Daar is vermoedelik nog mense onder die puin van ‘n gebou in Soweto wat ineengestort het.
Een persoon is Woensdag dood gevind. Die vyfde man wat steeds in die puin vasgekeer is, se arm sal afgesit moet word sodat hy gered kan word.
Hy is vroeg vanoggend uitgehaal onder die puin.
Nog vier mans is vroeër gered. Hulle het na bewering skrootmetaal gesteel toe die gebou meegegee het.
Die gebou in Power Park, Soweto, het Woensdag ineengestort, het die Johannesburgse nooddienste gesê.
“Al vier mense wat ons gedink het vasgekeer was daar, is gered, maar nou is ‘n vyfde persoon vasgevang aan die ander kant van die puin,” het woordvoerder Nana Radebe gesê.
Vroeër, het Radebe gesê paramedici het ‘n oproep van ‘n beseerde man ontvang wat beweer het deel van ‘n groep wat na bewering probeer het om kabels en metaal te steel in die gebou is.
Radebe het gesê die vyfde man is teen die grond vasgepen deur ‘n balk wat op sy hand rus.
Hy is by sy bewussyn en kommunikeer met reddingswerkers.
“Daar is te veel rommel en metaal dus sal soek-en reddingspanne met behulp van gespesialiseerde toerusting probeer om hom uit te kry,” het Radebe gesê.
“Die gebou moet gestabiliseer word voordat hy gered kan word.”
Die vyf wat gered is het ernstige beserings opgedoen, en is na ‘n hospitaal geneem.
Radebe was onseker of reddingspogings sal voortgaan deur die nag. Hulle sal vanoggend die soektog hervat.
Die polisie in Soweto sê hulle is besig met ‘n ondersoek na die omstandighede wat gelei het tot die ineenstorting.
‘n Klag van diefstal sal aanhangig gemaak word sodra die ondersoek na die ineenstorting van ‘n gebou afgehandel is. ‘n Woordvoerder het ontken dat hulle ingelig is dat diefstal van metaal reeds ‘n ruk lank by die gebou voorkom.

Die 5de man sal nie weer steel nie en sal nou soos n moslem dief lyk.
Hy gaan die beste 5 ster hospitalisasie ontvang ten koste van wit pensionarise wat hulle lewe vir die land afgesloof het an nou moet sterf in die staat se vrot slagpales.
“.. n klag van diefstal….” en die diewe se advokaat sal n teen eis insit vir beserings ens, ens ,ens.
Ja Eric, ek het ook onmiddellik daaraan gedink, dat “die staat” nou weer sy mediese onkostes en amputasies en prosteses sal betaal.
Verder sal hulle eers aangekla word “miskien” vir diefstal nadat die gebou se ondersoek afgehandel is, en dit kan maaaaande duur. teen daardie tyd het hulle alweer die dossier weggesmyt. Wat n bliksemse klugspul.
Dit dalk ‘n effense drastiese diefalarm?
Die enigste rede hoekom sy arm vasgevang is is seker omdat hy sy hand gebal hou om die gesteelde goed nou kan hy nie die hand uittrek nie en te flippen onnosel om die goed te laat gaan om sodoende sy hand uit te kry! Geen simpatie hy moes ook gevrek het!
As jy nie ore het nie, moet jy voel. Met of sonder arms, hulle sal steeds steel, ongeag die gevaar van ‘n gebou wat onveilig is.
My skoonma het altyd gesê dit is die blinde sambok wat slaan.. Ek het nie regtig simpatie met hulle nie.
Ek het GEEN simpatie met enige een van hulle.
Hier in ons omgewing is hulle besig met padwerke en daar is ou beton stormwaterpype uitgegrou. Ek sien toe dat van die volk besig is om hierdie pype met ander klippe stukkend te slaan om by die klein bietjie yster wat in die pyp se bewapening is uit te kom.
Hierdie ding gaan nie stop nie.
Wittes moet nou hierdie drek gaan red
Die vyfde man se arm sal afgesit moet word sodat hy nie meer kan steel nie.