Die volledige verslag van die ministeriële taakspan oor die veiligheidsopgraderings by president Jacob Zuma se privaatwoning in Nkandla sal Donderdag bekend gemaak word.
Die verslag sou vroeër bekend gemaak word, maar is uitgestel vanweë oud-president Nelson Mandela se dood, het RSG berig/
Die ministers van die veiligheidsgroepering sal die verslag bekend maak.
Die verslag is vroeër vanjaar deur die minister van openbare werke, Thulas Nxesi geklassifiseer, omdat dit die president se veiligheid sou benadeel.
Die besluit is egter verander nadat uittreksels uit die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, se verslag oor die woning in die Mail & Guardian-koerant gepubliseer is.
Die uittreksels impliseer dat die president persoonlik deur die verbeterings bevoordeel is.
Die ANC het vroeër versoek dat die volledige verslag bekend gemaak word.


