Wit ANC-vriend vas vir bedrog

Jacques Nell
Jacques Nell

‘n Wit ANC-sakeman, vriend van EFF-leier Julius Malema en evangeliese aartappelboer Angus Buchan, is in hegtenis geneem oor beweerde bedrog van R9 miljoen.

In 2011 het Jacques Nell, 47, eertydse voorsitter van die Polokwane-sakekamer saam met Malema en ander ANC hoëlui gaan vakansie hou in Italië.

Hy was ook aan Angus Buchan se sy tydens 2011 se Mighty Men-konferensie wat gehou is om wit ontevredenheid dmv godsdiens te bestuur.

Die Valke het Nell Dinsdag in Pretoria gearresteer. Hy staan tereg op twee aanklagte van bedrog omdat hy na bewering vals dokumente verskaf het om finansiering van R9 miljoen van Absa te kry.

Nell is ook bekend as Jabulani by sy swart ANC-vriende Juju, Mathews Phosa en Cassel Mathale, voormalige premier van Limpopo.

Nell het ‘n bedryf besit wat Xerox-produkte verkoop het, maar dit is aan die einde 2012 skielik gesluit.

Review, ’n plaaslike koerant, het berig dat die Nells daarna ’n ski-vakansie in Frankryk gaan hou het terwyl sy werknemers sonder werk gesit het.

Nadat ‘n klagte in 2012 by die Valke ingedien is omdat Nell glo onregmatig tenders van R14 miljoen bekom het, het die ondersoekbeampte ook afgekom op die beweerde bedrog met die Absa-lening.

12 thoughts on “Wit ANC-vriend vas vir bedrog”

  1. zo komt de oproep van anc eitje EFF Malema aan blanken die grond willen tevens in een bepaald daglicht te staan.

    1 Geef 1 ha en ‘krijg er 0,10 voor terug
    2 help mee in de opbouw van de nuwe SA en grijp/steel grond
    3 verzwijg de moorden en Genocide op Boere
    4 voer de gedachte/beeld dat de EFF een onafhankelijke partij is
    5 help mee sporen uit te wissen van anc(yl) misdaden tegen de mensheid
    6 vergroot witte boorden criminaliteit
    7 bedrieg de kiezer en bekrachtig onmogelijke hebzucht gedreven activiteiten
    8 verhoog het niveau, intensiteit en omvang van geschiedvervalsing
    9 leidt de aandacht af van de enorme oppervlakte die de staat al nodeloos bezit/greep
    10 houd de massa’s bezig met rondjes lopen in toitoi stijl tot men van honger en dorst neervalt. “‘Veel beloven weinig geven doet de gek in vreugde leven”.

  2. n Ware ANC lid, vol bedrog en hebsug.

    Ek twyfel nie dat Nellie, wel borg sal kry en dalk verdwyn nie, of tronk toe gaan en kritiek siek sal word, parool kry en op die gholfbaan, wonderbaarlik sal genees van n ongeneeslike siekte nie.
    Aartappel skil is jou voorland, dalk kan hulle vir jou n spesiale, snyers pakkie gee, so oranje een, mooi man!!

  3. Hierdie kultuur van bedrog en kurrupsie is natuurlik ook nie deur die swarters ontwerp nie. Die baanbrekers [met die klem op ‘-brekers’ ] was Afrikaners.

    Skelm ou Bokryer Piet Retief het getoor met woorde totdat ou Dingaan sy skelmskedeltjie gelyk gemaak het met sy ore met die uitroep: “Maak dood die f** towenaars!!!”

    Dink aan die goudstandaard van bedrog deur veroordeelde Perskor – asteware die aartsskelm bedrieers met woorde {IT] van die die laaste 40 jaar wat voortgekanker het om Naspers monopolie totaal oor te neem.na die amalgamasie..

    Dit het noodwendig ontwikkel tot die grootste multimedia disinformnasie tegnologie ooit in die geskiedenis. En die mees suksesvolle sodat ‘n volkie oortuig is dat selfmoord die beste is .

    Tegnies skuil die aartsskurke psigopate altyd agter die sagte Christenteikens
    Of as vriende of as vyande – al wat vir hulle saakmaak is geld en aansien..

    Rapport / Naspers het nou ‘n kadertjie wit Mallemas wat Ds Solly vir die leeus wil voer. Hierdie katelkadertjie raak egter nou benoud want daar kom groot laster eise as hulle nie kan bewys wat hulle beweer nie.

    So erg dat oom Koos Bekker skynbaar die regte ding gedoen het….? of hoe?

    .

  4. Dankie Sueffig. Ek het dit ook so soos jy hier sê. Ek het dit agtergekom toe hy wyd en syd gepredig het dat al die sokkerstadiums na die wêreldbeker weer vol gaan wees! Wel dit het nie gerealiseer nie en hy het eintlik maar verdwyn en die hoopvolles net so gelos.

Maak 'n opvolg-bydrae