Die leier van die Nasionale Vryheidsparty, Zanele Magwaza-Msibi het haar hoop uitgespreek dat die party ná die verkiesing op 7 Mei in beheer van KwaZulu-Natal sal wees.
Sy het in Tembisa gepraat by ‘n geleentheid ter viering van die party se derde bestaansjaar, het RSG berig.
Die NVP se verkiesingsmanifes is ook bekend gemaak.
Sowat 2000 ondersteuners het die geleentheid bygewoon. Die party het in 2011 van die IVP afgestig, wat voorheen die regerende party in KwaZulu-Natal was.
Magwaza-Msibi sê sy beoog om sowat 1,8 miljoen stemme te kry en hoop om ten minste die amptelike opposisie in die provinsie te wees.
Die leier van die IVP, Mangosuthu Buthulezi het vroeër ‘n beroep op party-ondersteuners gedoen om vrye politieke bedrywighede voor te staan wanneer die tussenverkiesings Woensdag gehou word.
Hy sê dit geld ook die 7 Mei algemene verkiesing. Buthulezi het by ‘n saamtrek by die Rotary-stadion naby die Kwamashu-hostel, noord van Durban gepraat.
Die gebied is die afgelope tyd deur voorvalle van politieke onverdraagsaamheid gekenmerk. Twee vrouelede van die NVP en IVP is vermoor.
Die veteraan-leier sê ook dat die tussenverkiesings in die provinsie sal help om die hoeveelheid steun vir die party te peil.
Hy sê dit is ‘n proeflopie vóór die algemene verkiesing, en dus belangrik dat hulle goed vaar.
RSG het die jongste voorval van politieke geweld, ‘n politieke sluipmoord in KwaZulu-Natal, as ‘n voorbeeld van “politieke onverdraagsaamheid” beskryf.
In 1946 het die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies erken dat sulke optrede per definisie ‘n misdaad onder die internasionale reg is wat die beskaafde wêreld veroordeel, en medepligtiges daaraan strafbaar maak.
Die Konvensie oor die Voorkoming en Straf van die Misdaad van Volksmoord is deur Suid-Afrika bekragtig.
Hierdie internasionale verdrag bevestig ook dat politieke sluipmoorde deur regerings ‘n misdaad onder die internasionale reg is.
“Volksmoord” beteken nie noodwendig net die onmiddellike vernietiging van ‘n volk nie, soos wanneer die massamoord van al die lede van ‘n volk plaasvind nie.
Dit dui ook op ‘n gekoördineerde plan van verskillende aksies wat gerig is op die ondergrawing van die noodsaaklike fondamente in die lewe van nasionale groepe, met die doel om die groepe uit te wis.
As die doelwitte van regerings die disintegrasie van alle politieke en sosiale instellings, kultuur, taal, nasionale gevoelens, geloof, die ekonomiese bestaan van nasionale groepe, en die vernietiging van persoonlike veiligheid, vryheid, gesondheid, waardigheid, en selfs die lewens van die individue van daardie groepe, behels, is sulke regerings strafbaar.
Die moordaanslag het by die berugte KwaMashu hostel by Durban plaasgevind toe ‘n takleier van die Inkhata Vryheidsparty Donderdagaand doodgeskiet is.
Die takleier van die IVP se Vroue-brigade, Nonhlanhla Biyela is deur vier onbekende aanvallers doodgeskiet.
Maandag is ‘n takleier van die Nasionale Vryheidsparty by die hostel doodgeskiet. Haar gedenkdiens is gisteraand gehou.
Die IVP se nasionale voorsitter, Blessed Gwala het die jongste aanval skerp veroordeel.
Polisieversterkings is die week by die hostel ontplooi.
Politieke sluipmoorde in Suid-Afrika het in die aanloop tot die 2010 FIFA Wêreldbeker die hoogte in geskiet.
Suid-Afrika se buitensporige hoë misdaadkoers kamoefleer ook talle gevalle waar politieke geweld die eintlike oorsaak van dood is, soos wat met plaasmoorde en huisaanvalle teen blankes gebeur
Daar is sedert die einde van Apartheid ‘n toename in politieke sluipmoorde as gevolg van konflik binne die regerende party self.
Die Nasionale Vryheidsparty, grootliks in KwaZulu-Natal, beweer dat 21 van sy lede vermoor is sedert die party vroeg in 2011 gestig is.
Die Inkatha Vryheidsparty beweer dat tien van sy verkose verteenwoordigers vermoor is.
Volgens die linkse, pro-swart Daily Maverick was daar “59 politieke moorde in die laaste vyf jaar”.
Raymond Suttner, ‘n oud-politieke gevangene, sê “sluipmoorde is die aangewese manier om te besluit oor leierskap en toegang tot welvaart binne die ANC en sy bondgenote”.
Suttner is gevonnis omdat hy tussen 1975 en 1983 aan die ANC se ondergrondse aktiwiteite deelgeneem het. Hy is onder die noodtoestand vanaf 1986 tot 1988 aangehou.
Die leier van die Nasionale Vryheidsparty, Zanele Magwaza-Msibi het ‘n beroep op die polisie gedoen om alles moontlik te doen om die moordenaars van ‘n tak-leier van haar party vas te trek.
Die 48-jarige Ntombi Mzila is gister by die KwaMashu hostel buite Durban doodgeskiet, het RSG berig.
Die moord op Mzila volg slegs twee dae nadat twee ander lede van die NVP in dieselfde gebied geskiet is.
Die twee NVP-ondersteuners is gewond tydens die skietvoorval.
Mzila het die slagoffers besoek wat uit die hospitaal ontslaan is, toe sy vermoor is.
‘n Polisie-woordvoerder sê twee skote is na Mzila gevuur en sy is op die toneel dood.
Die OVK in KwaZulu-Natal het vroeër gesê hy is besorgd oor die onlangse voorvalle van politieke onvedraagsaamheid in die provinsie in die aanloop tot die Mei verkiesings.
Die NVP-leier sê sy is bekommerd oor die invloed wat die aanvalle in aanloop tot die verkiesing op partylede het.