Anti-wit rassis Adriaan Basson samel geld in vir Foeta Krige en SAUK-8

Die anti-wit rassis en Boerehater Adriaan Basson, redakteur van News24, samel geld op sosiale media in vir die agt joernaliste wat by die SAUK afgedank is, waaronder die vorige redakteur van RSG se Monitor/Spektrum, Foeta Krige. Basson het voorheen, tesame met die marxistiese feminis Hannelie Booyens in Beeld ‘n veldtog teen die Potchefstroomse kampus van die Noordwes-universiteit gevoer en veral vrouestudente as “Nazi’s” voorgestel.

Basson is ook ten gunste van sensuur en selfs geweld teen nie-linkses wat hy voor die voet as “rassiste”, “Nazi’s” en “fasciste” tipeer. Op News24 word gereeld meningsartikels geplaas waarin haat teen blankes en Afrikaners aangehits word.

Die agt joernaliste wat deur die SAUK weens interne struwelinge met die hoof van die SAUK, Hlaudi Motsoeneng, afgedank is, is: Thandeka Gqubule‚ Foeta Krige‚ Lukhanyo Calata‚ Suna Venter‚ Busisiwe Ntuli‚ Krivani Pillay‚ Vuyo Mvoko en Jacques Steenkamp.

Sommige RSG-joernaliste het voorheen in hul beriggewing die “Bevry Sirië”-groep in Sirië, wat oor bande met die Islamitiese Staat beskik, ondersteun.

Tot dusver is meer as $18 000 aanlyn (meer as R240 000) ingesamel. Die geld sal deur ‘n prokureur, Willem de Klerk, geadministreer word. In sy oproep om bydraes, gee die rassistiese Adriaan Basson voor dat hy ten gunste van “mediavryheid” sou wees:

“Hierdie is ‘n oproep aan almal wat mediavryheid waardeer en diep besorg is oor die stand van joernalisme in Suid-Afrika om deur skarebefondsing geld aan hulle by te dra, net om hulle deur die ergste paar weke in hul professionele lewens deur te sien. Skenk enigiets, hoe klein ook al, om hulle te help en om aan hulle ons volgehoue steun te toon.”

“Ja, ons kan betoog en verklarings uitreik en rubrieke skryf om hulle te ondersteun, maar aan die einde van die maand moet hulle rekeninge betaal, waarskynlik met ‘n halwe maand se salaris as hulle gelukkig is. Sommige van hulle het kinders.”

Intussen het nog ‘n joernalis by RSG, Ivor Price, ook bedank. Hy het dit op Twitter aangekondig, maar gesê dat hy geen onderhoude daaroor wil toestaan nie.

 

10 thoughts on “Anti-wit rassis Adriaan Basson samel geld in vir Foeta Krige en SAUK-8”

  1. Met enigiemand wat deur Adriaan Basson verdedig word, moet daar noodwendig iets verkeerd wees. ‘n Mens begin wonder of die SABC nie hierdie vier joernaliste die deur gewys het omdat hulle selfs vir die SABC te links was nie.

  2. The Germans painted a 1,300 square foot mural of a drowned refugee child’s corpse on a Frankfurt bridge in an attempt to “have people emotionally rethink their selfish fears of refugees coming to Germany” yet they censor images of children killed in Nice by ISIS. The hypocrisy of Basson too is stunning.

Maak 'n opvolg-bydrae