EU kan sanksies teen Rusland ophef

Die Europese Unie kan die moontlikheid van die opheffing van sy sanksies teen Rusland oorweeg as die Oekraïne se territoriale integriteit behoue bly, het die Duitse kanselier Angela Merkel Vrydag gesê.

“Ons sal sien of daar enige vordering in hierdie rigting is. Dan kan ons in die rigting die opheffing van die sanksies beweeg,” het sy tydens ‘n nuuskonferensie gesê ná ‘n vergadering van EU-leiers in Brussel.

Merkel het beklemtoon dat die EU sanksies teen Rusland ingestel het in reaksie op verwikkelinge in die Oekraïne.

Die sanksies kan moontlik opgehef  word teen vroeg aanstaande jaar. ‘n Diplomatieke bron in Brussel het Vrydag gesê staatshoofde asook die Europese Unie sal die Minsk-vredesooreenkoms met belangstelling volg en die moontlikheid van die opheffing van die blok se sanksies teen Rusland op ‘n beraad in Maart 2015 oorweeg.

“Sekere sanksies teen Rusland, kan opgehef kan word op ‘n EU-beraad in Brussel in Maart,” het die bron gesê.

Merkel het ook gesê sy hoop dat die EU-lande ‘n gekonsolideerde posisie sal nastreef.

Die Russiese president, Wladimir Poetin het intussen Westerse sanksies blameer vir die daling van die Russiese geldeenheid.

“Dit is die koste van ons natuurlike begeerte om Rusland te bewaar as ‘n volk, ‘n beskawing en ‘n staat,” het Poetin gesê. Hy het gesê dit het ook weinig met die verwikkelinge in die Krim te make gehad.

“Die Weste het ‘n anti-Russiese houding gehad lank voor die huidige krisis [in die Oekraïne] begin het,” het Poetin gewaarsku. Die bewyse is daar, het hy gesê, wat wissel van “direkte ondersteuning van terrorisme in die Noord-Kaukasus,” tot die uitbreiding van die NAVO en die oprigting van missielstelsel in Oos-Europa, en die manier waarop die Westerse media die Olimpiese Spele in Sochi kwaadwillig gedek het.

Selfs al sit die Russiese beer stil en eet sy bessies en heuning, sal die druk nie ophou nie, het die president gesê. Hy het gesê die Weste wil die Taiga plunder. Daarvoor moet hulle die beer “vasketting, en as hy vasgeketting is, sy tande en naels uitskeur”.

Die roebel het die laaste ruk rekord-laagtepunte bereik. Poetin het op sy jaareind-nuuskonferensie in Moskou gesê die huidige krisis sal op die langste, twee jaar duur.

Hy is van mening dat die Russiese ekonomie vroeër kan herstel indien eksterne faktore verbeter.

Die roebel se waardevermindering beïnvloed tans die rand weens soortgelyke kommoditeituitvoere asook hul ontluikende markstatus.

Die Amerikaanse Senaat het intussen ‘n oorlogsugtige wet bekragtig dat sanksies teen Rusland moet verskerp word. President Obama het die wet van sy handtekening voorsien.

Die Amerikaanse regering sal aan die Oekraïne ook swaar militêre toerusting ter waarde van $350 miljoen lewer.

Rusland het die wet as ‘n uiterste provokasie beskryf wat tot konfrontasie sal lei as diplomasie nie seëvier nie.

Die Amerikaanse minister van buitelandse aangeleenthede John Kerry en sy Russiese eweknie Sergei Lafrow sal op 15 Desember in Rome ontmoet.

Die VSA het pas sanksies teen Kuba opgehef, “omdat dit nie werk nie”.

EU bemoedig deur Oekraïne-vredespogings

Die Europese Unie het gesê hulle is bemoedig deur onlangse verwikkelinge in die Oekraïne.

EU-ambassadeurs het in Brussel byeengekom om die situasie in die Oekraïne te bespreek.

‘n Woordvoerder sê die EU sal die opheffings van sanksies teen Rusland oorweeg wanneer die situasie in die Oekraïne dit toelaat.

Hulle wil toesien dat die Minsk-vredesooreenkoms tussen pro-Russiese seperatiste en die Oekraïense magte beter afgedwing word.

Die EU het voorts hulpmaatreëls van ongeveer 165 miljoen euro aangekondig vir boere wat geraak word deur ‘n Russiese verbod op die invoer van Europese landbouprodukte.

Die VSA en NAVO het met militêre optrede gedreig en sanksies afgeroep en nadat hulle Rusland sonder enige getuienis daarvan beskuldig het dat hulle ‘n passasiersvliegtuig, die MH17, oor die Oekraïne afgeskiet het.

Dit blyk nou dat die VSA moontlik self die lugramp veroorsaak het van byna 200 Nederlanders se lewens gekos het en dit probeer toesmeer.

Rusland het verlede maand ‘n jaarlange verbod op landbou-invoere uit onder meer die EU asook die VSA ingestel in reaksie op die felle Anglo-Amerikaanse poging om die land te destabiliseer.