Twee voor oor hulle beelde beskadig

‘n Een-en-twintig-jarige man sal vandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn in verband met die beskadiging van die Mahatma Gandhi-standbeeld op Gandhi-plein in Johannesburg.

Die swart verdagte is Saterdag in hegtenis geneem. Die polisie het hom betrap terwyl hy die standbeeld met wit verf beskadig het.

Hy was deel van ‘n groep wat ANC-pette gedra het.

Hy het ook ‘n stuk karton by hom gehad waarop gestaan het dat die “rassistiese Gandhi moet val”. Hy sal van kwaadwillige saakbeskadiging aangekla word.

Volgens Gandhi was een van die groot prestasies in Suid-Afrika rasseskeiding deur te weier om ‘n poskantoordeur met swartes te deel.

Hy het in die Britse leër gedien en gretig deelgeneem aan die 1906-oorlog teen swart Zoeloes.

Gandhi het breedvoerig oor sy ervarings met swartes van Suid-Afrika geskryf en deurentyd na hulle as “kaffers” verwys, met ‘n diepgewortelde minagting vir die Afrika-inboorling.

In Pretoria sal ‘n swarte ook vandag in die hof verskyn nadat die standbeeld van Paul Kruger op Kerkplein vir ‘n tweede keer gevandaliseer is.

Dit is die tweede voorval van vandalisme by die standbeeld die afgelope twee weke.

Die verdagte was deel van ‘n EFF-bende die naweek by die standbeeld wat verf daarop uitgegooi het. Een persoon is in hegtenis geneem toe die groep weggehardloop het.

‘n Dag nadat ‘n standbeeld van die dominee en skrywer Andrew Murray gevandaliseer is in Wellington in die Wes-Kaap, het ‘n paar inwoners gesê hulle is nog steeds woedend oor die voorval.

Die standbeeld wat op die terrein van die Wellington NG Kerk opgerig is, is Vrydagnag besmeer met rooi verf.

Aanvalle teen buitelanders by Durban duur voort

Aanvalle teen buitelanders in KwaZoeloe-Natal duur voort.

Geweld teen buitelanders suid van die Groter Ethekwini Metro het na ander lokasies noord van Durban uitgebrei.

Sondag is sowat vyf winkels van buitelanders aangeval en aan die brand gesteek. Die winkels is in KwaMashu, Inanda en Siyanda.

‘n RSG-verslaggewer in die gebied, Dumisani Shange het berig dat hoewel ‘n bykomende 100 lede van die Polisie se Openbare Orde-eenheid ontplooi is, die xenofobiese aanvalle steeds na ander gebiede oorspoel.

Ongeveer 2 000 vlugtelinge word tans in tydelike kampe in Isipingo, Chatsworth en Greenwoodpark gehuisves.

Zimbabwe se Konsul-generaal in Suid-Afrika, Henry Mukonoweshuro, sê intussen diplomatieke bande tussen Suid-Afrika en Zimbabwe sal nie geraak word deur die voortgesette xenofobiese aanvalle in die groter eThekwini-gebied nie.

Honderde buitelandse burgers van Zimbabwe, die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), Ethiopië en Somalië is is reeds uitgejaag na die aanvalle in Durban.

Mukonoweshuro sê hulle sal nou saamwerk met hul Suid-Afrikaanse eweknieë om ‘n oplossing te vind.

Hassan Ali, ‘n winkeleienaar sê al sy winkels in KwaMashu, noord van Durban, is geplunder en uitgebrand.

“Ek het vier winkels gehad, drie van hulle in die hostel. Hulle buit alles. Daar is nou niks meer binne oor nie. Hierdie ding is verskriklik. Ek weet nie hoekom mense ons aanval nie. Ons weet nie wat ons nou kan doen nie. Ons sukkel.”

Liggaam uit lykshuis gesteel

Die liggaam van ‘n man is uit ‘n lykshuis in Ratanda naby Heidelberg in Gauteng verwyder en buite die gebou gestort, het die polisie gesê.

News24 berig dat werknemers van die lykshuis het Saterdagoggend ontdek iemand het by die perseel ingebreek.

Lt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Een liggaam is gesteel en buite die gebou geplaas.”

Die polisie ondersoek ‘n saak van sakeroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie probeer bepaal of enige liggaamsdele uit die lykshuis verwyder is.

Volgens Makhubela het die begrafnisondernemer versoek dat sy maatskappy se naam nie bekend gemaak moet word nie.

Zuma vier sy 73ste verjaarsdag

President Jacob Zuma het Sondag ter viering van sy 73ste verjaarsdag gesê nasionale eenheid en samehorigheid bly sy visie vir Suid-Afrika.

Die president het gesê sy verjaarsdagwens is dat “alle Suid-Afrikaners in vrede en harmonie sal saamleef”. “Ek wil nasionale eenheid en samehorigheid aanskou, waar alle burgers hulself as mekaar se hoeders sal sien, waar ons almal saamspan om probleme op te los en ‘n verenigde en vooruitstrewende saam Suid-Afrika te bou.”

“Sy kinders het vir hom ‘n privaat familiekuier by die amptelike presidensiële woning in Durban, John Dube House, gereël,” het Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, in ‘n verklaring gesê.

“Ek is dankbaar vir die gawe van lewe,” het Zuma gesê. “Wat my gelukkig en tevrede maak, is om in Suid-Afrika te bly, ‘n pragtige suksesvolle land met wonderlike mense met ʼn blink toekoms. Maar, wat my laat wakkerlê in die aand is die werk wat ons nog moet doen om almal se lewens te verbeter, veral die armes, en die behoefte dat ons almal, die regering, gemeenskappe en alle sektore, vinniger sal werk om ʼn beter lewe vir almal te skep.”

Draaipunt vir samewerking tussen DA, EFF

Die leier van die opposisie, Helen Zille, sal uittree as leier van die DA.

Zille het Sondag op ’n dringende vergadering van die party se federale raad aangekondig sy gaan haarself nie beskikbaar stel vir nog ’n termyn as partyleier tydens die party se nasionale konferensie later vandeesmaand in Port Elizabeth nie.

Sy sou die enigste kandidaat as na­sionale leier gewees het. Met dié aankondiging wil die DA ‘n nuwe leier se beeld betyds vir die volgende verkiesing begin afstof.

Mmusi Maimane is die gunsteling om by Zille oor te neem.

Sy samewerking met die EFF in Februarie, toe albei partye saam pres. Jacob Zuma tydens die debat oor die staatsrede aangeval het, was klaarblyklik die draaipunt vir die swart siening van hom as nie net ‘n blote wit werktuig nie.

Zille het in 2007 by Tony Leon as DA-leier ­oorgeneem en dien sedert 2009 as Wes-Kaapse premier.

Dit blyk Zille sal aanbly as premier van die Wes-Kaap.

Alhoewel Zille beweer dat sy nie weer betrokke sal raak by interne leierskapkwessies nie, is dit bekend dat sy Maimane steun as haar opvolger.

Zille sê ouderdom is nie ter sprake nie, maar slegs dat die nuwe leier geskik vir die pos en voortreflik moet wees.

Die leier van die DA in die Oos-Kaap, Athol Trollip en Zille het in die verlede koppe gestamp toe sy vir Lindiwe Mazibuko as parlementêre leier bó Trollip aangewys het.

Trollip het haar destyds daarvan beskuldig dat sy ingemeng het by die party se demokratiese proses deur ‘n swarte aan te wys.

Die DA sukkel om swart kiesers te oortuig dat hulle nie ‘n wit party is nie.

‘Ek wil nie ‘n wit gesig sien nie’

Zimbabwiese president Robert Mugabe se oënskynlike afgryse by die sien van ‘n “wit gesig” in Suid-Afrika is op sosiale media met lof begroet deur swartes.

Mugabe was in Soweto Donderdag om die Hector Pieterson-gedenkmuur te besoek.

Ná sy besoek aan die museum, is hy toegejuig deur die plaaslike bevolking. In ‘n opname wat deur die SABC uitgesaai is, is Mugabe gesien waar hy verby die skare loop terwyl die nasionale uitsaaier se TV-joernalis aan hom vra watter emosies sy terugkeer na Soweto ontlok.

Mugabe was op die punt om te antwoord, maar toe hy opmerk dat daar ook ‘n wit joernalis is, het hy die mikrofoon weggedruk en het gesê: “Ek wil nie ‘n wit gesig sien nie.”

Die minister van Kuns en Kultuur Nathi Mthethwa het ongestoord ​​langs Mugabe gestaan toe hy die opmerking gemaak het.

Die afgeleefde ou terroris wat graag met sy potsierlike koloniale Britse aksent spog, is op Twitter geprys vir sy barbaarse rassisme.

Twitter-gebruiker PM_Plaatjie het gesê: “Dit is hoekom ons hom bewonder.”, Terwyl B_Thabede gesê het “Hy was in die kol.”

Hy het sy staatsbesoek van twee dae om te kom geld bedel van Suid-Afrika Donderdag afgesluit.

Hy het sy gevorderde leeftyd glo te danke aan beskerming wat die Israelse geheimediens aan hom bied.

Linkse agies kry floute oor k-woord, maar twieter sê ‘voetsek’

Ten minste een swarte was nie beïndruk met die Universiteit van Kaapstad se onwettige verwydering van die Rhodes-standbeeld nie.

Siv Ngesi, bekende akteur van films soos Invictus en Long Walk to Freedom en MNet-liefling, het na die afbreek van die standbeeld van die Britse imperialis getwiet: “Ja, #RhodesHasFallen maar jy is nog ‘n kaffer in baie van hulle se oë!”

Die twiet het konsternasie onder die linkses veroorsaak. Die akteur Ngesi is gou-gou deur die liberales vermaan oor die twiet. Een het selfs neerhalend na hom as ‘n “coon” verwys en ‘n paar swartes het die voormalige swart kinderster met die dood gedreig.

Kennelik meen sy kritici dat hy dankbaarheid teenoor die UK verskuldig is.

Die 36-jarige Ngesi het as jong seun saam met die teaterstuk Les Miserable na Asië getoer in die rol van Gavroche.

Die akteur het daarna geweier om verskoning te vra. “Ek was al voorheen in die moeilikheid op Twitter en het om verskoning gevra, want ek was verkeerd. Ek gaan nie hierdie keer my stelling terugtrek nie! Voetsek.”

Is ‘afrofobie’ die nuwe gonswoord?

Die minister van Binnelandse Sake, Malusi Gigaba het die diplomatieke gemeenskap opnuut verseker van die regering se erns om vreemdelingehaat te hanteer. Gigaba het gisteraand met ambassadeurs in Pretoria vergader, het RSG berig.

Die vergadering volg op voorvalle van xenofobiese aanvalle in KwaZulu-Natal nadat Koning Goodwill Zwelithini na bewering gesê het dat buitelanders na hulle lande van herkoms moet terugkeer.

Gigaba het ‘n beroep gedoen op alle leiers in die land om nie roekelose uitlatings rakende die kwessie te maak nie.

Hy sê die internasionale gemeenskap moet Suid-Afrika nie sien as ‘n land waar xenofobie en afrofobie voorkom nie.

Intussen het Robert Mugabe Donderdag op TV-nuus aan ‘n wit joernalis gesê wat ‘n vraag aan hom wou stel, hy “wil nie witmense sien nie”.

Mugabe is op staatsbesoek aan Suid-Afrika om te kom geld bedel. Suid-Afrika voorsien reeds voedselhulp aan sy land.

Mandela-advokaat probeer walgooi teen erfenisvandalisme

Advokaat George Bizos het ‘n beroep op jong Suid-Afrikaners gedoen om hulle te weerhou van geweld wanneer hulle kwessies soos standbeelde takel, en eerder die Grondwet as riglyn te gebruik.

Bizos het Nelson Mandela tydens sy hoogverraad-verhoor in die 1960’s verteenwoordig. Hy het ‘n lesing aangebied oor gedeeltes van die Grondwet by die Universiteit van KwaZulu-Natal.

Bizos sê hy steun die studente van die Universiteit van Kaapstad oor die verwydering van Cecil John Rhodes se standbeeld, maar sê geweld en vandalisme is strydig met die Grondwet.

Na wekelange betogings is Cecil John Rhodes se standbeeld is gister met ‘n hyskraan van die Universiteit van Kaapstad se gronde, waar dit vir agt dekades lank gestaan het, geskuif.

Die rektor van die UK, Max Price, sê “die meeste” belanghebbendes is is verheug omdat die standbeeld afgebreek is.

Die universiteit het strydig met wetgewing opgetree en prosedures betreffende erfenissimbole verontagsaam.

Wit studente by die UK is ontsteld oor die raadsbesluit om die standbeeld af te breek en sê dit kom neer op onverdunde rassisme, aangesien swart studente se grootste aanklag teen Rhodes is dat hy wit was.

Polisie ontplooi teen oproeriges in Gauteng, Kaapstad

Twee oproermakers is by Cosmo City by Randburg in Gauteng in hegtenis geneem ná ‘n gewelddadige betoging in die gebied, het RSG berig.

Die betoging het gevolg ná die balju in die gebied aangekom het om gesinne uit huise se sit wat onwettig opgerig is.

Die ontevredenes het die polisie met klippe bestook en verskeie voertuie, onder meer ‘n voertuig van die Johannesburgse Nooddienste, is beskadig.

In ‘n stadium moes die polisie traanrook gebruik om die oproeriges uiteen te dryf en dele van Malibongwe-rylaan was vir etlike ure gesluit.

Die polisiewoordvoerder, Kay Makhubela sê die twee verdagtes sal binnekort in die hof verskyn op aanklagte van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging.

Intussen het die Wes-Kaapse polisie gesê hulle ondersoek gevalle van openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging na betogings in Khayelitsha op die Kaapse Vlakte.

Dit volg nadat wetstoepassingsagentskappe mense verwyder het wat grond onwettig beset het wat aan Kaapstad en die wapenmaatskappy Denel behoort.

Die polisie sê een persoon is in hegtenis geneem nadat hy ‘n vragmotor vol vleis geplunder het, terwyl voertuie insluitende polisiemotors onder die klippe gesteek is.

Die polisie handhaaf intussen steeds ‘n sterk teenwoordigheid in die gebied.