Die Instituut vir Rasse-aangeleenthede sê die tekort aan maatskaplike werkers in die land is ‘n bron van kommer.
Die Instituut sê ‘n ondersoek wat gedoen is toon dat die land sowat 16 700 gekwalifiseerde maatskaplike werkers het, maar dat die meerderheid nie praktiseer nie.
Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Bathabile Dlamini het verlede week gesê die departement onderhandel met die nasionale tesourie om fondse te verkry sodat nuwe gegradueerdes wat nie werk kry nie, in diens geneem kan word.
Die instituut sê sowat 40 persent van maatskaplike werkers is veronderstel om in die Regering se diens te wees en dat daar ondersoek ingestel moet word na die rede hoekom soveel werkers nie praktiseer nie. – RSG
Suid-Afrika het die Verenigde Nasies gevra om sy Veiligheidsraad te wysig om Afrika-state in te sluit.
Diepresident van die VerenigdeNasies se Algemene Vergaderinghet ‘n oproepvir die hervormingvan dieVeiligheidsraad gedoen.
VukJeremichet die minister van Internasionale Betrekkinge en SamewerkingMaiteNkoana–MashabaneinPretoria ontmoet oor die aangeleentheid.
‘n Dringendeoproep vir veranderingom ‘nmeerdeursigtigeen verteenwoordigendeVeiligheidsraad is insgelyks deur die minister geloods.
“Daar sal geenveranderingweessonder ons nie, aangesien 70%van die kwessies watna dieVeiligheidsraad vir bespreking verwys word, rondom ons handel.Sokan ditnie voortgaan sonder ons nie,” het sy bygevoeg.
Die Raad hetvyf permanente ledemetvetoregen10verkose nie-permanente ledemet ‘n tweejaar termynmet geenvetomagte nie.Suid-Afrikahet reeds twee termyneas‘n nie-permanente lid gedien.
“As dit nieAfrika insluit nie dan is onsbeter af sonder enigeverandering, en verandering is nodig. Anders sal dieVNsal stadigwegkwyn na irrelevansie.“
Sy het beklemtoon dat die raad kan nie langer sonder die vasteland kan aangaan nie.
Die meeste gebiede in Pretoria, insluitende Sunnyside, Arcadia, Hatfield en nabygeleë voorstede ondervind sedert die naweek watertekorte.
Die Tshwane Metroraad sê dit is weens ‘n hoofpypleiding wat by die Bosmanstasie gebars het.
‘n Woordvoerder, Blessing Manale, sê kontrakteurs het sedert gister aan die pype gewerk en hoop om die toevoer binnekort herstel te hê.
Inwoners moes die hele naweek met wateronderbrekings sukkel.
Die stad sê die watertoevoer na Sunnyside en Arcadia sal vanmiddag herstel wees.
‘n Woordvoerder sê herstelwerk aan die hoofpypleiding, wat gebars het, is voltooi en dat waterverbindings herstel sal wees sodra die waterdruk gestabiliseer het. – RSG
‘n Vragmotor wat sianied vervoer het op die R33 tussen Amsterdam en Piet Retief in Mpumalanga omgeslaan.
Die hoofbrandweerbeampte van die Mkhondo plaaslike munisipaliteit, Anton Nortje, sê die pad sal tot môre gesluit word vanweë die gevaar om die gifstof te verwyder.
Hy het motoriste versoek om van alternatiewe roetes gebruik te maak.
Inwoners van Ha-Bungeni buite Makhado in Limpopo het ‘n voertuig van die Departement van Watersake aan die brand gesteek en ‘n sjebeen afgebrand.
Die inwoners het die Bungeni-Mashau-pad ook versper en voertuie beskadig uit woede nadat die liggaam van ‘n verstandelik gestremde man gevind is.
Intussen is die situasie kalm by Tshisaulu naby Thohoyandou waar inwoners gisteraand ‘n pad met brandende bande en klippe versper het.
Die oproerige skare eis die inhegtenisneming van ‘n moordverdagte nadat ‘n vrou se liggaam met ‘n meswond twee weke gelede gevind is.
Motoriste moes tussenThohoyandouenMakhadonabyTshilidzini–hospitaal onder klipgooiers deurloop.
Dieontdekking van dievrou se liggaammet steekwonde het inwoners in opstand laat kom want hulle sê daaris altalle moordeindie gebied.
“Die rede waarom mensein opstand is, wantbaie mense gaan hierdood.Daar is ‘nstaking, want die mense glo die polisiedoenniks daaraan nie.Somense isin opstand sodat die polisie iets moet doen. Misdaadgebeur inTshisaulu en diepolisiedoenniks daaraan nie,” het een van die inwoners gekla.
PRAAG is op soek na vrywilligers om op verskeie van ons komitees te dien:
Menseregte: ons kom al hoe meer menseregtevergrype teen Afrikaners/blankes teë wat aandag verg.
Ekonomie: ons ondersoek tans verskeie ekonomiese geleenthede en projekte wat werk en welvaart vir Afrikaners kan skep.
Onderwys: daar heers steeds verskeie bedreigings vir Afrikaanse onderwys en ons moet enkele teenstrategieë in werking stel.
Vertalers: As u Afrikaans goed is, beskik ons altyd oor vertaalwerk wat gedoen moet word, gewoonlik vanuit Engels na Afrikaans, maar vreemde tale soos Frans en Duits kan ook handig te pas kom.
Ons kommunikeer sover moontlik virtueel en dus sal dit weinig tyd en moeite verg. Ons vergader een keer per maand via die internet om vordering te bespreek.
Almal kla, maar doen niks om ons situasie te verander nie. Raak betrokke!
Professor Ben Turok, voorsitter van die parlementêre etiekkomitee, het volgehou dat doodsdreigemente teenoor hom ernstig opgeneem moet word.
Die komitee het bevind dat Dina Pule, minister van kommunikasie, haar skuldig aan opsetlike leuens aan die parlement gemaak het het tov haar finansiële belang mbt die 2012 ICT Indaba. Die polisie hou vol dat die oudminister nie met die dreigemente verbind kon word nie.
Turok voer aan dat Pule se vriend, Phosane Mcebisa, nie vertrou kan word nie. Turok het gesê dat die parlement se voorlopige ondersoek aangedui het dat die dreigemente nie geignoreer kan word nie.
Pule is aan wangedrag skuldig bevind en is die maksimum straf deur die parlement opgelê. Sy is in die parlement aangespreek en sal ook ‘n maand se salaris moet inboet.
Verder sal sy ook nie toegelaat om vir twee weke aan parlementêre debatte deel te neem nie.
Pule is verlede maand deur President Jacob Zuma, met die vierde kabinetskommeling sedert 2009, uit haar pos ontslaan.
Die ANC in KwaZulu-Natal het bevestig dat een van sy raadslede op Ulundi doodgeskiet is.
Die skietvoorval het gebeur ure nadat die ANC drie raadslede en 700 nuwe lede in sy midde verwelkom het wat van die IVP en NFP in die Nongoma-gebied na die party oorgeloop het.
‘n ANC-woordvoerder, Senzo Mkhize sê die raadslid se naam sal later bekend gemaak word.
Die etniese onderstominge binne die ANC is voorts belig deur die Noord-Sotho’s se toenemende uitsluiting uit die ANC.
Die leier van die “African Peoples Convention” sê sy party wen veld in Noordwes weens “gebrekkige politieke leierskap” in dié provinsie.
Godi het by sy party se provinsiale raadsvergadering in Matlosana gesê binnegevegte tussen ANC-lede in die meeste van die provinsie se munisipaliteite dra by tot die groei van die APC.
Hy sê die APC sal aanstaande maand die tussenverkiesings in nege wyke in die Tlokwe munisipaliteit in Potchefstroom betwis.
Verskeie geleenthede om dieMarikana-slagtingte gedenkword beplandeur die regering, geaffekteerde gemeenskappe,mynmaatskappyeen vakbonde, het die nasionalekommissaris van polisieRiahPhiyegagesê.
“Baie vandiegene wat geraak worddeurdie tragedieis nog steedshartseer.Sommige isnog steeds kwaadas‘ngevolg vanhul verlies,” het sy gesêin‘n voorbereidetoespraak.
“Ek voeldie pyn wathulle ervaar…Ek leerom vrede te maakmet dit.“
Sy hetSuid-Afrikaners gevra om die tragedieverantwoordelik ensensitief te onthou en gesêsy wildiekloof tussendie polisieen die gemeenskap herstel,veral in dieplatinumstreek.
Phiyega het gister by ‘n kerkdiens in Langa wat deur ledevan dieSAMetodiste Kerkgehou is in die Kaapse Skiereiland gesê sy hoop daar is nie verdere vertragings met die ondersoek nie.
Sy sê daar sal waarskynlik baie lesse te leer wees uit die bevindings van die kommissie.
Die kommissie is verlede jaar aangestel ná 44 mense by die Lonmin myn in Marikana dood is tydens ‘n onbeskermde staking.
Die sittings van die kommissie is etlike kere vertraag weens onder meer probleme met die befondsing van mynwerkers se regsverteenwoordigers. – RSG/Sowetan
Sowat 26 oproeriges van Kokosi by Fochville aan die verre Wes-Rand verskyn vandag in die landdroshof op die dorp op aanklagte wat verband hou met openbare geweld.
Een persoon is dood tydens die opstande. Drie huise wat aan ANC-raadslede behoort én winkels wat deur buitelanders bedryf word, is geplunder en aangeval.
Die sekretaris-generaal van die ANC in Gauteng, David Makhura, het by ‘n verkiesingsveldtog vir jeugvrywilligers gesê die inwoners van Fochville word mislei en vir gewelddadige protesaksies gewerf.
Tientalle inwoners van die Kokosi township is reeds vroeër op ‘n waarskuwing vrygelaat nadat hulle in hegtenis geneem is op aanklagte van openbare geweld. Die geweld teen buitelanders, asook ANC-raadslede duur reeds ‘n week.
Die persoon wat doodgeskiet is, was op die dak van ‘n spazawinkel toe hy getref is. Die inwoners is glo ontevrede oor die gebrek aan behuising.
Twee en twintig inwoners van Protea-suid in Soweto verskyn ook vandag in die Protea-landdroshof op aanklagte van openbare geweld.
Geweld het die naweek weer opgevlam en skermutselings het voorgekom tussen inwoners en lede van die polisie.
Paaie is met klippe en brandende buitebande versper en verkeersligte is beskadig. Inwoners is ontevrede oor gebrekkige dienslewering in die gebied. Die betogings het Donderdag begin.
Lede van Julius Malema se EFF-party is deur Protea-suid se inwoners verjaag toe hulle in Soweto opgedaag het. Malema het vroeër aan betogers op Fochville aan die verre Wes-Rand gesê om te veg vir grond.
EWN berig egter dat sekere inwoners wel Malema se teenwoordigheid daar ondersteun het.
Die polisie het begin om strate in Protea-suid skoon te maak waarop klippe ná die oproer gegooi is. Motoristeis aangeraaiom die gebied tevermy.
Intussen, het ‘n ANC-raadslid in Johannesburg verantwoordelikvir Behuising, DanBovu, gesêhy sal eersdaags ‘nvergadering met dieinwonersbelête midde vangewelddadigebetogings oor dienslewering.
Die vergadering saldie inwoners sevraag na elektrisiteitte bespreek,onder andere.Bovusê daaris ook planne omdie inwonerste hervestig.
“Protea-Suidkannie ontwikkel word nie.Jy saldaarvan bewus wees datGautengprobeer het omdie plekte ontwikkel, maarGeowetenskapsê dat jy niedaardie plek kan ontwikkel nie.Ja, daaris planne ommensevan dieProtea-Suidte hervestig.“
Chris Hani-rylaan en talle ander strate het deurgeloop onder die verwoesting. – RSG/EWN