Drie swartes het ‘n jong egpaar op hul plaas buite Sundra in die Delmas-distrik aangeval.
Die drie het gedreig om die ma te verkrag en ’n vuurwapen teen die pa se kop gedruk, het Netwerk24 berig.
Gideon Steenberg (38) en sy vrou, Annetjie (30), se seun Ronaldo was nie tuis ten tyde van die voorval nie.
Gideon het wakker geword van een van die aanvallers se selfoonflits. Twee van die swartes het .38-Special-rewolwer en ’n 9 mm-pistool teen sy kop gedruk.
Die derde aanvaller was ongewapen.
Hulle het die egpaar vasgebind en die huis byna volledig geplunder.

Worden er nu al ‘selfoonflitse’ gemaakt om marteling en teistering als deel van Plaasmoord als deel van Genocide te fotograferen, in deze anc sacp schurkenstaat ?
Alarmroep oor Afrikaner se veiligheidstoestand deur spesialis
Te midde van ‘n verhewiging van die terreuraanslag op die Afrikanervolk dwing die vraag of die eie veiligheidstrukture wat die Afrikanervolk met groot moeite en teen groot koste onderhou, nie nou in duie stort nie.
In sy borsskoonmakery word daar deur ‘n leidende lig in die Afrikaner se veiligheidsgmeenskap vinger na AfriForum gewys en deur hom verklaar hy twyfel of “enige aksie” van AfriForum “misdaadvoorkomend kan wees”.
Die segsman, Lukas Swart van die AKSKA-maatskappy, herhaal in ‘n skrywe op sy webwerf ontstellende bewerings dat die terreuraanslag op die Afrikanervolk deur Blankes (“Wit gemeenskapsleiers”), beplan word. Dit strook met bewerings deur die Zimbabwese politikus, Roy Bennett, oor die aanslag op Zimbabwe se Wit boere wat hy op meer geleenthede, ook op 29 Mei 2012 in die Mount Nelson Hotel in Kaapstad, gemaak het. http://messagefromafrica.com/
Dit wil voorkom of die voorval op die plaas van die Van der Westhuizens buite Parys die boere se verset teen die Swart moordtog smoor, die ANC-regime wat hierdie voorval waarin twee terroriste beswyk het in ‘n omvattender strategie waarin die geringste aanduiding van Swart slagofferskap onder ‘n beweerde Wit aanslag in die nuusmedia (staat en privaat), uitbasiuin word.
Swart skryf:
Die goed krap vir my erg om. 1. Omdat dit nie nodig is om te gebeur nie, en 2. Omdat ons kan doen, net wat ons wil, die mense wil nie hoor dat ons dit kan voorkom nie.
Verlede maand het ’n whats-app groep se leiers, waarvan sommige van hulle self by misdaad betrokke is, aangevoer dat ek net wil geld maak en daarom sal hulle nie na my luister nie. Hoe siek is dit?
Ek is die een wat hierdie navorsing in die weermag begin het. Nadat dit te na aan die kriminele gekom het, en die regering my bedreig het, was ek deur general Deon Ferreira beskerm omdat hy my toe by CJ-o.p.s. (Chief Joint Operations) betrek het, om van daar af, amptelik hierdie kennis aan die boere en weermag eenhede en aan die polisie oor te dra.
Nadat die president van die land die mandaat van die weermag verander het en hy die kommando’s toegemaak het, moes ek n keuse maak. Gaan ek in die buiteland geld maak deur in Sudan en Angola ontplooi te word, of breek ek weg om die navorsing binnelands, op my eie koste voort te sit?
En dit was toe my keuse om self op my eie bene te staan en om my inligtingsnetwerk, terwille van die navorsing ( Wat nog nie klaar is nie) persoonlik in stand te hou. Vandag kos die besigheid my hel baie geld per maand en ek kan self nie by die bank, uit my eie oortrokke fasiliteit kom nie, terwyl boereverenigings wat my dienste huur, my nie vir die kursusse wat ek aangebied het, betaal nie.
Maar vergelyk dit nou met hierdie ou se aanval wat hom nou al meer as R600 duisend uit die sak gejaag het, net omdat hy nie geweet het hoe om dit te voorkom of af te weer nie. En dan moet hy sommer in die Bybel wys waar daar onvoorwaardelike vergifnis staan.
Wat my moed nog meer breek. Ek het in een gemeenskap meer as R650 000 ingestoot om die gemeenskap teen misdaad weerbaar te maak. En toe hulle strukture mooi loop en dit moet beteken dat hulle die geld op n maandelikse basis begin terugbetaal om sodoende ook ons inligtings vermoë in hulle gebied lewend te hou, besluit hulle om Afri-forum toe te gaan omdat dit goedkoper is. Ek het niks teen Afri-Forum nie, maar ek betwyfel tog sterk of enige van hulle aksies ooit misdaad voorkomend kan wees.
Afri-Forum se suksesse is op plekke waar die buurtwagte by AKSKA ingeskakel het en waar ons help om hulle kennis teen beplande misdade skerper te maak. Waarom moet elkeen op sy eie drol bly en wat het van “eendrag maak mag” geword?
En dan is daar die redenasie wat my stom slaan. Ons identifiseer misdaad bedreigings, voorkom dit sodat dit nie gebeur nie en dan vra die slim manne in die omgewing. “Maar daar het dan niks gebeur nie?” Wat de duiwel moet gebeur wanneer ons dit voorkom het om te gebeur?
Uit hierdie land se 53 miljoen inheemse bevolking is daar meer as 36.7 miljoen mense wat nooit werk sal kry nie. Ongeveer 7 miljoen kry toelaes wat dit meer as 29 miljoen mense maak wat nooit in hulle lewe, werk sal kry nie en wat geen hoop het om kos op hulle tafel te sit nie. Ons praat nie eeers van die uitlanders nie. Wie wil nou 29 miljoen mense in die tronk sit? Kan Afri forum en die SAP en die buurtwagte dit regkry? En as hulle dit kan regkry, hoeveel nuwe tronke moet daar gebou word en wat gaan dit die 1% wat belasting betaal, kos?
Hoe dom kan ‘n mens wees om met ander mense se lewens te speel? Moet ek nog my tyd in hierdie land mors? Moet ek regtig teen oud kommando bevelvoerders baklei omdat hulle ego’s hulle verstand rede en logika verkalk het? Moet ek nog die boere organisasies help terwyl hulle leiers en leier ouderlings elke jaar met die gesteelde diesel, wat van hulle bure gesteel is en waarmee hulle teen R4.50 per liter ploeg en plant? Moet ek gemeenskappe se veediefstal verminder omdat die gesiene boere wat die meeste skade ly, self hulle beeste vir onwettige diamante verruil, wat op eerbare delwers se delwerye gesteel word?
Ek is jammer vir boere wat vir die sondes van hulle gemeenskapsleiers moet betaal. Ek is ook jammer dat hulle deur hierdie skelms ontmoedig en verhoed word om die regte kennis te bekom.
Hierdie jaar gaan ek my teikenmark verander en die boere wat nog hierdie kennis wil hê, sal nou self moeite moet doen om dit te bekom. Ek gaan nie weg nie. Eenvoudig omdat ek dit nie kan bekostig nie. Dit was my keuse om hierdie besigheid, my brood en en botter terwille van ander mense se veiligheid te maak. Dit het my duur gekos. Vandag het ek hoegenaamd niks op my naam nie. Nie eiendom nie en ook nie geld nie. Waarom is dit so? Waarom mag ek nie toegelaat word om oplossings teen misdaad te gee nie. Eenvoudig omdat die magte agter die meeste plaasaanvalle, huisbrake, rowe en diefstal van waterpompe en diesel, wit gemeenskap leiers is.
En wil julle my uitnooi om dit vir julle te kom bewys? Ek sal dit met graagte doen. Maar wanneer julle my uitnooi of wil uitnooi, moet julle dalk mooi na die mense kyk wat die besoekie wil opponeer. En ja. Ek sal julle geld vra om dit te doen, eenvoudig omdat ek aan die einde van die maand verpligtinge het om na te kom en omdat my voertuig nie op liefde of water loop nie en omdat my tyd ook iets werd is.
En as julle dalk te bang is om die waarheid te weet, spaar maar julle geldjies vir die hospitale. Hierdie inset wat Alet geplaas het, het nou reeds vir jou gewys dat jou mediese plan, meer as R600 000 moet kan hanteer. Dit is nou as jou vrou nie ook seerkry nie. En amper vergeet ek. Hospitale vra nie halfprys vir kinders nie.
Die keuse bly by elke huis. Vrek in vrede vir die res van jou lewe of breek weg na die kennis, wat net AKSKA vir jou kan gee. En as die vrek opsie jou keuse vir jou en jou gesin is, maak vrede met jou besluit en staan daarby. AKSKA is klaar gespook om jou te oortuig of om jou te bereik. Ons bewyse is gedokumenteer en selfs in die hof bewys. Van nou af gaan ons nie meer tyd en energie op egoïstiese idiote spandeer nie, As jy jou deur hierdie kriminele idiote wil laat lei, bly die gevolge wat met jou gesin gebeur, uiteindelik die resultaat jou eie besluit.
En as jy al die voordeel om deel van AKSKA te wees persoonlik ervaar het of jy weet van mense wat sel lewens as gevolg van ons kennis vandag nog sorgeloos lewe, maak ons aan jou vriende bekend. AKSKA gaan nie meer alleen verantwoordelikheid ervaar om mense van ons bewus te maak nie. As elke leser wat hier lees, nie nie sy vriende en familie by ons betrokke kry nie, sal hulle bloed op julle hande wees. http://www.akskagroep.com/showthread.php?1911-Plaasaanvalle-as-prioriteit-Alet&p=16481#post16481