praag.co.za

Tag: rooftogte

  • Beyoncé se ‘Global Citizen’-konsert by FNB-stadion eindig in misdaadchaos

    Beyoncé se ‘Global Citizen’-konsert by FNB-stadion eindig in misdaadchaos

    Die Amerikaanse popster Beyoncé en ‘n beweerde 58 staatshoofde wat ‘n konsert van die organisasie “Global Citizen” bygewoon het, het ‘n voorsmakie gekry van die anargie wat in ANC-beheerde Suid-Afrika gedy toe honderde skreeuende konsertgangers van bendes diewe en gewapende rowers weggehardloop het. Die polities korrekte gebeurtenis, wat op 2 Desember as ‘n liefdadigheidskonsert aangebied is “om die nalatenskap van Suid-Afrika se eerste demokratiese president Nelson Mandela te vier”, het by die groot FNB-stadion in Nasrec, net suid van Johannesburg, plaasgevind. Die stadion is amper binne loopafstand van Soweto, die land se grootste stedelike konsentrasie van swartes waar bendes straffeloos te werk gaan en waar 93 persent van elektrisiteit gereeld van die munisipaliteit gesteel word. Volgens Stadionbestuur Suid-Afrika het die Mandela 100-leërskare van die Wêreldburgerfees bekendes soos Naomi Campbell, Bonang Matheba, Sir Bob Geldof, Gayle King, Tyler Perry en Forest Whitaker ingesluit.

    Beyoncé en die Afro-Amerikaanse rapper Jay-Z is omstreeks 19:00 saam op die verhoog gesien. Maar toe die konsert geëindig het en Beyonce met helikopter na die luukse Saxon-hotel in Sandton weggeraap is, het geweld en rooftogte uitgebreek met konsertgangers wat nie van die toneel kon wegkom nie. Selfoonkommunikasie het ook misluk en die meeste kon nie bel of teks nie. Vele het by ‘n Sasolvulstasie naby die stadion begin saamdrom waar Ubertaxi’s beskikbaar was om hulle weg te vervoer.

    Maar die Sasol-garage het die toneel geword van die ergste aanvalle en rooftogte. Een jong swart video-woernaler van Johannesburg, bekend as Lasizwe, het die konsert bygewoon. Na afloop daarvan het hy ‘n YouTube-kommentaar opgelaai met die titel “I almost got killed at Global Citizen”. In die video by ongeveer 5:17 bevestig hy dat “… te midde van al hierdie dinge, was die Suid-Afrikaanse Polisiediens nêrens te vinde nie.”

    Nog ‘n ooggetuie het op Twitter gesê: “the police did nothing”.

    #GlobaCitizenFestivalSA so heart broke by what was happening at sasol garage and outside the stadium I even tripped and fell. Thank God no one fell on me. Witness so many robberies. Police did nothing. — Anele (@AneleBethuna) December 3, 2018

    Die amper volledige afwesigheid van die polisie het ‘n absurde of selfs komiese aanskyn aangeneem toe top-polisiebeamptes op media-navrae gereageer het deur te sê dat daar nie genoeg senior lede was wat by die Wêreldburgerfees by die FNB-stadion aan diens was om junior lede te beveel om te reageer op die hulpkrete van die publiek nie”. Dit is so: in Suid-Afrika sal ‘n polisieman net reageer op ‘n hulpkreet van ‘n slagoffer as ‘n senior beampte hom opdrag gee om dit te doen.

    PRAAG het met lede van die Suid-Afrikaanse Polisie, sowel as die Johannesburgse Metropolitaanse Polisiedepartement, gepraat. Terwyl hulle verkies om anoniem te bly, het hulle ons vertel dat hulle streng bevele gehad het om bloot “sigbare polisiëring” vanuit hul voertuie te beoefen.

    “Ons is aangesê dat ons om die stadion moet ry om sigbaarheid te toon,” het hulle gesê. Maar toe die rooftogte en gevegte uitbreek, het hulle nie bevele ontvang om uit hul voertuie te klim en iemand te help nie.

    Aangesien daar nie “senior amptenare” op die toneel was om hul bevele te verander nie, het hulle binne hul motors en vragmotors gebly. Een van die polisiewaens is heeltemal deur vreesbevange konsertgangers oorval wat voor die aanvallers gevlug het, en desperaat die veiligheid van die onaktiewe polisie wou opsoek.

    Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, het in die loop van vandeesweek erken dat “die polisie op Sondagaand beter op misdaad rondom die stadion kon gereageer het”. Hy het beweer dat vyftig klagtes by die polisie gelê is, wat tot vyf sake gelei het wat reeds voor die howe gedien het. Ses mense was glo Sondagaand na die konsert in die polisieaanhouding op aanklagte wat verband hou met die rooftogte.

    ‘n Verskoning wat deur die polisie aangebied is om nie by die Sasolvulstasie te reageer nie, was dat die gebied “nie deel was van ons veiligheidsplan nie”. Cele het erken dat polisiëring nie met so ‘n beginsel doeltreffend kan geskied nie.

    “Dit is waarom ons poog om te sê dat ons beter moes opgetree het, asook meer tydig. Maar om te sê dat daar ‘n gebied is waar die SAPD nie oor die verantwoordelikheid beskik om te polisieer nie, kan nie die geval wees nie,” het die ANC-minister tydens ‘n mediakonferensie gesê.

    Global Citizen, die organiseerders van die konsert, het gesê hulle is “erg ongsteld” deur die gebeure. “Die veiligheid van ons gaste is altyd vir ons van die uiterste belang, en ons verstaan ​​en word diep geraak deur hul seer en woede,” het Andrew Kirk, wêreldwye direkteur van openbare betrekkinge vir Global Citizen, in ‘n verklaring gesê.

  • Sindikaat glo agter Bloemfonteinse rooftogte

    Sindikaat glo agter Bloemfonteinse rooftogte

    Die polisie in Bloemfontein sluit nie die moontlikheid uit dat ‘n sindikaat betrokke kan wees by ‘n vlaag rooftogte wat vandeesweek by verskeie plaaslike besighede plaasgevind het nie.

    Polisiewoordvoerder, Wendy Nkabi, sê drie besighede is Maandag enkele ure ná mekaar beroof. Volgens haar is ‘n juwelierswinkel daarna in ‘n inkopiesentrum ook beroof toe twee mans Dinsdagmiddag ‘n ring in die winkel wou koop.

    ‘n Werknemer het ‘n ring uitgehaal om aan hulle te wys, waarna een van die rowers ‘n vuurwapen op haar gerig het.

    Nkabi sê die rower het daarna geld in die kasregister geëis. Hulle het ook ‘n rugsak aan die werknemer oorhandig en haar beveel om al die ringe en ander juweliersware in die winkel daarin te gooi. In die proses het die werknemer die winkel se paniekknoppie gedruk. Die mans is daarna vort.

    Nkabi sê die rowers het in ‘n motor weggery. Lede van die Parkweg-polisiekantoor het hulle agtervolg en van die pad gedwing. Sys ê ‘n 37-jarige man is ‘n paar kilometer van die inkopiesentrum in sy motor in hegtenis geneem. Sy makker het weggehardloop.

    Nkabi sê die verdagte sal na verwagting eerskomende Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn. Die ander rower is nog nie in hegtenis geneem nie.

    Volgens Nkabi is dit nog onduidelik of die verdagte betrokke was by die ander rooftoge in Bloemfontein. ‘n Diamant ring ter waarde van R28 000 en meer as R800 is gevat. Daar is op ‘n ander diamandring en meer as R650 beslag gelê.

    Bron: OFM Nuus

  • Gewapende swart rowers slaan op Kaapse winkel toe

    Gewapende rowers het klante en personeel in ‘n winkel te Rondebosch-Oos, Kaapstand, met vuurwapens aangehou, daarna ‘n inkopieganger se voertuig gekaap en daarmee ontsnap – alles binne ses minute op ‘n besige pad.

    Die voorval is die derde binne drie maande waarin ‘n winkelganger se voortuig deur voortvlugtige rowers gekaap word. Dis ook die jongste in ‘n hele reeks rooftogte by winkels en winkelsentra. Die dag vantevore is ‘n winkel op Stellenbosch beroof alvorens die winkel in Rondebosch deurgeloop het.

    In die jongste voorval het ‘n groep gewapende rowers Vrydagmiddag op Hassen se Superette in Rondebosch toegeslaan.

    Die winkelbestuurder, wat nie sy naam genoem wil hê nie, sê ‘n swarte het ingeloop, gevolg deur ‘n ander.

    Eers het hulle voorgegee om klante te wees.

    “‘n Derde swarte het ingekom met ‘n klein koelkassie, soos ‘n toebroodjiehouer. Hy het geld uit sy sak geneem, dit oopgerol en vir lugtyd gevra.”

    “Die winkelassistent het die lugtydversoek ingesleutel, waarna die rower ‘n pistool uit sy koelkassie uitgehaal het,” sê die bestuurder.

    Op dié oomblik het albei die ander swartes ook vuurwapens uitgepluk en nog ‘n gewapende rower het by die deur stelling ingeneem om dinge dop te hou.

    “Daar was twee klante en drie winkelassistente in die winkel. Hulle het hulle na die agterkant van die winkel toe gedwing. ‘n Damesklant het ingeloop gekom, die vuurwapens gewaar en gepoog om weg te hardloop, maar hulle het haar gevang en weer binnetoe gesleep,” sê die bestuurder.

    Die vrou se eggenoot was steeds buite in hul motor, maar nog een van die gewapende rowers het hom genader.

    “Hy het die wapen op die vrou se man gerig, hom uit die motor getrek en hom ook na die winkel toe gebring. Toe kaap hulle hom en vat die motor,” sê die bestuurder.

    Op ‘n stadium het ‘n veiligheidswag van ‘n plaaslike maatskappy gepoog om tussenbeide te tree, maar hy was net met pepersproei gewapen.

    “Toe steek hulle ‘n wapen onder sy neus en vat sommer sy tweerigtingradio en sy pepersproei by hom af.”

    Volgens die winkelbestuurder “het die rowers ontspanne gelyk, asof hulle dit al vele kere vantevore gedoen het”.

    Die rowers het ‘n groot sak by hulle gehad en het alles gevat wat hulle kon steel, waaronder sigarette en die klante se selfone.

    “Die swartes buite het vir die laaste 20 sekondes die toeter begin blaas, asof hulle ongeduldig raak. Die pad was baie besig,” sê die bestuurder.

    Die swart rowers, omtrent ses van hulle, het in die gekaapte motor en twee ander voertuie ontsnap. Die hele rooftog het net ses minute geduur, van 12:22 nm. tot 12:28 nm.

    Dis die derde keer dat die winkel binne twee en ‘n half jaar beroof word. Volgens ‘n polisiewoordvoerder, kaptein Frederick van Wyk, word ‘n voorval van “sakerooftog” ondersoek.

    Tydens Donderdag se rooftog is ‘n viswinkel in Stellenbosch aangeval.

    Van Wyk sê die vyftigjarige eienaar en twee personeellede was binne die winkel to drie gewapende rowers die perseel betree.

    Hulle het die eienaar gedreig en kontant en sigarette geneem. Daarna het al drie weggehardloop.

    Omtrent ‘n week gelede het ‘n soortgelyke voorval plaasgevind toe ‘n winkelganger gekaap is nadat drie gewapende rowers ‘n selfoonwinkel in die Tuinesentrum in Kaapstad beroof het.

    Terwyl hulle wegkom, het die rowers ‘n dame in haar motor voorgekeer en in haar motor weggery.

    Verlede jaar tydens die middel van November het ‘n groep gewapende rowers ‘n Pick n Pay-winkel in Monte Vista beroof en toe ook ‘n winkelganger se motor afgeneem en daarmee weggejaag.

    Soortgelyk aan Gauteng, word die Wes-Kaap al hoe meer deur winkel- en winkelsentrumrooftogte geteister. Verlede jaar is 16 winkels en winkelsentra binne 10 weke beroof.

  • Rooftogte by winkelsentrums styg 142% en polisie is ‘verlore’

    Korrupsie, wanadministrasie en ‘n gebrek aan inligting kortwiek die stryd teen misdaad, het sprekers gister by ‘n konferensie oor misdaadvoorkoming gesê. Die hoof van die spesiale ondersoekeenheid, adv. Vas Soni, het sover gegaan soos om te vereis dat alle bates wat deur misdadigers verkry word, onteien behoort te word.

    Volgens ‘n ander spreker by die konferensie, dr. Johan Burger van die Instituut vir Sekerheidstudies, het rooftogte by winkelsentrums binne ‘n jaar meer as verdubbel. Trouens, die persentasiestyging in dié misdaadkategorie is ‘n skrikwekkende 142%.

    Burger het veral die polisie se misdaadinligtingseenheid gekritiseer vir hul gebrek aan inligting oor dié tipe misdaad: “Sonder intelligensie is ons verlore (by die aanpak van dié misdade), maar ons misdaadintelligensie sukkel. Dit is duidelik dat diewe iets nuuts gekry het om op te fokus.”

    Soos wat privaatveiligheidsmaatskappye sekere vorme van misdaad moeiliker maak, verskuif misdaadaktiwiteit na ander terreine.

    “Misdadigers kyk na hul risiko’s en kyk waar hulle meer wins kan maak teen minder risiko,” sê dr. Johan Burger. Hy vind die neiging vir misdaad om jaarliks toe te neem “kommerwekkend” en voeg by: “Ons moet bekommerd wees; ons moet antwoorde kry.”

    Soni het voorts gesê dat “Suid-Afrikaners ongeduldig is as dit by korrupsie kom”. Sy eenheid is veral betrokke by die bekamping van korrupsie en omkopery.

    Hy meen dat wanadministrasie en korrupsie ‘n bedreiging vir demokrasie inhou omdat dit die regstaat ondermyn.

    Dit is egter nie meer genoeg om die oortreders van korrupsiewette in die openbaar uit te wys en skaam te maak nie.

    “Die afgelope 20 jaar van ons demokrasie het genoegsaam gewys dat dit nie genoeg is om diegene wat van korrupsie verdink word in die openbaar te beskaam nie,” sê Soni

    Baie meer as net openbare hoon is nodig. “Ons het ’n skaamtelose geslag geword.”

    Die openbare beskermer Thuli Madonsela en Emiritusaartsbiskop Tutu het insgelyks die konferensie toegespreek.

    Tutu het die polisie bedank dat hulle hul lewens waag om Suid-Afrikaners te beskerm, terwyl Madonsela ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen het om teen korrupsie te verenig.