokus op die xenofobiese geweld in Suid-Afrika.

Een van die kurators van die tentoonstelling, Christopher Till, sê dat Boshoff meen dat hy “in geen opsig ‘n rassis is nie, maar dat die rassekaart altyd gespeel word sodra daardie kwessies ter sprake is… Ek het half voorsien dat daar ‘n reaksie op Boshoff se werk sal wees, maar dit poog nie om konfrontasioneel te wees of om ‘n groot kwessie te skep nie. Maar dit is ‘n stem, een tussen 13 ander, en dit word deur ‘n kunstenaar vanuit ‘n bepaalde perspektief uitgespreek.”

EU skep vlootmag om swart gety terug te draai

Ministers van die Europese Unie het planne goedgekeur om ‘n vlootmag te skep om die gety van swart immigrante na die EU te keer.

Die ministers sê daar sal op mensesmokkelaars wat veral in Libië bedrywig is, gefokus word.

Sedert die VSA die Libiese staatshoof laat vermoor het, het die land in chaos verval met Islamitiese militante wat ‘n veldtog teen gematigde groepe voer.

Die EU se hoof van buitelandse beleid, Federica Mogherini sê lidlande sukkel om die las van onwettige immigrante van Afrika en die Midde-Ooste te hanteer.

Die koste van migrasie weeg swaar op Europese kiesers, ook by die stembusse in Nederland en Frankryk waar anti-immigrasiepolitiek groot sukses behaal.

Swart fortuinsoekers wat die Middelandse See oorsteek om Europa te bereik, teer in die meeste gevalle op die wit belastingbetaler en dra min by tot ekonomiese groei.

Mogherini sê die operasie sal aanstaande maand bekendgestel word, en die basis sal in Rome wees.

Sy sê daar sal ook met die Afrika Unie en Midde-Oosterse lande saamgewerk word om misdaadsindikate en mense-smokkelaars aan te keer.

Linkse partye is gekant teen die beperkings op immigrasie omdat hulle Moslems as stemvee beskou.

Die Nederlandse aktivis, Joost Niemöller, sê dit was nie altyd so nie. Die Katholiek Nieuwsblad skryf onlangs:

Volgens Niemöller heeft in de Nederlandse politiek de SP al in 1983 nog het meest verregaande onderzoek naar immigratie gedaan met het rapport Gastarbeid en kapitaal. “Daarin werd geconcludeerd dat de meeste gastarbeiders de islam aanhingen, een godsdienst waarvan men vond dat die hier niet past. Daar zagen ze twee oplossingen voor: óf deze gastarbeiders leggen hun godsdienst af, óf ze krijgen een bedrag en keren terug. Dat zou vandaag zelfs [Geert]Wilders niet meer durven voorstellen”.