Daar is vermoedelik nog mense onder die puin van ‘n gebou in Soweto wat ineengestort het.
Een persoon is Woensdag dood gevind. Die vyfde man wat steeds in die puin vasgekeer is, se arm sal afgesit moet word sodat hy gered kan word.
Hy is vroeg vanoggend uitgehaal onder die puin.
Nog vier mans is vroeër gered. Hulle het na bewering skrootmetaal gesteel toe die gebou meegegee het.
Die gebou in Power Park, Soweto, het Woensdag ineengestort, het die Johannesburgse nooddienste gesê.
“Al vier mense wat ons gedink het vasgekeer was daar, is gered, maar nou is ‘n vyfde persoon vasgevang aan die ander kant van die puin,” het woordvoerder Nana Radebe gesê.
Vroeër, het Radebe gesê paramedici het ‘n oproep van ‘n beseerde man ontvang wat beweer het deel van ‘n groep wat na bewering probeer het om kabels en metaal te steel in die gebou is.
Radebe het gesê die vyfde man is teen die grond vasgepen deur ‘n balk wat op sy hand rus.
Hy is by sy bewussyn en kommunikeer met reddingswerkers.
“Daar is te veel rommel en metaal dus sal soek-en reddingspanne met behulp van gespesialiseerde toerusting probeer om hom uit te kry,” het Radebe gesê.
“Die gebou moet gestabiliseer word voordat hy gered kan word.”
Die vyf wat gered is het ernstige beserings opgedoen, en is na ‘n hospitaal geneem.
Radebe was onseker of reddingspogings sal voortgaan deur die nag. Hulle sal vanoggend die soektog hervat.
Die polisie in Soweto sê hulle is besig met ‘n ondersoek na die omstandighede wat gelei het tot die ineenstorting.
‘n Klag van diefstal sal aanhangig gemaak word sodra die ondersoek na die ineenstorting van ‘n gebou afgehandel is. ‘n Woordvoerder het ontken dat hulle ingelig is dat diefstal van metaal reeds ‘n ruk lank by die gebou voorkom.
