Provinsies en stadsrade ondermyn demokrasie met nuwe wetgewing

Vernietig openbare deelnameproses landswyd en sentraliseer mag

KAAPSTAD. – Die Stad Kaapstad onder aanvoering van burgemeester Patricia de Lille en die DA Alliansie probeer tans drakoniese munisipale wetgewing deur die stadsraad gevoer te kry wat die amptenary in absolute beheer oor die woonomgewing van elke inwoner sal plaas.

Hierdie munisipale konsep-verordening waarmee Kaapstad nou besig is, volg op die nasionale Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruik wat verlede jaar in September deur die volksraad aanvaar is. Dit is gevolg deur Wet nommer 3 van 2014, die Wet op die Bestuur van Grondgebruik, wat in Februarie vanjaar deur die Provinsiale Rade aanvaar is en vir elke provinsie in die land geld. Albei hierdie wette word in September vanjaar van krag.

Die deurlopende beleid wat in hierdie opeenvolgende wette vervat is, is onteenseglik gerig op die sentralisering van provinsiale en munisipale mag, en die afskaling van openbare deelname en burgerlike insae in die regeringsproses.

Die Wet op die Bestuur van Grondgebruik bied ‘n bloudruk vir die skep van verdere munisipale verordeninge om openbare deelname tot niet te maak en munisipale mag te verskerp. Die meeste munisipaliteite gebruik reeds die provinsiale wetgewing om delegasiemagte aan burgemeesters en munisipale bestuurders oor te dra. Hierdie stadsraadslede en munisipale amptenare verkry gevolglik ongekende mag om despoties oor belastingbetalers te heers.
Die openbare deelnameproses is een van die min oorblywende magte wat Jan Publiek nog het om in ‘n mate die aard en status van sy woonomgewing te beheer en despotiese mag van amptenare en stadsraadslede af te weer.
Slaag die provinsies en stadsrade later vanjaar in hul doel, sal elke inwoner landswyd maar net gelate kan toekyk hoedat amptenare, burgemeesters en stadsraadslede na willekeur besluit wat in die woonbuurte mag gebeur en wat nie. So sal een van die belangrikste pilare van die demokrasie in Suid-Afrika val.

Kapitaalkragtige en invloedryke ontwikkelaars, byvoorbeeld, sal kan sloop en bou net soos hulle wil sonder om enige woonbuurt se aard en status, asook die regte, gevoelens en wense van die inwoners, hoegenaamd in ag te neem.
Die ontwikkelaars se vriende in die stadsraad en amptenary gaan hulle vrye teuels gee omdat groot kapitaal in die spel is. Kaapstad noem en roem homself tans daarop dat hy die Ontwikkelingshoofstad van die Wêreld is.

Geen hofaksie sal die amptenary en hul magtige vriende dan kan keer nie, want die openbare deelnameproses sal dan nie meer bestaan nie.

Dit is in landsbelang dat elke burgerlike eiendomseienaar alle druk op hul politieke verteenwoordigers plaas om die huidige poging tot sentralisasie van mag deur die provinsies en munisipaliteite, gesteun deur die sentrale regering, te stuit.

– praag-korrespondent in Kaapstad

* * *

COMMENT ON CITY OF CAPE TOWN DRAFT MUNICIPAL PLANNING BYLAW (version A1)

compiled by ML Roux

on behalf of the Habitat Council and CAPTRUST

This comment is submitted on behalf of the Habitat Council and of the Cape Environmental Trust (CAPTRUST)

Further to these four pages of comment, we also attach a summary in Excel format of certain problematic sections of the bylaw  which identify to what extent democratic principles are ignored by the Bylaw.

 

  1. Public participation

In general , it would appear that there is a (deliberate?) failure to give a proper place in the system to Public Participation. We believe this to be contrary to the Constitution and to PAJA and NEMA.  It smacks of an invidious centralization of power, and is undemocratic. We urgently request that the provision for public participation be brought in line with the provision in these three Acts.

  1. Principles and policy

 

Although the Bylaw purports to deal with development principles, it does not provide us with the comprehensive policy  the City intends to apply  with respect to land use decisions . Such  policy must, after all,  guide decision-making.

 

In terms of  Section 3(7) of Land Use Planning Act [LUPA (Act 3 of 2014)], the Provincial Minister must support municipalities to perform their land use planning functions through appropriate measures, including one or more of the following –

S 3(7)(b) issuing standardised models or drafts of municipal policy, by-laws, decisions and forms

At what stage will the City provide us with the policies they will be applying when making decisions?

Basis of assessment of land use applications

S 49 of LUPA reads that, at the least, regard must be had to –

  1. Spatial Development  frameworks

  2. Applicable structure plans

(c) Principles in Chapter VI [of LUPA,  see below]

(d) the desirability of the proposed land use

 

Land Use Planning Principles listed in Chapter VI  of LUPA

We quote the following instances:

LUPA S 59(2)  Land use planning is guided by the following principles of spatial sustainability:

  1. Land use planning should

(ii)  ensure protection of prime, unique and high potential agricultural land

  1. The sustained protection of the environment should be ensured by having regard to the following:

  1. Natural habitat, ecological corridors and areas with high biodiversity importance

  2. The provincial heritage and tourism resources

  3. Areas unsuitable for development, eg. flood plains, steep slopes, wetlands… and landscapes and natural features of cultural significance

 

Note the reference to heritage resources and cultural significance. These terms, for example, occur  nowhere in the Bylaw.

    3.    Scant mention of protection of the environment in the Bylaw

[Compare the requirements of the Land Use Planning Act [LUPA (Act 3 of 2014)]

Only in 10(2)(c) of the Bylaw is there mention of environmental features (environmentally sensitive areas, and high potential agricultural land) that must be mentioned in a Spatial Development Framework.

 

LUPA makes far more detailed and frequent mention of environmental protection.

It determines that the Provincial Minister must monitor provincial land use planning and the impact of one or more of the following matters on provincial land use planning:

Lupa S3(5)(f)  Protection of biodiversity, heritage, and agricultural resources.

 

LUPA S 10(3)(d) mentions heritage, agricultural and tourism resources of provincial importance.

 

A municipal spatial development framework must be aligned with the provincial development plans and strategies and must include a map identifying at least the following in the municipal area.

LUPA S 10(3)(e) reads, “where relevant, area of recognized provincial ecological value, including –

  1. Nature conservation areas

  2. Areas of high biodiversity value

  3. Areas requiring dedicated soil conservation

  4. …

  5. Areas requiring dedicated strategies to adapt to climate change and mitigate the impact of climate change.”

Does the City not consider it necessary to give prominence to environmental aspects??

Chapter 6, Part 8  of the Bylaw:  CONDITIONS at long last mentions some environmental features:

S 40(1) When a municipality approves a land use application subject to conditions, the conditions must be reasonable conditions and must arise from the approval of the proposed utilization of the land.

S 40(2) These may include

(e) agricultural or heritage resource conservation

(f) biodiversity conservation and management.

 

  1. Locus standi

 

It is not made clear in the Bylaw that the public, whether  concerned individuals  or NGOs,  will have locus standi, such as is bestowed  in S43 of  NEMA and S 38 of the Constitution. We furthermore need to have it stated clearly in the Bylaw that persons or organizations litigating in the public interest will not be held liable for legal costs.

 

  1. Establishment of Municipal Planning Tribunals

 

A municipality must, in order to determine land use and land development applications within its municipal area, establish a Municipal Planning Tribunal.  With respect to the composition of a Municipal Planning Tribunal, (see S114(1)(d)), we ask that an appropriately qualified independent designated representative of a local civic or conservation organization  be included among the members of the  tribunal who are not officials.

 

  1. The appeal process

We have not been able to gain clarity on what the position is regarding appeals. We must trust that what the Bylaw prescribes will be in line with the requirements of PAJA and the Municipal Systems Act.

The following sections must be commented on:

Section 113 (2) – the appeal authority must be an impartial assessor unconnected with the City’s political or administrative structure.  As proposed, the appeal authority is judge and jury in its own cause, which is contrary to the country’s constitution

Section 114 (1) – the number of members of the Tribunal who are not officials must exceed the number who are officials

Section 118 (1) – the Tribunal must elect its chairman and deputy chairman from among its members.  A City designation of these detracts from the impartiality of the Tribunal’s decisions

 

Kindly acknowledge receipt of this submission.

Youurs sincerely

 

Marie-Lou Roux

Oproerige stakers vandaliseer Sasolburg-munisipaliteit, kliniek

Die polisie moes van rubberkoeëls skokgranate gebruikmaak om oproeriges in Sasolburg uiteen te jaag.

Stakende werkers van Sasolburg se Metsimaholo-munisipaliteit het amok gemaak, het die Vrystaatse polisie gesê.

“Die werkers het die munisipaliteitgebou Woensdag met klippe bestook,” het ‘n polisiewoordvoerder, ao. Sellwane Mapamela, gesê.

Betogers het die munisipaliteitgebou sowel as ‘n kliniek gevandaliseer.

Werkers van die munisipaliteit het dié week oor salarisse begin staak.

Intussen het minister van samewerkende regering, Pravin Gordhan gesê die onderneming dat alle munisipaliteite teen die einde van die jaar skoon oudits sal ontvang, is onrealisties.

Gordhan sê die interministeriële taakspan oor dienslewering sal eersdaags vergader om haalbare teikens te bespreek.

Hy het in Port Elizabeth gesê net bevoegde personeel in finansiële poste kan ‘n oplossing bied vir die huidige swak ouditresultate.

Operasie skoon oudit is verlede jaar deur die voormalige minister, Sicelo Shiceka geloods.

 

Opposisie-goewerneur aangekeer vir terreuraanvalle in Kenia

Die goewerneur van die Lamu-gebied in Kenia is in verband met die drie onlangse terreuraanvalle aangekeer.

Meer as 60 mense is dood in die aanvalle.

Pres. Uhuru Kenyatta hou plaaslike politieke netwerke vir die menseslagting verantwoordelik.

‘n Terroristegroep Al-Sjabaab, het intussen ook aanspreeklikheid vir die Mpeketoni-aanvalle aanvaar.

“Goewerneur Issa Timamy is in aanhouding,” het die hoof van Kenia se spesiale ondersoekeenheid, Ndegwa Muhoro, gesê.

Timamy sal Donderdag in die hof sal verskyn.

“Daar is verskeie aanklagte teen hom wat verband hou met die onlangse aanvalle in Mpeketoni,” het Muhoro gesê sonder om meer inligting bekend te maak.

Dié bewerings het die politieke spanning tussen Kenyatta en opposisie partye verder laat opvlam.

Ramaphosa dink Ethiopië is ‘n baken van persvryheid

Baie waarnemers sien in ons adjunk-president ‘n man met die potensiaal om die waardigheid en integriteit van die hoogste amp in die land te herstel.

Die miljardêr Cyril Ramaphosa het ‘n “presidensiële en staatsmanagtige teenwoordigheid” by die meeste van sy openbare optredes sedert die aanvaarding van sy posisie as Zuma se tweede-in-bevel.

Maar sy onlangse toespraak het ongelukkig meer herinner aan die voormalige vakbondleier wat die ANC-onderhandelinge tesame met Roelf Meyer in die aanloop tot die 1994-verkiesing gelei het.

Verlede Vrydag het hy as gasspreker opgetree by die jaarlikse Nat Nakasa-toekenning vir dapper joernalistiek, aangebied deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum.

Ramaphosa het die media gevra om positiewe stories oor ‘n Afrika-kontinent wat groei en ontwikkel te vertel, ‘n vasteland wat “begin om sy regmatige plek in die wêreld te neem”.

Bemoedigende woorde. Maar vir Ramaphosa is ‘n massiewe behuisingsontwikkeling in Addis Abeba, Ethiopië, ‘n voorbeeld van die soort van sukses waaroor die media nie berig nie.

Regtig? Ethiopië beskou persvryheid as sinoniem met terrorisme.

Ethiopiese joernaliste leef in vrees want baie word summier tronk toe gestuur as hulle dit durf waag om die regering te kritiseer.

Om Ethiopië te noem as ‘n voorbeeld van Afrika-sukses by ‘n byeenkoms wat hulde bring aan moedige joernalistiek, is op sy beste ‘n klug.

Eskinder Nega, heet een van die joernaliste wat tans in die tronk sit. Daar is ook Salomo Kebede, Wubset Taye, Reyot Alemu, en Yusuf Getachew.

Daar is ander Afrika-lande waar dit effens beter met joernaliste gaan. Hoekom dan Ethiopië uitsonder, ‘n land met ‘n verskriklike menseregterekord?

Hulle regering verstaan steeds nie die basiese reg op vryheid van uitdrukking en assosiasie nie.

Maar miskien meen Ramaphosa dit pas by Nat Nakasa, die eerste swart joernalis van die eertydse giftige Boerehaatkoerant, die Rand Daily Mail.

Nadat Nakasa ‘n beurs ontvang het om by Harvard in die VSA te studeer, wou die destydse wit regering nie ‘n paspoort aan hom uitreik nie aangesien dit duidelik was dat hy onder die invloed van gewetenlose geweldaanstigters verkeer.

Hy het besluit om onwettig na die VSA te reis, maar daar tot sy skok ontdek dat wit Amerikaners nie veel van swartes hou nie. Hy wou glo graag terugkeer na ‘n vriendeliker Apartheid-Suid-Afrika.

Hy het daarna na bewering selfmoord gepleeg weens akute depressie deur uit ‘n hoë gebou in New York te spring.

Daar is egter diegene wat spekuleer dat hy gestamp is omdat hy van die ideologiese projek afgedwaal het.

 

Gebou stort ineen met skrootmetaaldiewe

Daar is vermoedelik nog mense onder die puin van ‘n gebou in Soweto wat ineengestort het.

Een persoon is Woensdag dood gevind. Die vyfde man wat steeds in die puin vasgekeer is, se arm sal afgesit moet word sodat hy gered kan word.

Hy is vroeg vanoggend uitgehaal onder die puin.

Nog vier mans is vroeër gered. Hulle het na bewering skrootmetaal gesteel toe die gebou meegegee het.

Die gebou in Power Park, Soweto, het Woensdag ineengestort, het die Johannesburgse nooddienste gesê.

“Al vier mense wat ons gedink het vasgekeer was daar, is gered, maar nou is ‘n vyfde persoon vasgevang aan die ander kant van die puin,” het woordvoerder Nana Radebe gesê.

Vroeër, het Radebe gesê paramedici het ‘n oproep van ‘n beseerde man ontvang wat beweer het deel van ‘n groep wat na bewering probeer het om kabels en metaal te steel in die gebou is.

Radebe het gesê die vyfde man is teen die grond vasgepen deur ‘n balk wat op sy hand rus.

Hy is by sy bewussyn en kommunikeer met reddingswerkers.

“Daar is te veel rommel en metaal dus sal soek-en reddingspanne met behulp van gespesialiseerde toerusting probeer om hom uit te kry,” het Radebe gesê.

“Die gebou moet gestabiliseer word voordat hy gered kan word.”

Die vyf wat gered is het ernstige beserings opgedoen, en is na ‘n hospitaal geneem.

Radebe was onseker of reddingspogings sal voortgaan deur die nag. Hulle sal vanoggend die soektog hervat.

Die polisie in Soweto sê hulle is besig met ‘n ondersoek na die omstandighede wat gelei het tot die ineenstorting.

‘n Klag van diefstal sal aanhangig gemaak word sodra die ondersoek na die ineenstorting van ‘n gebou afgehandel is. ‘n Woordvoerder het ontken dat hulle ingelig is dat diefstal van metaal reeds ‘n ruk lank by die gebou voorkom.

 

Sonkrag gaan glo swart skoolprestasie verbeter

Die grootste sonkrag-ontwikkelaar ter wêreld, Skypower van Kanada hoop Suid-Afrika se swart onderwysprestasie sal verbeter en brande in lokasies sal binnekort iets van die verlede wees.

Skypower het 5000 sonkragligte aan swart skoolkinders in arm gemeenskappe geskenk.

Die sonligte sal glo kerse te vervang wat swart leerlinge laataand moet gebruik waneer hulle studeer en daardeur hul skoolwerk negatief beïnvloed.

Na raming is daar 600 miljoen mense in landelike dele van Afrika wat aangewese is op die gebruik van hoogs vlambare, duur en besoedelende paraffienlampe vir lig.

Die minister van Handel en Nywerheid, Rob Davies het die skenking verwelkom.

Hy sê onderwys en opvoeding is ‘n fundamentele kwessie in Suid-Afrika wat lewens kan verbeter.

Voorsitter van AU, DA blêr saam oor grondgryp

Die voorsitter van die Afrika Unie, Dr Nkosazana Dlamini-Zuma sê “landbou het die potensiaal om armoede en hongersnood binne die bestek van een geslag uit te wis”.

Die beraad fokus glo op landbou en voedselsekerheid in Afrika. Die vasteland, met die uitsondering van Suid-Afrika, het ‘n haglike geskiedenis van beide.

Dié versekering kom nadat die ANC wetgewing voorgestel het wat kommersiële landbou in Suid-Afrika sal vernietig, die banke negatief sal raak en tans die land se voedselsekerheid bedreig.

Dlamini-Zuma sê dit kan bydra tot die industrialisasie van die vasteland.

President Jacob Zuma, haar gewese man, sal die beraad bywoon en lei ‘n afvaardiging van vier kabinetsministers.

Sy het ‘n vergadering van buitelandse sake-ministers toegespreek voor die AU beraad wat Woensdag in Malabo in Ekwatoriaal Guinee begin.

Die DA het intussen voorgestel dat die Wes-Kaap ‘n eie grondhervormingsprogram loods om die gedagte van grondgryp in daardie provinsie lewendig te hou.

Die DA het die ANC-regering daarvan beskuldig dat sy grondhervormingsplanne misluk het en hulle nie in staat is om dit sinvol verder te voer nie.

Dit is nie seker hoekom grondhervorming hoegenaamd “sinvol” kan wees nie, aangesien dit alle eiendomstransaksies uiteindelik raak.

‘n DA-woordvoerder oor grondhervorming, Thomas Walters het tydens ‘n mediakonferensie vroeër voorgestel dat die DA sy eie loodsprojek in die Wes-Kaap begin.

Dit volg na ‘n beleidsvoorstel van die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Gugile Nkwinti, dat boere 50 persent van hulle grond aan werkers moet afstaan.

 

Toiletoorlog in Kaapstad woed voort

Die toiletoorlog in die Wes-Kaap duur voort.

Skade aan toilette in die Kosovo-lokasie in Phillipi in Kaapstad word op sowat ‘n halfmiljoen rand beraam.

Raadslid Ernest Sonnenberg sê 14 kleinhuisies is Saterdag deur vandale beskadig en nog 100 eergister.

Hy sê aansienlike bedrae geld word aan die herstelwerk van beskadigde toilette in lokasies bestee.

Sonnenberg sê dienslewering in die gebiede baat nie by die beskadiging van toilette nie.

Die voorsiening van toilette is glo deur ‘n lang proses van openbare deelname voorafgegaan, maar dit het die vandale blykbaar aangevuur.

Inwoners sê dat die skuldiges nie die hele gemeenskap verteenwoordig nie.

Sonnenberg sê hulle sal wag tot die “probleem” opgelos is, voordat nog toilette verskaf word.

Intussen het oproeriges by Macassar naby Somerset-wes in die Wes-Kaap Woensdag bedaar na gewelddadige protesoptrede wat Dinsdag uitgebreek het.

Inwoners wat beswaar maak teen die voorgestelde veskuiwing van uitgesette inwoners van Lwandle na die gebied, het verskeie paaie met brandende bande versper en klippe na polisievoertuie gegooi.

Vyftien mense is op aanklagte van openbare geweld in hegtenis geneem.