
Die Europese Unie het November as teiken gestel om regstreekse finansiële hulp aan president Robert Mugabe se regering te hervat, na verlede jaar se verkiesing.
Die EU het in ‘n verklaring in Brussel gesê ‘n reis- en bateverbod sal steeds van toepassing wees op Mugabe en sy vrou Grace, het RSG berig.
Uitstaande demokratiese hervormings aan die weermag asook die aanbevelings van die Afrika-Unie oor verkiesingshervormings en ‘n vrye media moet voorts geïmplementeer word word die reisverbod opgehef sal word.
Zimbabwe is reeds ‘n dekade lank onder die verbod wat daartoe gelei het dat miljarde dollar se finansiële bystand gekanaliseer is deur internasionale organisasies insluitende die VN.
Die EU sê die verbod op bilaterale bystand sal op 1 November verstryk op voorwaarde dat daar nie ‘n ernstige agteruitgang in regering en menseregte is nie.
