‘n Wit ANC-sakeman, vriend van EFF-leier Julius Malema en evangeliese aartappelboer Angus Buchan, is in hegtenis geneem oor beweerde bedrog van R9 miljoen.
In 2011 het Jacques Nell, 47, eertydse voorsitter van die Polokwane-sakekamer saam met Malema en ander ANC hoëlui gaan vakansie hou in Italië.
Hy was ook aan Angus Buchan se sy tydens 2011 se Mighty Men-konferensie wat gehou is om wit ontevredenheid dmv godsdiens te bestuur.
Die Valke het Nell Dinsdag in Pretoria gearresteer. Hy staan tereg op twee aanklagte van bedrog omdat hy na bewering vals dokumente verskaf het om finansiering van R9 miljoen van Absa te kry.
Nell is ook bekend as Jabulani by sy swart ANC-vriende Juju, Mathews Phosa en Cassel Mathale, voormalige premier van Limpopo.
Nell het ‘n bedryf besit wat Xerox-produkte verkoop het, maar dit is aan die einde 2012 skielik gesluit.
Review, ’n plaaslike koerant, het berig dat die Nells daarna ’n ski-vakansie in Frankryk gaan hou het terwyl sy werknemers sonder werk gesit het.
Nadat ‘n klagte in 2012 by die Valke ingedien is omdat Nell glo onregmatig tenders van R14 miljoen bekom het, het die ondersoekbeampte ook afgekom op die beweerde bedrog met die Absa-lening.
Suid-Afrika se elektrisiteitsvoorsiening is op ‘n mespunt weens swak beplanning en gebrekkige onderhoud. Donderdag is ‘n noodtoestand uitgeroep toe vier opwekkingseenhede van Eskom uitgeskop het.
Die kragvoorsiener het Donderdag aangekondig dat hulle ‘n beroep op groot verbruikers – maatskappye en industrieë – gedoen het om hul verbruik met ‘n minimum van 10% in te kort in ‘n poging om die wankelende stelsel stabiel te hou.
Die maatreël, wat groot instansies kontraktueel verplig om gehoor te gee aan die oproep, behels industriële beurtkrag, maar die kragvoorsiener vermy dié bewoording.
‘n Energieontleder, Chris Yelland sê Eskom se versoek aan industriële verbruikers is beurtkrag maar wil kiesers nie so kort voor die verkiesing aan negatiwiteit blootstel nie.
Eskom het alle verbruikers versoek om krag spaarsamig te gebruik. Die kragnetwerk verkeer steeds onder groot druk en daar is geen reserwes beskikbaar nie.
Die woordvoerder van Eskom, Andrew Etzinger sê die totale verlies aan opwekkingsvermoë weens tegniese probleme en probleme met steenkool is sowat sewe-duisend megawatt.
Alhoewel die noodtoestand teen negeuur Donderdagaand opgehef is, is die probleme nie verby nie.
Volgens Etzinger sal die netwerk tot minstens vroeg aanstaande week onder druk verkeer.
Benewens die probleme by kragstasies, het een van die twee lyne van die Cahora Bassa hidro-elektriese kragskema in Mosambiek gebreek, het Etzinger gesê. Dit het ‘n derde van die kragtoevoer vandaar afgesny.
Die lede van die Energie-intensieweverbruikersgroep wat BHP Billiton, al die groot myne en smelters, en groot industriële maatskappye soos Sappi, Mondi, Sasol en PPC insluit, kla dat hulle ‘n buitensporige deel van die las van die beperkte aanbod moet dra.
Eskom het gevra dat alle kommersiële kliënte soos winkelsentrums en kleinhandel-afsetpunte onmiddellik geysers afskakel en lugversorgingtemperatuur aanpas tot 23°C.
Verder het die kragvoorsiener kantoorwerkers aangemoedig gevra om lugversorging en ligte af te skakel, met die uitsondering van sekuriteitsbeligting.
RSG het die jongste voorval van politieke geweld, ‘n politieke sluipmoord in KwaZulu-Natal, as ‘n voorbeeld van “politieke onverdraagsaamheid” beskryf.
In 1946 het die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies erken dat sulke optrede per definisie ‘n misdaad onder die internasionale reg is wat die beskaafde wêreld veroordeel, en medepligtiges daaraan strafbaar maak.
Die Konvensie oor die Voorkoming en Straf van die Misdaad van Volksmoord is deur Suid-Afrika bekragtig.
Hierdie internasionale verdrag bevestig ook dat politieke sluipmoorde deur regerings ‘n misdaad onder die internasionale reg is.
“Volksmoord” beteken nie noodwendig net die onmiddellike vernietiging van ‘n volk nie, soos wanneer die massamoord van al die lede van ‘n volk plaasvind nie.
Dit dui ook op ‘n gekoördineerde plan van verskillende aksies wat gerig is op die ondergrawing van die noodsaaklike fondamente in die lewe van nasionale groepe, met die doel om die groepe uit te wis.
As die doelwitte van regerings die disintegrasie van alle politieke en sosiale instellings, kultuur, taal, nasionale gevoelens, geloof, die ekonomiese bestaan van nasionale groepe, en die vernietiging van persoonlike veiligheid, vryheid, gesondheid, waardigheid, en selfs die lewens van die individue van daardie groepe, behels, is sulke regerings strafbaar.
Die moordaanslag het by die berugte KwaMashu hostel by Durban plaasgevind toe ‘n takleier van die Inkhata Vryheidsparty Donderdagaand doodgeskiet is.
Die takleier van die IVP se Vroue-brigade, Nonhlanhla Biyela is deur vier onbekende aanvallers doodgeskiet.
Maandag is ‘n takleier van die Nasionale Vryheidsparty by die hostel doodgeskiet. Haar gedenkdiens is gisteraand gehou.
Die IVP se nasionale voorsitter, Blessed Gwala het die jongste aanval skerp veroordeel.
Polisieversterkings is die week by die hostel ontplooi.
Politieke sluipmoorde in Suid-Afrika het in die aanloop tot die 2010 FIFA Wêreldbeker die hoogte in geskiet.
Suid-Afrika se buitensporige hoë misdaadkoers kamoefleer ook talle gevalle waar politieke geweld die eintlike oorsaak van dood is, soos wat met plaasmoorde en huisaanvalle teen blankes gebeur
Daar is sedert die einde van Apartheid ‘n toename in politieke sluipmoorde as gevolg van konflik binne die regerende party self.
Die Nasionale Vryheidsparty, grootliks in KwaZulu-Natal, beweer dat 21 van sy lede vermoor is sedert die party vroeg in 2011 gestig is.
Die Inkatha Vryheidsparty beweer dat tien van sy verkose verteenwoordigers vermoor is.
Volgens die linkse, pro-swart Daily Maverick was daar “59 politieke moorde in die laaste vyf jaar”.
Raymond Suttner, ‘n oud-politieke gevangene, sê “sluipmoorde is die aangewese manier om te besluit oor leierskap en toegang tot welvaart binne die ANC en sy bondgenote”.
Suttner is gevonnis omdat hy tussen 1975 en 1983 aan die ANC se ondergrondse aktiwiteite deelgeneem het. Hy is onder die noodtoestand vanaf 1986 tot 1988 aangehou.
Die polisie se okkulte-eenheid het Woensdag die ondersoek na die dood van die twee swart skoolmeisies in Dobsonville, Soweto, oorgeneem.
Die twee meisies is dood aangetref, geklee in hul skooluniforms. Hulle het snymerke op hul hande en nekke gehad. Die polisie het skeermesse, kerse en hul tasse langs hulle gevind.
‘n Polisie woordvoerder, Tebello Mosikili sê op hierdie stadium, weet hulle nie wat die dood van die twee kon veroorsaak het nie.
“Die ondersoekspan en die misdaadtoneeldeskundiges is reeds op die toneel om al die bewyse te versamel. En die ondersoekspan van die provinsiale okkulte-ondersoekeenheid sal die ondersoek oorneem. Kollegas van die eenheid is reeds op die misdaadtoneel.”
Die meisies is Dinsdagoggend op pad skool die laaste keer opgemerk. Nie een van die meisies, tussen die ouderdomme van 15 en 16, is as vermis aangemeld nie.
Die regering het sy kommer uitgespreek oor die dood van twee tienermeisies in Soweto. ‘n GCIS-woordvoerder Phumla Williams sê hulle is getref deur die dood van twee meisies in Dobsonville.
Die regering het ‘n beroep op die publiek gedoen om nie die reg in eie hande te neem nie.
Een van die meisies het na bewering aan vriende vertel sy sou by ‘n groep aanvaar word as sy die lewe van iemand naby aan haar neem.
Mede-leerlinge by George Khosa Sekondêre Skool sê hulle het die twee meisies die skoolterrein sien verlaat met twee seuns Dinsdag.
Hulle glo die seuns is deel van ‘n groep wat sulke dade pleeg.
Daar is glo ‘n moontlikheid dat doe dood van die twee deel van ‘n “offerhande” was.
Die polisie het intussen ‘n huis in Dobsonville deursoek waar donker rituele moontlik plaasvind.
Die polisie sê hulle het ‘n lasbrief gekry om die huis te deursoek. In die agterplaas is beendere gevind wat vermoedelik die van ‘n dier is.
Talle mense is steeds by die huis saamgedrom. Die twee seuns is intussen in hegtenis geneem en sal Vrydag in die Protea-landdroshof verskyn.
’n Wit man van Bethal in Mpumalanga wat reeds in ‘n Naspers-mediaveldtog skuldig verklaar is dat hy ses swartes gehuur het om sy jong vrou te verkrag voordat hy dit self gedoen het, is tans in aanhouding.
Die beskuldigde het gister in die landdroshof in Bethal verskyn. Hy het aansoek gedoen om borgtog.
Volgens die beskuldigde ly sy vrou, ’n onderwyseres in die dorp, aan ’n bipolêre gemoedsversteuring en dit is nie die eerste keer dat sy beweer sy is verkrag nie.
Sy het vroeër erken dat die twee vorige bewerings versinsels is. Sy is ook ‘n dwelmverslaafde.
Die jongste beweerde voorval het glo op 3 Februarie gebeur, maar sy het eers op Saterdag 8 Februarie die voorval by die polisiekantoor aangemeld.
Die Europese Unie het November as teiken gestel om regstreekse finansiële hulp aan president Robert Mugabe se regering te hervat, na verlede jaar se verkiesing.
Die EU het in ‘n verklaring in Brussel gesê ‘n reis- en bateverbod sal steeds van toepassing wees op Mugabe en sy vrou Grace, het RSG berig.
Uitstaande demokratiese hervormings aan die weermag asook die aanbevelings van die Afrika-Unie oor verkiesingshervormings en ‘n vrye media moet voorts geïmplementeer word word die reisverbod opgehef sal word.
Zimbabwe is reeds ‘n dekade lank onder die verbod wat daartoe gelei het dat miljarde dollar se finansiële bystand gekanaliseer is deur internasionale organisasies insluitende die VN.
Die EU sê die verbod op bilaterale bystand sal op 1 November verstryk op voorwaarde dat daar nie ‘n ernstige agteruitgang in regering en menseregte is nie.
Swartes plunder buitelandse winkel in Mthatha vroeër vanjaar
In die jongste voorval van vreemdelinghaat wat weer opgevlam het, het inwoners van die Refilwe-lokasie, in Cullinan, oos van Pretoria, winkeleienaars van Pakistan en Ethiopië uitgedryf.
Die plundertog was teen die “moordenaars”, sê inwoners.
Dinsdagaand het die gemeenskap se woede tot ‘n waansin van plundering en vernietiging gelei, waarin ten minste ses buitelandse winkels beskadig is en een in ligte laaie gelaat is.
Swart inwoners het drie voertuie van winkeleienaars aan die brand gesteek terwyl die polisie gesukkel het om die buitelanders veilig uit die lokasie te kry.
“Ons wil dié mense uit ons lewens hê. Hulle misbruik ons gasvryheid,” sê inwoners.
Die jongste geweld kom nadat John Tau, 42, na bewering Dinsdag vermoor is deur ‘n Pakistani-winkeleienaar met ‘n gholfstok. Inwoners het gesê Tau het tussenbeide getree vir winkeldiewe.
Soos die nuus van Tau se dood versprei het, het die gemeenskap toegesak op buitelanders.
‘n Woordvoerder van die polisie Marissa van der Merwe kon nie Tau se dood bevestig nie.
Sy het gesê die geweld in Refilwe is aangevuur deur die dood van ‘n nege-jarige seun verlede week wat na bewering deur ‘n Pakistani-winkeleienaar vermoor is vir die steel van lekkers
Van der Merwe het gesê ‘n Pakistani is Woensdag in hegtenis geneem vir poging tot moord nadat hy na bewering op inwoners geskiet het Dinsdag.
“Een-en-dertig mensde is in hegtenis geneem vir openbare geweld en die besit van gesteelde eiendom.”
Ondersteuning vir Amcu se vierweekloonstaking in die platinum mynbou-sektor het Woensdag ‘n hupstoot gekry toe die Nasionale Raad van Vakbonde (NACTU) hul steun aan die unie toegesê het.
NACTU se versoek vir ‘n algemene staking indien Anglo American Platinum nie sy regsgeding van bykans 600 miljoen rand teen die vakbond Amcu terugtrek nie, kry groot aftrek van verskeie groepe.
Die groepe sluit in opposiepartye soos die PAC, die Sosialistiese Party van Azanië (SOPA), en vakbonde soos die nege filiale van Cosatu wat ‘n Spesiale Kongres en die heraanstelling van die geskorste hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi, eis.
Amcu is by NACTU geaffilieer.
“Die besluit deur Amplats om Amcu te dagvaar vir R591 miljoen se skadevergoeding wat verband hou met die voortdurende staking is nog ‘n poging deur werkgewers om die mynwerkers se staking breek asook ook ‘n verbete aanslag teen militante vakbonde,” het NACTU in ‘n verklaring gesê.
Mynreus Anglo American Platinum ( Amplats ) het Saterdag gesê hulla sal Amcu dagvaar vir skadevergoeding en verliese gely tydens die werkoponthoud..
Maandagoggend het Amplats gesê die verliese gely is sowat R100 miljoen per dag as gevolg van die staking wat in sy vierde week is.
Die onwilligheid van Amplats om te onderhandel en in plaas daarvan die howe te nader, is die soort optrede wat gelei het tot die Marikana-slagting, het NACTU gesê.
“Werkers staan vas in die gesig van geweld deur die staat en kapitaal. Nou het die mynmaatskappye ‘n ander manier gevind om werkers op hul knieë te dwing.”
Die president van SOPA, Lybon Mabasa sê Amplats se regsoptrede is ‘n plan om militante vakbonde te verswak.