Nkandla-verslag geopenbaar

nkandla-residenceDie volledige verslag van die ministeriële taakspan oor die veiligheidsopgraderings by president Jacob Zuma se privaatwoning in Nkandla sal Donderdag bekend gemaak word.

Die verslag sou vroeër bekend gemaak word, maar is uitgestel vanweë oud-president Nelson Mandela se dood, het RSG berig/

Die ministers van die veiligheidsgroepering sal die verslag bekend maak.

Die verslag is vroeër vanjaar deur die minister van openbare werke, Thulas Nxesi geklassifiseer, omdat dit die president se veiligheid sou benadeel.

Die besluit is egter verander nadat uittreksels uit die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, se verslag oor die woning in die Mail & Guardian-koerant gepubliseer is.

Die uittreksels impliseer dat die president persoonlik deur die verbeterings bevoordeel is.

Die ANC het vroeër versoek dat die volledige verslag bekend gemaak word.

16 thoughts on “Nkandla-verslag geopenbaar”

    1. Presies my gevoel ook Pretorius.
      As daar net een van die Afrianer/blanke ( ek gaan die woord Regse eers los) organisasies die voortou wil neem hiermee, sal baie mense dit steun.
      Waarsku die regering vooraf dat daar met so ‘n belasting boikot begin gaan word, en kry eers die mense om hulle steun daaraan te gee voordat daar deaadwerklik mee begin word.
      Sonder om enige persoon aan vervolging bloot te stel, sal die regering gedwing word om ‘n slag na ons pype te dans. Belasting is die gereedskap wat ons aan hulle gee om die lewe vir ons moeilik te maak.
      Is ons van ons koppe af???

        1. Die moment wat die mense ontdek dat hulle “usefull idiots” was, en dat hule geld daarvoor moes betaal om hulle eie ondergang te finansier, dan sal dar nie meer keer wees nie.
          Ongelukkig weet die septer swaaiers dit, en speel hulle kaarte baie versigtig. As hulle eers by die draaipunt verby is, dan maak die regering net wat hulle wil, en ook wanneer hulle wil. Teen daardie tyd het die verlammings inspuitings wat aan ons toegedien word, in werking getree.
          Dan is dit te laat.

          1. En soos my gevoel is dat die septerswaaiers hulle tyd spandeer om vure dood te slaan. Daar word druk op hulle geplaas deur betogings teen die streekdiensterade, e-toll, Numsa wat Internationale Hof toe wil gaan, die OB wat baie op hulle tone hou ens. Dan hoop ek dit is suksesvol net om die tydperk te verleng of nog beter daardie tydperk afgestel te kry dat die verlamming nie in tree nie.

          2. Menere, begin julleself bekendmaak met Bitcoins, ons kan baie van hierdie belastingkies van hulle omseil hiermee.

          3. Ek sou baie graag wou reageer op u kommentaar maar u moet verstaan dat ek allergies is vir ‘n forum-Gas. Ek hoop u vind dit so in orde.

          4. Ja die regerings van die wêreld is onder groot druk om bitcoin te laat sneuwel. Dit ondermyn die geldmag se uitreik van ” legal tender”

      1. Hulle het toegang tot jou bankrekening. Hulle vat sommer self. Ons sukkel nou al meer as ‘n jaar om ons geld by die mpy waarvoor ek werk uit SARS terug te kry. Als blykbaar in orde maar terugbetaal is min. Al hierdie is ook blykbaar binne die wet

  1. Ek het nie ‘n “Outeurs Firma” eens in gedagte gehad nie Trippie.
    Veronderstel die VF+ kom met hierdie voorstel dat ons moet stem daaroor, soos Sunette gemaak het.
    Nog lank voordat iemand belasting weerhou het, word die ‘Belastings weerhouding veldtog” se ondersteuners lyste ook oorhandig.
    Op geen manier sal hierdie vrot staat ‘n paar duisend mense kan vervolg nie.

  2. Ek wil ‘n klip in die bos gooi. Almal kruisig Zuma hieroor. Plaas egter die bedrag in perspektief: Mandela het R32m gespandeer volgens m&g. Neem die verswakking in die rand in ag (rofweg faktor 5) dan het M die ekwivalent van R150m in vandag se geld gespandeer en niemand het ‘n woord daaroor gerep nie. De Klerk het naweek vir naweek met ‘n weermaghelikopter na sy strandhuis in die kaap gevlieg. Baie vinnig meer as wat ou skillie van kan droom

    1. Rooikop as ek daardie verraaiers se naam lees en
      weereens moet besef dat ons hom maandeliks n pensioen moet betaal vir die guns van sy
      verraad wil ek n stuipe kry. Weet jy hy het nie die geld nodig nie hy is net
      gewoon dikvellig en skaamteloos.

Maak 'n opvolg-bydrae