Die Suid-Afrikaanse weermag sê geen Suid-Afrikaanse soldate is dood in gevegte in die Demokratiese Republiek van die Kongo nie.
‘n Woordvoerder, brigadier-generaal Xolani Mabanga het berigte dat Suid-Afrikaanse soldate dood is, as propaganda afgemaak.
Mabangu sê die weermag sal binnekort ‘n mediakonferensie hou om die publiek op datum te bring met Suid-Afrika se deelname aan ‘n Verenigde Nasies-mag in die DRK.
Die weermag het gister aangekondig dat ‘n vyfde Suid-Afrikaanse soldaat gewond is in gevegte met rebellemagte.
Intussen sê die VN ‘n Tanzaniese lid van die VN-vredesmag is dood terwyl hulle die Kongolese weermag ondersteun het in gevegte met rebelle naby die oostelike dorp, Goma. – RSG
Die vier maande oue baba wat vroeër vandeesmaand in Ceres verkrag is, is steeds in die Rooikruis-kinderhospitaal en dokters weet nie wanneer sy ontslaan sal word nie.
Die baba en ‘n sewejarige seun is uit ‘n huis ontvoer en verkrag. Sedertdien is ‘n 25-jarige plaaswerker in hegtenis geneem en hy het verlede week vir die tweede keer in die Ceres-landdroshof verskyn, berig Eyewitness News.
Die baba het sedert die aanval vyf operasies ondergaan.
“Sy vorder goed en is in ‘n bestendige toestand. Die dokters bespreek nog wanneer sy ontslaan sal word en ‘n datum is nog nie bevestig nie,” het Lauren O’Connor-May, die hospitaal se woordvoerder, gesê.
Die snerpende koue in die Wes-Kaap het sy eerste lewe geëis.
Paramedici van ER24 sê hulle het Dinsdag van ‘n ongeluk in Kuilsrivier teruggekeer toe die polisie die beamptes versoek het om stil te hou.
Polisiebeamptes het op twee mans afgekom wat bewegingloos in ysige toestande onder kartonhouers gelê het.
Een van hulle het reeds verkluim.
Die tweede man was in ‘n kritieke toestand en is in die Tygerberg-hospitaal opgeneem, waar hy nog herstel.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê die kouefront sal die Wes-Kaap tot Vrydag teister en die reënweer sal tot Saterdag voortduur.
Twee hoofpaaie in die Kaapse Metro en Bolandstreek is gesluit weens swaar reën die afgelope 24uur.
‘n Woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer sê die pas tussen Franschhoek en Villiersdorp is gisteraand gesluit na ‘n modder- en rotsstorting.
Verkeer van Franschhoek na Villiersdorp word herlei na die N2.
Chapmans Peak rylaan tussen Houtbaai en Noordhoek ook gesluit na ‘n modderstorting. Albei paaie sal gesluit bly tot verdere kennisgewing. – Sapa
‘n Zimbabwiër is aangekla omdat hy ‘n verkiesingsplakkaat van pres. Robert Mugabe vir toiletpapier gebruik het, het die plaaslike media Woensdag berig.
Takura Mufumisi (26) van die stad Masvingo het glo die plakkaat, met Mugabe se gesig daarop, saam met hom na ‘n toilet by ‘n kroeg geneem.
‘n “Informant” het Masvingo raakgesien en ‘n burgerlike arrestasie uitgevoer.
Mufumisi word daarvan aangekla dat hy verskiesingswette oortree het.
Dit is in Zimbabwe onwettig om verkiesingsplakkate van lamppale en mure te verwyder.
Die saak is Woensdag onbepaald uitgestel.
Mugabe het die verkiesings op 31 Julie beslissend gewen, ten spyte van die opposisieleier, Morgan Tsvangirai, se klagtes dat grootskaalse knoeiery by stembusse plaasgevind het. – Sapa?AFP
Johannesburgershet nou die geleentheid om deur ‘n grootvagina te loop, dit alles te danke aan‘n kunsinstallasie wat opgerig is by die Grondwethof, op Konstitusieheuwel in Johannesburg. Die Grondwethof is die setel van die “wigte en teenwigte” van die nuwe regime.
Konstitusieheuwel huisves onder meer die ou Vrouetronk wat in ‘n besienswaardigeid omskep is om wit skuld onder besoekers se aandag te bring.
“Deur die skep vandie vaginawaarin jy loop, bevat ditwat jouasdie kyker,maar ookgilleen lag,amper soos ‘nstrydkreetwat in opstand kom teendietronk,” hetdie kunstenaarReshmaChhibahet aan die SundayTimes gesê.
Dieloopvlak–geïnstalleerinafdeling twee van dietronk–is12meter lank enbestaan uitrooifluweelen katoen.‘n Klankbaanvan die lagenskreeis te hore.
“Nie baie mense nie –mans of vroue–is geplaom deur middel van hierdievaginale kanaal te loop nie,” sêChhiba.
Sy het gesêdat ten spyte vandiefeit dat diewerk gekoppel is aan dieHindoegodinKali,wou sy niegesien wordasiemand watnet met die maak vanIndiese kuns besig is nie.“Dit is‘n globalevagina,” sêChhiba.
Die installasie is deel van‘n groter projek– ‘DieTweePratendeYonis‘. YoniisSanskritvirvulva. Foto’sen skilderye sal uitgestal wordby twee anderplekke.
“Ditis skrikwekkendommense te kry met patriargalewaardes opgevoed is,” het syaan die SundayTimes gesê.
‘n Grondwethofbeslissing het die weg gebaan vir ‘n debat oor president Jacob Zuma se geskiktheid om te regeer voor volgende jaar se algemene verkiesing.
In ‘n meerderheidsuitspraak, het die hof Dinsdag die Nasionale Vergadering ses maande gegee om die reëls rondom ‘n mosie van wantroue in lyn met die Grondwet te bring.
Sodra die nuwe reëls in plek is, sal die deur oop wees vir opposisiepartye om soortgelyke mosies te bring.
Die DA se parlementêre leier, Lindiwe Mazibuko, ‘n Swazi-burger, het die debat oor ‘n mosie van wantroue in November verlede jaar begin, deur te beweer dat onder Zuma se leierskap die regstelsel “verpolitiseer en verswak” is, korrupsie “buite beheer” is, werkloosheid toegeneem het, die ekonomie verswak het en toegang tot gehalte-onderwys “geskend” word.
Politieke ontleder Aubrey Matshiqi het gesê dat, terwyl die DA suksesvol in die hof was, dit ‘n leë oorwinning was.
“Ek dink nie hierdie debat sal enige gevolge hê nie,” het hy gesê en bygevoeg dat hy glo min kiesers sal geswaai word.
Nog ‘n ontleder, Sipho Seepe, het gesê: “Dit beteken niks vir Zuma nie omdat die lede van die ANC die mosie sal verwerp. Die hele idee, dit lyk vir my, is oor die politieke verleentheid van Zuma.”
Die stryd oor die debat is aanvanklik verwys na die programkomitee om te besluit of dit moet gaan na die Nasionale Vergadering.
Die komitee kon nie ooreenkom nie en sy voorsitter, spreker Max Sisulu, het gesê dit beteken dat die saak nie verder gevoer kan word nie. Mazibuko het dit betwis.
Die saak is na die Wes-Kaapse hooggeregshof verwys, en regter Dennis Davis het gesê hy kan nie gelas dat Sisulu die kwessie na die Nasionale Vergadering neem nie, want die Speaker het nie so ‘n magtiging in die reëls nie.
Adjunk-hoofregter Dikgang Moseneke het saamgestem dat die speaker kan nie aangestel word om iets te doen buite sy magte nie.
Beide die DA en die ANC het Dinsdag se uitspraak as ‘n oorwinning voorgehou. Die DA het dit duidelik as ‘n goedkoop foefie gebruik om oningeligte kiesers van sy “invloed” en aanwending van “wigte en teenwigte” te oortuig, maar dit sal nie in stemme vertaal nie.
‘n Taxibestuurder is in hegtenis geneem nadat ‘n man tydens ‘n woordewisseling in Johannesburg-Sentraal doodgeskiet is, het die polisie in Gauteng Woensdag gesê.
Die 30-jarige slagoffer het Dinsdag buite ‘n taxi in Breestraat gestaan toe die skietery plaasgevind het, het ao. Xoli Mbele, polisiewoordvoerder, gesê.
Dit is nie bekend waaroor die mans gestry het en of hy (die slagoffer) ‘n passasier was nie.
“Hy [die verdagte] het sy vuurwapen uitgehaal en die slagoffer een keer in die bolyf geskiet,” het Mbele gesê.
Paramedici is ontbied en die man is op die toneel dood verklaar.
Die taxibestuurder is in hegtenis geneem en polisiebeamptes het beslag gelê op sy vuurwapen. Hy sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn. – Sapa
Die besluit deur die Walter Sisulu-universiteit om sy deure onbepaald te sluit, is deur talle organisasies veroordeel.
Die administrateur, Lourens van Staden het studente aangeraai om die universiteit in Mthatha in die Oos-Kaap dadelik te verlaat. Dit sluit alle koshuise en ander akkomodasie in.
‘n Woordvoerder vir die universiteit sê die besluit is geneem omdat studente en die omliggende gemeenskap se veiligheid weens die voortslepende onrus nie deur die instelling gewaarborg kan word nie.
Daar is die afgelope vyf weke nie klas gegee nie weens ‘n staking deur die universiteit se personeel. Hulle is ontevrede oor die voorgestelde salarisverhoging van 4,24%.
Die universiteit is sedert 2011 onder administrasie. Die polisie het gistermiddag rubberkoeëls afgevuur op studente wat betoog het teen die sluiting.
Die PAC sê dit is belaglik dat die Minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande nie ingegryp het nie. – Sapa
‘n Nigeriese man is Dinsdag op ’n aanklag van die vervaardiging van dwelms in Germiston in hegtenis geneem, het die Ekurhuleni-metropolisie gesê.
“Die polisie het hom na sy woonstel vergesel, waar ‘n tregter, skaal en twee kilogram fosfor en jodium gevind is,” het Wilfred Kgasago, woordvoerder, gesê.
Kgasago het gesê katinoon, ‘n dwelm soortgelyk aan amfetamiene, is ook in sy besit gevind.
Die 29-jarige man sal Woensdag in die Germiston-landdroshof verskyn. – Sapa
Twee kouefronte beweeg in die rigting van die Kaap en sal na verwagting swaar reën, koue, oorstromings, sneeu, stormsterk winde en onstuimige seetoestande veroorsaak.
‘n Weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, het gesê die eerste front sou die Moederstad Dinsdag getref het.
Die tweede front sal Woensdagmiddag sy opwagting maak en die provinsie tot Saterdag teister. Reënweerstoestande sal waarskynlik tot Dinsdag voortduur.
Stormsterk winde van tussen 65 km/h en 74 km/h sal vandag van Kaappunt tot Kaap Agulhas woed.