Plaasaanvallers plunder huis in Delmasdistrik

Drie swartes het ‘n jong egpaar op hul plaas buite Sundra in die Delmas-distrik aangeval.

Die drie het gedreig om die ma te verkrag en ’n vuurwapen teen die pa se kop gedruk, het Netwerk24 berig.

Gideon Steenberg (38) en sy vrou, Annetjie (30), se seun Ronaldo was nie tuis ten tyde van die voorval nie.

Gideon het wakker geword van een van die aanvallers se selfoonflits. Twee van die swartes het .38-Special-rewolwer en ’n 9 mm-pistool teen sy kop gedruk.

Die derde aanvaller was ongewapen.

Hulle het die egpaar vasgebind en die huis byna volledig geplunder.

Aanvalle teen buitelanders by Durban duur voort

Aanvalle teen buitelanders in KwaZoeloe-Natal duur voort.

Geweld teen buitelanders suid van die Groter Ethekwini Metro het na ander lokasies noord van Durban uitgebrei.

Sondag is sowat vyf winkels van buitelanders aangeval en aan die brand gesteek. Die winkels is in KwaMashu, Inanda en Siyanda.

‘n RSG-verslaggewer in die gebied, Dumisani Shange het berig dat hoewel ‘n bykomende 100 lede van die Polisie se Openbare Orde-eenheid ontplooi is, die xenofobiese aanvalle steeds na ander gebiede oorspoel.

Ongeveer 2 000 vlugtelinge word tans in tydelike kampe in Isipingo, Chatsworth en Greenwoodpark gehuisves.

Zimbabwe se Konsul-generaal in Suid-Afrika, Henry Mukonoweshuro, sê intussen diplomatieke bande tussen Suid-Afrika en Zimbabwe sal nie geraak word deur die voortgesette xenofobiese aanvalle in die groter eThekwini-gebied nie.

Honderde buitelandse burgers van Zimbabwe, die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), Ethiopië en Somalië is is reeds uitgejaag na die aanvalle in Durban.

Mukonoweshuro sê hulle sal nou saamwerk met hul Suid-Afrikaanse eweknieë om ‘n oplossing te vind.

Hassan Ali, ‘n winkeleienaar sê al sy winkels in KwaMashu, noord van Durban, is geplunder en uitgebrand.

“Ek het vier winkels gehad, drie van hulle in die hostel. Hulle buit alles. Daar is nou niks meer binne oor nie. Hierdie ding is verskriklik. Ek weet nie hoekom mense ons aanval nie. Ons weet nie wat ons nou kan doen nie. Ons sukkel.”

Polisie ontplooi na skare plunder en brand

Openbare geweld by Mandlagazi buite Tzaneen in Limpopo word deur die polisie ondersoek nadat ‘n skare swartes drie huise, twee motors en ‘n sjebien in ligte laai gelaat het.

Die skare het volgens berigte ‘n huis afgebrand wat behoort aan ‘n ryk sjebieneienaar.

Niemand is nog in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie.

‘n Polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe sê meer polisiebeamptes sal in die gebied ontplooi word.

Geweld het Sondag uitgebreek nadat die man dood aangetref is in sy slaapkamer maar die motief is nog onbekend op hierdie stadium.

“Lede van die gemeenskap beskuldig ongelukkig die sjebieneienaar dat hy verantwoordelik is,” het Ngoepe in ‘n verklaring gesê.

Hulle het die eienaar se motors, dubbel-verdiepinghuis, kroeg, en sy ouers se huis aan die brand gesteek. Die skade is na raming sowat R4 miljoen.

Tydens die voorval is ‘n familielid van die sjebieneienaar aangerand. Hy het ernstige beserings opgedoen.

Die polisie ondersoek klagtes van openbare geweld, brandstigting, opsetlike saakbeskadiging en aanranding met die opset om ernstig te beseer.

EU kan sanksies teen Rusland ophef

Die Europese Unie kan die moontlikheid van die opheffing van sy sanksies teen Rusland oorweeg as die Oekraïne se territoriale integriteit behoue bly, het die Duitse kanselier Angela Merkel Vrydag gesê.

“Ons sal sien of daar enige vordering in hierdie rigting is. Dan kan ons in die rigting die opheffing van die sanksies beweeg,” het sy tydens ‘n nuuskonferensie gesê ná ‘n vergadering van EU-leiers in Brussel.

Merkel het beklemtoon dat die EU sanksies teen Rusland ingestel het in reaksie op verwikkelinge in die Oekraïne.

Die sanksies kan moontlik opgehef  word teen vroeg aanstaande jaar. ‘n Diplomatieke bron in Brussel het Vrydag gesê staatshoofde asook die Europese Unie sal die Minsk-vredesooreenkoms met belangstelling volg en die moontlikheid van die opheffing van die blok se sanksies teen Rusland op ‘n beraad in Maart 2015 oorweeg.

“Sekere sanksies teen Rusland, kan opgehef kan word op ‘n EU-beraad in Brussel in Maart,” het die bron gesê.

Merkel het ook gesê sy hoop dat die EU-lande ‘n gekonsolideerde posisie sal nastreef.

Die Russiese president, Wladimir Poetin het intussen Westerse sanksies blameer vir die daling van die Russiese geldeenheid.

“Dit is die koste van ons natuurlike begeerte om Rusland te bewaar as ‘n volk, ‘n beskawing en ‘n staat,” het Poetin gesê. Hy het gesê dit het ook weinig met die verwikkelinge in die Krim te make gehad.

“Die Weste het ‘n anti-Russiese houding gehad lank voor die huidige krisis [in die Oekraïne] begin het,” het Poetin gewaarsku. Die bewyse is daar, het hy gesê, wat wissel van “direkte ondersteuning van terrorisme in die Noord-Kaukasus,” tot die uitbreiding van die NAVO en die oprigting van missielstelsel in Oos-Europa, en die manier waarop die Westerse media die Olimpiese Spele in Sochi kwaadwillig gedek het.

Selfs al sit die Russiese beer stil en eet sy bessies en heuning, sal die druk nie ophou nie, het die president gesê. Hy het gesê die Weste wil die Taiga plunder. Daarvoor moet hulle die beer “vasketting, en as hy vasgeketting is, sy tande en naels uitskeur”.

Die roebel het die laaste ruk rekord-laagtepunte bereik. Poetin het op sy jaareind-nuuskonferensie in Moskou gesê die huidige krisis sal op die langste, twee jaar duur.

Hy is van mening dat die Russiese ekonomie vroeër kan herstel indien eksterne faktore verbeter.

Die roebel se waardevermindering beïnvloed tans die rand weens soortgelyke kommoditeituitvoere asook hul ontluikende markstatus.

Die Amerikaanse Senaat het intussen ‘n oorlogsugtige wet bekragtig dat sanksies teen Rusland moet verskerp word. President Obama het die wet van sy handtekening voorsien.

Die Amerikaanse regering sal aan die Oekraïne ook swaar militêre toerusting ter waarde van $350 miljoen lewer.

Rusland het die wet as ‘n uiterste provokasie beskryf wat tot konfrontasie sal lei as diplomasie nie seëvier nie.

Die Amerikaanse minister van buitelandse aangeleenthede John Kerry en sy Russiese eweknie Sergei Lafrow sal op 15 Desember in Rome ontmoet.

Die VSA het pas sanksies teen Kuba opgehef, “omdat dit nie werk nie”.

Polisie plunder saam by Pienaar

Kruideniersware afgelewer
Gesteelde kruideniersware afgelewer

Polisielede het blykbaar die plundertogte by Pienaar as ‘n geleenteheid gesien om self deel te neem.

Vier polisiebeamptes is Donderdag in verband met diefstal en regsverydeling in Mpumalanga hegtenis geneem. Kruideniersware is glo tydens die onlangse onrus in Pienaar gesteel.

Kol. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het gesê die beamptes, tussen 30 en 34 jaar, staan tereg op aanklagte van diefstal, die besit van gesteelde goedere en regsverydeling.

Inwoners van Pienaar naby Nelspruit die polisie Woensdag in kennis gestel dat twee polisiebakkies kruideniersware by ʼn huis in die area aflaai.

Toe die polisie by die toneel opdaag, het ‘n vrou wat daar woon aan die polisielede gesê dat die vier beamptes die kruideniersware by haar huis afgelaai het. Sy het nie geld gehad om hulle te betaal nie.

Die beamptes wou R2 500 vir die kruideniersware ter waarde van R4 000 hê. Toe sy aan die konstabels sê dat sy nie die geld het nie, het hulle gesê hulle sal die geld later by haar kom haal.

Die vrou is in hegtenis geneem vir die besit van gesteelde goedere. Die verdagtes het hulself Donderdag aan die polisie oorgegee.

Hulle sal na verwagting Vrydag in die Kabokweni-landdroshof verskyn.​

Groep dreig met opmars na Kaapstad teen hofbevel

ctprotestDie hooggeregshof in Kaapstad het ‘n dringende hofbevel aan die Kaapstadse metroraad toegestaan om enige onwettige protesoptogte te keer.

‘n Optog van EFF-simpatiseerders en die Kaapstadse Informele Nedersettingsgroep wat vandag gehou word, het sake-ondernemings in die middestad reeds gewaarsku dat hulle hul deure moet sluit.

Vroeër die maand het oproermakers in die middestad omstanders aangerand, vensters gebreek en winkels geplunder.

‘n Woordvoerder van die metroraad, Wilfred Solomons-Johannes, sê die Wes-Kaapse hooggeregshof het die hofbevel tydens ‘n spesiale sitting toegestaan.

Hy sê enige iemand wat help om lede van die Kaapstadse Informele Nedersettingsgroep vir potesoptredes aan te ry, sal met die gereg kennis maak.

Die groep het vroeër gesê die optog sal voortgaan, en hulle sal nie deur ‘n hofbevel verhoed word nie.

Andile Lili, ‘n lid van die Kaapstadse Informele Nedersettingsgroep het egter na die hofbevel teen die optog gesê hulle sal nie meer voortgaan nie.

Lili sê hulle sal appèl aanteken teen die Wes-Kaapse Hooggeregshof se bevel. Hy sê hulle veg vir wat hulle glo is die beste belang van armes.

Volgens Solomons-Johannes is wetstoepassers op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas.

Woede jeens VSA groei in Haïti

In Haïti is woede teenoor die VSA besig om toe te neem weens die feit dat vlugte steeds van die VSA-beheerde lughawe weggewys word.

Verskeie internasionale reddingspanne asook dié van Suid-Afrika is by die lughawe in Haïti weggewys.

Die lughawe by Port-au-Prince is oorvol weens verskeie vliegtuie wat daar geland het om hulpvoorrade af te lewer en bystand in die reddingspogings te verleen.

Intussen het omtrent ‘n duisend mense in een van die strate in Port-au-Prince slaags geraak in plundertwiste. Die mans, gewapen met messe, klippe en hamers, het klere, sakke, speelgoed en ander items uit die beskadigde huise en winkels gesteel.

 

кухни цены украинаФільчаков Олександр Васильович прокурор