Kommentaar voortaan net vir betalende lede

Deel op

disqusTot dusver het praag deur middel van die Disqus-kommentaarafdeling by artikels ‘n ruimte probeer bied vir lesers om op intelligente en beredeneerde wyse kommentaar te lewer en kwessies te debatteer. Ongelukkig is ons kommentaarafdeling toenemend misbruik deur buitestaanders wat daarop uit is om onmin te saai, lasterlike bewerings te maak, te vloek en te skel, en dies meer.

Tans lui ons kommentaarbeleid só:

U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en praag, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene “trol”-gedrag. Enigeen wat só ‘n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.

Kennelik het vele gebruikers nie hierop ag geslaan nie, want ons ontvang steeds klagtes van lesers en ons modereerders dat dié beleid daagliks geskend word.

Daarom word ons verplig om deelname aan die kommentaafafdeling voortaan slegs vir betalende praag-lede of intekenare beskikbaar te stel. Die stelsel sal oor die volgende paar dae in werking gestel word.

Die minimumbydrae per maand wat nodig is om aan Disqus deel te neem, is R30 per maand per debietorder of PayPal-subskripsie. Mense sonder PayPal kan steeds via hul kredietkaart ‘n PayPal-subskripsie betaal, aangesien PayPal daarvoor voorsiening maak.

Sluit hier aan.

Nie-intekenare sal steeds briewe aan PRAAG kan rig om hul menings te lug.

– Die redaksie

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.