praag.co.za

Draaipunt vir samewerking tussen DA, EFF

Written by

in

,

Die leier van die opposisie, Helen Zille, sal uittree as leier van die DA.

Zille het Sondag op ’n dringende vergadering van die party se federale raad aangekondig sy gaan haarself nie beskikbaar stel vir nog ’n termyn as partyleier tydens die party se nasionale konferensie later vandeesmaand in Port Elizabeth nie.

Sy sou die enigste kandidaat as na­sionale leier gewees het. Met dié aankondiging wil die DA ‘n nuwe leier se beeld betyds vir die volgende verkiesing begin afstof.

Mmusi Maimane is die gunsteling om by Zille oor te neem.

Sy samewerking met die EFF in Februarie, toe albei partye saam pres. Jacob Zuma tydens die debat oor die staatsrede aangeval het, was klaarblyklik die draaipunt vir die swart siening van hom as nie net ‘n blote wit werktuig nie.

Zille het in 2007 by Tony Leon as DA-leier ­oorgeneem en dien sedert 2009 as Wes-Kaapse premier.

Dit blyk Zille sal aanbly as premier van die Wes-Kaap.

Alhoewel Zille beweer dat sy nie weer betrokke sal raak by interne leierskapkwessies nie, is dit bekend dat sy Maimane steun as haar opvolger.

Zille sê ouderdom is nie ter sprake nie, maar slegs dat die nuwe leier geskik vir die pos en voortreflik moet wees.

Die leier van die DA in die Oos-Kaap, Athol Trollip en Zille het in die verlede koppe gestamp toe sy vir Lindiwe Mazibuko as parlementêre leier bó Trollip aangewys het.

Trollip het haar destyds daarvan beskuldig dat sy ingemeng het by die party se demokratiese proses deur ‘n swarte aan te wys.

Die DA sukkel om swart kiesers te oortuig dat hulle nie ‘n wit party is nie.

Comments

4 responses to “Draaipunt vir samewerking tussen DA, EFF”

  1. G Avatar
    G

    Zille se samewerking met die EFF was dus die rede dat Zuma nou aangekondig het dat die ANC ekonomiese bevryding sal nastreef. Hierdie teef weet darem net hoe om die situasie in die land al hoe verder te versleg.

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Sy voer maar net die plan uit.

  2. Witbeer Avatar
    Witbeer

    good riddance of bad rubbish, die Zol gaan deur nog n kommunis vervang word, duidelik swart.
    Wie gaan nou klippe vang met die kop en die oussies soen op kamera?

  3. Jared van Niekerk Avatar
    Jared van Niekerk

    En so word die DA net nog ‘n swart, nasionalistiese party. Moesie, die swart groeisel op die DA se vel, is ‘n openlike bewonder van die Afronasionalis, Mbeki.

    Verwag al hoe meer openlike steun vir rassisme met Moesie as die leier.

Leave a Reply