Oproeriges in Riverlea Johannesburg gooi klip

Toegangsroetes na Riverlea in Johannesburg is gesluit na oproer wat glo oor elektrisiteitvoorsiening en behuising voorkom.

Mainreef- en Commandoweg in Riverlea is na openbare geweld gesluit en ‘n uitgebreide polisieteenwoordigheid is in die ontplooi.

Oproeriges bestook motoriste met klippe en brand motorbande.

Die inwoners van die Zamimpilo-plakkerskamp is ontevrede oor ‘n gebrek aan huise.

Hulle sê die Johannesburgse metroraad het belowe om hulle te skuif na ‘n behuisingsprojek, maar dit het nie gebeur nie.

Inwoners is ook ontsteld oor ‘n gebrek aan elektrisiteit.

Anti-wit rassis Adriaan Basson samel geld in vir Foeta Krige en SAUK-8

Die anti-wit rassis en Boerehater Adriaan Basson, redakteur van News24, samel geld op sosiale media in vir die agt joernaliste wat by die SAUK afgedank is, waaronder die vorige redakteur van RSG se Monitor/Spektrum, Foeta Krige. Basson het voorheen, tesame met die marxistiese feminis Hannelie Booyens in Beeld ‘n veldtog teen die Potchefstroomse kampus van die Noordwes-universiteit gevoer en veral vrouestudente as “Nazi’s” voorgestel.

Basson is ook ten gunste van sensuur en selfs geweld teen nie-linkses wat hy voor die voet as “rassiste”, “Nazi’s” en “fasciste” tipeer. Op News24 word gereeld meningsartikels geplaas waarin haat teen blankes en Afrikaners aangehits word.

Die agt joernaliste wat deur die SAUK weens interne struwelinge met die hoof van die SAUK, Hlaudi Motsoeneng, afgedank is, is: Thandeka Gqubule‚ Foeta Krige‚ Lukhanyo Calata‚ Suna Venter‚ Busisiwe Ntuli‚ Krivani Pillay‚ Vuyo Mvoko en Jacques Steenkamp.

Sommige RSG-joernaliste het voorheen in hul beriggewing die “Bevry Sirië”-groep in Sirië, wat oor bande met die Islamitiese Staat beskik, ondersteun.

Tot dusver is meer as $18 000 aanlyn (meer as R240 000) ingesamel. Die geld sal deur ‘n prokureur, Willem de Klerk, geadministreer word. In sy oproep om bydraes, gee die rassistiese Adriaan Basson voor dat hy ten gunste van “mediavryheid” sou wees:

“Hierdie is ‘n oproep aan almal wat mediavryheid waardeer en diep besorg is oor die stand van joernalisme in Suid-Afrika om deur skarebefondsing geld aan hulle by te dra, net om hulle deur die ergste paar weke in hul professionele lewens deur te sien. Skenk enigiets, hoe klein ook al, om hulle te help en om aan hulle ons volgehoue steun te toon.”

“Ja, ons kan betoog en verklarings uitreik en rubrieke skryf om hulle te ondersteun, maar aan die einde van die maand moet hulle rekeninge betaal, waarskynlik met ‘n halwe maand se salaris as hulle gelukkig is. Sommige van hulle het kinders.”

Intussen het nog ‘n joernalis by RSG, Ivor Price, ook bedank. Hy het dit op Twitter aangekondig, maar gesê dat hy geen onderhoude daaroor wil toestaan nie.

 

Tweede ANC-kandidaat doodgeskiet op Mandeladag

‘n Tweede ANC-lid van KwaZulu-Natal en kandidaat-raadslid is gister doodgeskiet op pad na ‘n Mandeladagviering, het die Valke gesê.

Kapt Simphiwe Mhlongo het aan News24 gesê dat 41-jarige Khanyisile Sibisi is Maandagmiddag geskiet terwyl sy op pad was om goedere skenk aan ‘n viering van Mandeladag in Ladysmith.

“Daar is op haar voertuig losgebrand en sy is beseer. Sy is na die hospitaal geneem waar sy dood verklaar is.”

Mhlongo het gesê hy ‘n beroep op die betrokke party om na vore te kom met inligting.

“Ons kan nie ‘n situasie hê waar mense word vermoor word soos hierdie nie, in hierdie geval twee mense op een dag. Ons doen ‘n beroep op getuies en die politieke party om na vore te kom met inligting om ons ondersoek te help. Ons veroordeel die moord.”

Sibisi is die tweede ANC-kandidaatraadslid wat doodgemaak is Maandag.

Bongani Skhosana, ook ‘n kandidaat ANC-raadslid in KZN, is doodgeskiet in sy motor voor sy kinders, terwyl hy hulle Maandagoggend skool toe wou neem.

Die ANC se provinsiale sekretaris Super Zuma het voorheen ‘n beroep op wetstoepassingsagentskappe gedoen om hul sigbaarheid in bekende knelpunte te verhoog en om voor die 3 Augustus verkiesings sekuriteit op te skerp.

“Ons is bekommerd dat ons nader aan die plaaslike regeringsverkiesings, ons wykskandidate verloor.”

‘Nog geen arrestasies’ in moorde op Kayla Meyer (9) en haar gesin

Die moorde op die jong Afrikanerdogter Kayla Meyer (9) en haar ma Marietjie (45) wat in Maart 2016 op ‘n kleinhoewe buite Randfontein doodgemaak is, is nog nie opgelos nie. Marietjie se vriend, Kennith McCormick (42) is insgelyks tydens die aanval op die gesin om die lewe gebring.

“Die saak word steeds deur die provinsiale ondersoekspan hanteer en daar is tot op hede geen arrestasies nie,” het kaptein Appel Ernst, woordvoerder van die Randfonteinse polisiestasie gister per e-pos teenoor PRAAG bevestig nadat ons navraag gedoen het.

Ons het in Maart oor die reaksies op sosiale media berig ná die moorde onder die opskrif:

‘Dis kruipende volksmoord’: kommentaar oor uitwissing van Randfontein-gesin

 

VN-konvensie oor volksmoord glo nie terugwerkend

“Vergoeding” en “reparasie” is volgens die Duitse regering nie van toepassing op die geskiedkundige konteks van die volksmoord tussen 1904 en 1908 van die Ovaherero en Nama in Namibië nie.

Dit blyk uit die antwoord van ‘n woordvoerder van die Duitse federale kantoor van buitelandse sake, dr. Martin Schäfer.

Hy sê die posisie van die Duitse regering is onveranderd en die regering stem saam dat ‘n oorlog van uitwissing ooreenstem met oorlogsmisdade en volksmoord en dat dit inderdaad die regering se posisie is.

‘n Woordvoerder van die kantoor van buitelandse sake, me. Sawsan Chebli, het op 13 Julie gesê die Duitse regering het hom reeds vantevore duidelik oor die volksmoord uitgespreek.

Volgens die Duitse regering kan die Verenigde Nasies (VN) se konvensie op volksmoord nie terugwerkend toegepas word nie. Desnieteenstaande kan die definisie volgens die VN-konvensie, as maatstaf vir nie-wetlike ontledings van geskiedkundige gebeure soos die volksmoord in openbare geskiedkundig-politieke debatte gebruik word.

“Die Duitse regering is van mening dat uit hierdie geskiedkundig-politieke konteks die term ‘volksmoord’ geen wetlike gevolge kan inhou nie.

“Die regering het ook bevestig dat die terme ‘reparasies’ en ‘vergoeding’ nie van toepassing is op die geskiedkundige agtergrond en in die konteks van Duits-Namibiese onderhandelinge nie,” het ‘n Duitse regeringswoordvoerder gesê.

Op die vraag of die Herero- en Nama-slagoffergroep in die bilaterale onderhandelinge ingesluit gaan word, het die Duitse regering by wyse van ‘n verklaring vrygestel deur middel van die Duitse ambassade in Windhoek, gesê: “Die betrokkenheid van die slagoffergroepe is ‘n interne aangeleentheid vir die regering van Namibië.”

Chebli het ook aan die media gesê die Duitse en Namibiese regering werk aan ‘n gesamentlike verklaring met ‘n gemeenskaplike “taal” oor die geskiedkundige gebeure en ‘n Duitse verskoning wat deur Namibië aanvaar moet word.

Bron: Die Republikein

Charlize lê ‘n windeier oor ‘diskriminasie’

Die Suid-Afrikaanse aktrise Charlize Theron het ‘n windeier gelê oor “diskriminasie”.

Sy blameer “voortgesette diskriminasie” daarvoor dat die mensdom nog nie die MIV/Vigs-epidemie opgelos het nie.

In ‘n tirade wat klink asof ‘n farmaseutiese maatskappy haar betaal het om te kyf oor swak verkope, het die poppie van Benoni gewys sy is nie net ‘n mooi gesiggie nie, maar dom ook.

“Ons ag sommige lewens hoër as ander. Ons ag heteroseksuele lewens hoër as gay lewe. Ons heg meer waarde aan mans as aan vroue. Wit velle meer as swart mense. Volwassenes meer as tieners. Vigs diskrimineer nie op sy eie nie.”

Theron, wat gepraat het by die openingseremonie van die 21ste Wêreldvigskonferensie in Durban het gisteraand gesê dat tensy vooroordele oorkom word, sal daar geen oplossing wees om die siekte die hoof te bied nie.

Sy het klaarblyklik nog nie ingesien dat mense in ander lande, hoofsaaklik gay wit mans, hul gedrag aangepas het by die uitdaging nie en dat Afrika weier om dieselfde te doen ten spyte van miljarde wat al aan voorkomingsprogramme bestee is.

Theron, die ma van twee swart aangenome skepsels, het die blaam wat die slagoffers in Suid-Afrika toekom, op wittes gepak. Sy het gesê dat die siekte nie weens onbeskermde seks voorkom nie, maar as gevolg van “vooroordele”.

Dié mening is ‘n nuwe blik op die mediese wetenskap wat toordoktery in die skadu stel. Indien waar, sal dit die eerste keer in die geskiedenis wees dat “vooroordele” ‘n reeds gediagnoseerde siekte veroorsaak.

Sy het gesê die oplossing vir die epidemie lê nie net in laboratoriums nie, maar ook in gemeenskappe wat deur die siekte geraak word.

Sy het gesê dat sy hoop die volgende Wêreldvigskonferensie sal die laaste wees en dat die siekte oorwin kan word.

Foto’s van haar oudste balhorige swart seun het Charlize se poging om haarself as ‘n lieftallige moeder voor te hou onlangs effens bederf.

Sy het die ongehoorsame klonkie hardhandig aan die arm gesleep en in die motor geboender, kennelik onder die indruk dat sy die kameras ontwyk het (Sien foto’s hierbo).

Dit wil voorkom asof Charlize reeds slaag in haar poging om nog ‘n BlackLivesMatter-aktivis groot te maak.

Mandela-klimmer dood voor hy piek bereik

Die Nelson Mandela Stigting het sy medelye betuig met die dood vanoggend van een van die bergklimmers van die inisiatief – Trek4Mandela – op Berg Kilimandjaro in Tanzanië.

Die Suid-Afrikaanse renjaer, Gugu Zulu, was een van 42 bergklimmers wat aan die inisiatief deelgeneem het.

Hy sou vanoggend op Mandela-dag die piek bereik het, maar het asemhalingsprobleme ontwikkel.

Die ekspedisie het ten doel om bewustheid te skep vir die lot van arm meisies wie se skoolbywoning weens ‘n gebrek aan persoonlike higiëne ontwrig word.

Zulu se vrou, Letshego, was een van die bergklimmers.

Die Nelson Mandela Stigting sê ‘n mediese span het alles in hul vermoë gedoen om sy lewe te red.

Die bestuurshoof van die Nelson Mandela Stigting, Sello Hatang, sê hy het Zulu persoonlik geken en is uiters geskok oor sy dood.

Bill Gates, Nelson Mandela, verkiesingsgeweld en verspilde kanse

Terwyl invloedsmouse soos Bill Gates hard probeer om oudterroris Nelson Mandela se beeld te poets, is nog ‘n lid van die party wat hy verteenwoordig het, op Harding in die suide van KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Bongani Skhosana is volgens inligting vroeg vanoggend deur onbekende mans voor sy huis, op pad na sy motor, aangeval.

Minstens 10 ANC-lede en -leiers is die afgelope ruk in aanloop tot die komende munisipale verkiesing in die provinsie vermoor.

Die polisie het lede van die publiek wat enige inligting het, gevra om na vore te kom.

Die Verenigde Nasies het 18 Julie as internasionale dag verklaar waarvolgens mense 67 minute aan die ontslape kommunis moet wy.

Die FW de Klerkstigting vier vandag Internasionale Mandeladag deur vrywillige werk te doen by welsynsinrigtings in Kaapstad.

Dit is nie duidelik hoe Mandela aan welsyn verbind kan word nie, aangesien hy persoonlik toegesien het dat onskuldige kinders in sy terreurveldtogte uitgemoor word omdat hulle wit is.

In die Vrystaat gaan twee nuwe swart skole geopen word.

Die premier van die provinsie, Ace Magashule, het misleidend verklaar dat “Madiba” altyd die klem op onderwys geplaas het en daarom sal die regerende party dit ook doen.

Die regerende party het juis nie die klem op onderwys geplaas nie. Die ANC het aan bewind gekom deur skole af te brand en die land onregeerbaar te maak, in navolging van “Madiba” se oproepe.

Net vanjaar is 20 skole binne enkele dae in ligte laaie gelaat.

Magashule het by die opening van die skool op Bethlehem gesê die provinsiale regering het heelwat planne om gemeenskapsentra en nuwe klinieke te open.

Hy het nie kommentaar gelewer oor die wit olifante wat sulke projekte in die Vrystaat meermale oplewer en in onbruik staan nie.

Die stigter van Microsoft en filantroop, Bill Gates, was ook gister pens en pootjies op die Mandela-wa.

Die Amerikaner met die piepstemmetjie sê die konsep om in vrede te woon, sal ‘n illusie bly totdat almal in Afrika deur vooruitstrewendheid bevoordeel word.

Gates het Sondagaand op die Mamelodi-kampus van die Universiteit van Pretoria, waar talle swart oproeriges ook hul kanse op opleiding verspeel het deur onluste en plundery, die Nelson Mandela-lesing gehou.

Gates sê ongelykhede in lande soos Suid-Afrika en Nigerië is kommerwekkend. Hy het egter nie kommentaar op gapende ongelykhede in die VSA gelewer nie.

Gates het ook die onsin herhaal dat hy glo oudpresident Nelson Mandela wou dat jongmense geleenthede gegun word, terwyl Suid-Afrika meer raswette onder Mandela ingestel het as ooit gedurende apartheid om wittes te benadeel.

Die bleeksielmiljardêr gaan oor die volgende paar dae met “jong uitvinders” vergader, waarskynlik swart vir die doeleindes van sy eie vervelige en afgeleefde openbare betrekkinge.

Gates het aan die meer as drieduisend mense in die gehoor gesê hy glo dat die jeug in Afrika nuwe idees het waarby die vasteland kan baat. Wat hierdie sogenaamde “idees” behels behalwe nog warm lug, is nie duidelik nie.

Hy het nie kommentaar gelewer oor Afrika se kognitiewe agterstand wat gedurig onder die mat ingevee word nie en waarsonder geen vooruitgang moontlik is nie.

Kortlys vir nuwe Openbare Beskermer bekend

Parlementslede het ‘n lys van 14 kandidate genomineer vir die kortlys waaruit Suid-Afrika se nuwe Openbare Beskermer gekies moet word.

Mense wat die lys gehaal het, is die Adjunk- Openbare Beskermer, Kevin Malunga, die Wes-Kaapse Regte, Siraj Desai, en die Adjunk-Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Willie Hofmeyer.

Die uittredende Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, se termyn eindig die einde van Oktober.

‘n Spesiale Parlementêre komitee het meer as 60 nominasies vir die kortlys ontvang.

Agt vroue het die kortlys gehaal.

Onderhoude sal op 11 Augustus met die kandidate op die kortlys gevoer word.

Elke kandidaat sal ‘n uur kry om te sê waarom hy of sy die pos moet kry.

Die komitee sal na die volgende eienskappe soek wanneer hulle die kandidate oorweeg: Karakter, ondervinding, kennis en vaardighede.

Die komitee het ook bygevoeg dat hulle die kandidate verder sal toets op bestuursvaardighede, hul begrip van ‘n ontwikkelende staat, hul begrip van die drie vlakke van regering en hul verhoudings, finansiële bestuur, leierskapvaardighede en menslike hulpbronvaardighede.

Die 14 kandidate op die kortlys is:

Regter Sharise Weiner, Regter Sirajudien Desai, Kevin Malunga, Nonkosi Cetywayo, Mhlaliseni Mthembu, Madibeng Mokoditwa, Mamiki Goodman, prof. Narnia Bohler-Muller, prof. Bongani Majola, me. Busisiwe Mkhwebane, me. Jill Oliphant, me. Muvhango Lukhaimane, me. Kaajal Ramjathan-Keogh en mnr. Willie Hofmeyer.

Waterskilpaaie ontwrig lugverkeer by JFK

Meer as 400 waterskilpaaie het vlugte in New York vertraag omdat hul broeigebied naby die aanloopbane by die John F. Kennedy Internasionale Lughawe is.

Tot dusver is 396 skilpaaie opgemerk by JFK-lughawe tydens migrasie vanjaar wat tans aan die gang is.

Associated Press berig van die diertjies het oor die aanloopbane begin kruip en werkers moes hulle inderhaas bymekaarmaak voordat hulle in die pad van vliegtuie beland.

Dit gebeur blykbaar gereeld dat die diere hul weg na die lughawe vind en plastiekversperrings wat aangebring is, blyk min effek te hê.

Die waterskilpaaie is intussen na ‘n plek van bewaring geneem naby Jamaica Bay.

Denel ontken Gupta-oorname na tenderbesluit

Denel het Donderdag bewerings ontken dat die maatskappy deur die Gupta-familie oorgeneem is om ‘n R1-miljard kontrak aan VR Laser ipv LMT Holdings te gee.

LMT Holdings het die transaksie as ongeoorloof bestempel en hulle tot die hooggeregshof gewend.

“Denel wil reageer op die negatiewe verslaggewing wat tans deur sekere publikasies versprei word,” het Vuyelwa Qinga, Denel se kommunikasiebeampte in ‘n verklaring gesê.

“Denel wil kategories ontken dat dit deur die Gupta-familie oorgeneem is.”

Vroeër op Donderdag is berig dat ‘n Suid-Afrikaanse militêre kontrakteur Denel voor die Pretoriase hooggeregshof gedaag het.

Die aandeelhouers van LMT Holdings het ‘n dringende aansoek gebring na die toekenning vir die Hoefysterprogram aan VR Laser.

LMT Holdings is ‘n plaaslike ingenieurswese- en produksie-maatskappy waarvan 51 persent aan Denel behoort.

Die kontrakte vir die Hoefyster-projek, met sy verwagte inkomste sou vir tien jaar sowat R100 miljoen per jaar genereer.

Die transaksie is bekragtig deur die Tesourie sowel as die Minister van Openbare Ondernemings in 2012.

In hofstukke word nou aangevoer dat die besluit om die kontrak aan VR Laser te gee, gegrond is op ‘n politieke motief en inmenging om te verseker dat die Gupta-familie en president Jacob Zuma se seun Duduzane daarby baat.

Qinga al het dit ontken en gesê die toekenning van die kontrak aan LMT sou ‘n sekere politikus bevoordeel en LMT steek dit weg.

Sindikaat glo agter Bloemfonteinse rooftogte

Die polisie in Bloemfontein sluit nie die moontlikheid uit dat ‘n sindikaat betrokke kan wees by ‘n vlaag rooftogte wat vandeesweek by verskeie plaaslike besighede plaasgevind het nie.

Polisiewoordvoerder, Wendy Nkabi, sê drie besighede is Maandag enkele ure ná mekaar beroof. Volgens haar is ‘n juwelierswinkel daarna in ‘n inkopiesentrum ook beroof toe twee mans Dinsdagmiddag ‘n ring in die winkel wou koop.

‘n Werknemer het ‘n ring uitgehaal om aan hulle te wys, waarna een van die rowers ‘n vuurwapen op haar gerig het.

Nkabi sê die rower het daarna geld in die kasregister geëis. Hulle het ook ‘n rugsak aan die werknemer oorhandig en haar beveel om al die ringe en ander juweliersware in die winkel daarin te gooi. In die proses het die werknemer die winkel se paniekknoppie gedruk. Die mans is daarna vort.

Nkabi sê die rowers het in ‘n motor weggery. Lede van die Parkweg-polisiekantoor het hulle agtervolg en van die pad gedwing. Sys ê ‘n 37-jarige man is ‘n paar kilometer van die inkopiesentrum in sy motor in hegtenis geneem. Sy makker het weggehardloop.

Nkabi sê die verdagte sal na verwagting eerskomende Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn. Die ander rower is nog nie in hegtenis geneem nie.

Volgens Nkabi is dit nog onduidelik of die verdagte betrokke was by die ander rooftoge in Bloemfontein. ‘n Diamant ring ter waarde van R28 000 en meer as R800 is gevat. Daar is op ‘n ander diamandring en meer as R650 beslag gelê.

Bron: OFM Nuus

Koel matige weer vir groot dele voorspel

Die koue het effens gewyk in groot dele van die land. Matige tot koel weerstoestande word dié naweek of later in die week in die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes verwag

Temperature sal Saterdag en Sondag net onder 20 grade Celsius wees.

Alhoewel die suidelike deel van die Noord-Kaap vandag en more lae temperature van onder 17 grade Celsius kan verwag weens ‘n frontale stelsel wat ooswaarts na die binneland van die Wes-Kaap beweeg, sal die kouetoestande teen Sondag opklaar.

Temperature onder 17 grade Celsius word vir De Aar voorspel, met plekke in die verre suidelike deel van die Noord-Kaap wat selfs maksimum dagtemperature van so min as 14 grade Celsius kan hê.

Koel, maar matige toestande vir groot dele in die sentrale binneland duur volgende week voort.

Teen Dinsdag kan temperature dalk ietwat daal in Noord-Kaap en die suid-westelike deel van die Vrystaat weens ‘n koue front in die Wes-Kaap, maar die koue sal van korte duur wees.

Temperature in Bloemfontein, Kroonstad en die suidelike deel van die Vrystaat sal oor die volgende twee dae wissel tussen 18 en 19 grade Celsius. In Upington is dit vandag 24 grade Celsius.

Wegbly-aksie in Zim misluk

Die meeste ondernemings en skole in Zimbabwe het Dinsdag normaalweg geopen, ondanks ‘n oproep tot ‘n landwye staking.

Pastoor Evan Mawarire, leier van die sukkelende #ThisFlag-beweging, is vroeër op aanklagte van aanhitsing van geweld en rusverstoring in hegtenis geneem.

Mawarire het die oproer gedoen aan sy landsgenote om Woensdag en Donderdag aan ‘n landwye wegblyaksie deel te neem.

Die leier van die Progressiewe Onderwysersunie, Takafira Zhou, het aan AFP gesê die reaksie op die oproepe was traag omdat diegene wat verlede week aan die staking deelgeneem het, hul salarisse kwyt is.

Hulle vrees vir nóg strawwer maatreëls as hulle met die staking volhou.

Die hoë ouderdom van die regerende Zanu-PF se leier, Robert Mugabe, het ‘n opvolgstryd ontketen wat die party lamlê.

Oproer het verlede week plek-plek uitgeslaan, maar het weer vinnig bedaar.

Dit kom na invoerregulasies is op 17 Junie deur die Zimbabwiese regering aangekondig is wat sekere Suid-Afrikaanse produkte verbied om “plaaslike handel te bevorder”.

Staatsamptenare het nog steeds nie hul salarisse ontvang nie.

Indien Zimbabwe ineenstort sal vlugtelinge eenvoudig oor die grens na Suid-Afrika stroom, na groener weivelde.