Voorsitter van AU, DA blêr saam oor grondgryp

Die voorsitter van die Afrika Unie, Dr Nkosazana Dlamini-Zuma sê “landbou het die potensiaal om armoede en hongersnood binne die bestek van een geslag uit te wis”.

Die beraad fokus glo op landbou en voedselsekerheid in Afrika. Die vasteland, met die uitsondering van Suid-Afrika, het ‘n haglike geskiedenis van beide.

Dié versekering kom nadat die ANC wetgewing voorgestel het wat kommersiële landbou in Suid-Afrika sal vernietig, die banke negatief sal raak en tans die land se voedselsekerheid bedreig.

Dlamini-Zuma sê dit kan bydra tot die industrialisasie van die vasteland.

President Jacob Zuma, haar gewese man, sal die beraad bywoon en lei ‘n afvaardiging van vier kabinetsministers.

Sy het ‘n vergadering van buitelandse sake-ministers toegespreek voor die AU beraad wat Woensdag in Malabo in Ekwatoriaal Guinee begin.

Die DA het intussen voorgestel dat die Wes-Kaap ‘n eie grondhervormingsprogram loods om die gedagte van grondgryp in daardie provinsie lewendig te hou.

Die DA het die ANC-regering daarvan beskuldig dat sy grondhervormingsplanne misluk het en hulle nie in staat is om dit sinvol verder te voer nie.

Dit is nie seker hoekom grondhervorming hoegenaamd “sinvol” kan wees nie, aangesien dit alle eiendomstransaksies uiteindelik raak.

‘n DA-woordvoerder oor grondhervorming, Thomas Walters het tydens ‘n mediakonferensie vroeër voorgestel dat die DA sy eie loodsprojek in die Wes-Kaap begin.

Dit volg na ‘n beleidsvoorstel van die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Gugile Nkwinti, dat boere 50 persent van hulle grond aan werkers moet afstaan.

 

8 thoughts on “Voorsitter van AU, DA blêr saam oor grondgryp”

  1. Boere verkoop julle implimente en die wat julle nie kan verkoop nie verbrand julle gee vir die ANC die plase en gaan sit in die dorpe.
    Niks gaan die getalle so vinnig en effektief terugbring na waar dit moet wees, as so n aksie nie.

  2. Haai en soos die GROTE toeval dit nou wil hê dink die Joodse Business Day koerant die ANC se voorstelle is “billik”. As hulle so aanhou gaan dit eersdaag darem baie duidelik raak wie agter die plaasmoorde sit selfs vir die vertraagdes wat dink Israel en die Jode is ons vriende

Maak 'n opvolg-bydrae