
Die film Mandela: Long Walk to Freedom het in Brittanje en Ierland geopen en sal na verwagting oor die R26 miljoen in sy eerste drie dae van die vrystelling inoes.
Die film is gewild by die Britte en Iere en sal die naweek een van die top 10 presteerders by die Britse loket wees, het het die film se produsente gesê in ‘n verklaring.
“Die sterk loketprestasie kom op die rug van positiewe resensies van die Verenigde Koninkryk se kritici.”
Die film is gebaseer op die voormalige president Nelson Mandela se outobiografie Britse loket Long Walk to Freedom . Dit het Vrydag in Brittanje en Ierland geopen.
“Dit is inderdaad ‘n formidabele opening. Die Britse publiek is ‘n diverse een en die sterk loketprestasie toon die wye trefkrag van die film,” sê filmmaker Anant Singh .
Verlede maand, is die film vir drie Golden Globe-toekennings genomineer
Die filmsterre is die Britse akteurs Idris Elba en Naomie Harris, Suid-Afrikaanse akteurs Tony Kgoroge , Riaad Moosa , Lindiwe Matshikiza , Terry Pheto , Jamie Bartlett , en Deon Lotz .
Elba is vir beste akteur vir sy rol as Nelson Mandela genomineer, Alex Heffes vir beste oorspronklike musiek en U2 is vir die beste oorspronklike temaliedjie.
Die Golden Globe-seremonie sal Sondag in Los Angeles plaasvind.

