Die Australiese regering het Vrydag sy terreur-waarskynlikheidsvlak na “hoog” opgeskuif, het premier Tony Abbott in ‘n verklaring bekend gemaak.
Die rede vir die besluit is die toenemende aantal Australiërs wat bande het met of geïnspireer word deur terreurgroepe, waaronder die Islamitiese Staat.
“Die besluit is nie gegrond op kennis van ‘n spesifieke aanvalsplan nie, maar eerder op ‘n klomp bewyse wat daarop dui dat Australië wel deur terroriste-aanvalle bedreig kan word,” lui die verklaring.
Die Noord Gautengse hooggeregshof het bevind dat Oscar Pistorius nie aan moord op sy vriendin Reeva Steenkamp skuldig is nie.
Regter Thokozile Masipa, het kort voor die etenstydverdaging gesê die Staat het nie daarin geslaag om sonder enige redelike twyfel te bewys dat Pistorius Steenkamp wou doodskiet nie.
Pistorius kan steeds op aanklagte van strafbare manslag skuldig bevind word.
Pistorius het die regter se bevinding met sigbare verligting aangehoor en in trane uitgebars toe die regter die slotsom oorgedra het.
Woolworths, die handelsmerk wat nie graag wit Afrikaanse verbruikers wil raaksien nie, is weer in die moeilikheid, maar dié keer is dit nie oor rassisme en Boerehaat nie.
Die aktiviste groep Grass Consumer Action het die winkelgroep daarvan beskuldig dat hulle kliënte oor melk mislei en hul koeie wreed onthoring.
Skrywer en aktivis Sonia de Villiers het ‘n storm veroorsaak toe sy foto’s van Woolworths se melkbottels, gemerk met “vry om rond te loop”, geplaas het terwyl Woolworths se diere glo in skure gehou word.
Die etikette waarop staan “vry om rond te loop” is nie meer op die Ayrshire melkbottels nie, het die groep geskerm en gesê is vervang met ‘n nuwe etiket.
Woedende verbruikers op sosiale media het Woolworths beskuldig daarvan dat hulle nie organiese melk verkoop nie en verbruikers mislei.
Een het gesê: “Ek ry spesiaal na Woolworths (‘n halfuur se ry), want ek het geglo [hulle] melkery is beter.”
Woolworths het teruggekap en gesê organiese melk is nie so winsgewend soos gewone melk nie.
Inwoners van Kriel was Woensdag steeds in die dorp vasgekeer nadat oproermakers toegangsroetes versper het. Die plaaslike radiostasie het inwoners gemaan om in hul huise te bly weens die gespanne toestand.
Volgens ’n polisiebeampte het die polisie Maandag ingegryp toe honderde oproeriges na Kriel gestap het.
Motoriste moes Dinsdagmiddag buite Kriel op die R547-pad staan nadat lokasiebewoners van Thubelihle en Ganala die pad deur die dorp in die oggend met klippe en brandende motorbande onbegaanbaar gelaat het.
‘n Boer moes noodgedwonge sy grondpad oopstel om die verkeer deur te laat.
Skole is gewaarsku dat leerlinge skoolterreine nie moet verlaat nie tensy ouers hul kinders persoonlik kom haal.
Gewapende polisielede het die toneel gemonitor vir ‘n regeringsafvaardiging wat glo Woensdag sou opdaag om met die inwoners te onderhandel.
Woensdag is die derde dag dat inwoners betoog oor werkgeleenthede wat slegs aan buitelanders by Eskom gebied word.
‘n Ooreenkoms tussen plaaslike inwoners en Eskom asook die myne in die omgewing is vroeër bereik waarvolgens die plaaslike gemeenskap voorkeur sal kry vir poste.
Drie betogers het Dinsdag in die plaaslike landdroshof verskyn weens oortredings wat verband hou met die optog. Sers. Gerald Sedibe, polisiewoordvoerder, het gesê die verrigtinge is tot 29 September uitgestel.
‘n Amerikaanse en ‘n plaaslike swarte baklei in die hof oor wie mekaar geslaan en ‘kaffer’ genoem het. Die plaaslike komediant TolA$$Mo is in ‘n hofgeding gewikkel met ‘n Amerikaanse swarte genaamd James Albert French en moes in Julie in die hof verskyn op ‘n klag van intimidasie ná insident by ‘n OTM in Melville.
As verweer het TolA$$Mo, wie se regte naam Mongezi Ngcobondwane is, beweer dat French hom ‘n “kaffer” genoem het. Hy het ook gedink dat French ‘n blanke was. Aanvanklik is die klag teen hom teruggetrek, volgens ‘n berig in die Daily Sun, die swart poniekoerant.
Ngcobondwane het aan die Daily Sun gesê: “As nog ‘n witman my ‘n kaffer noem, gaan ek hom moer.”
TolA$$Mo
Maar op 28 Augustus moes TolA$$Mo weer in die Newlands-landdroshof in Johannesburg verskyn, toe die saak tot 19 September uitgestel is en sy borg van R1 000 verleng is. Dit blyk nou dat Ngcobondwane ook tydens hul woordewisseling ‘n vuurwapen op die Afro-Amerikaner afgevuur het. TolA$$Mo se gade, Mome, is insgelyks in hegtenis geneem op klagtes van crimen iniuria en aanranding wat met dieselfde voorval verband hou en sal op 19 September saam met haar man in die hof verskyn.
French het egter in die openbaar verklaar dat hy “‘n Amerikaner en ‘n trotse swart Amerikaner is, en dat die woord ‘kaffer’ nie deel van my woordeskat is nie. As ‘n swartman, is die blote gedagte dat ek ‘n rassistiese term teenoor ‘n ander swart persoon kan gebruik, absurd en geen ernstige kommentaar waardig nie.”
Hy beskryf die voorval as “‘n ongevraagde, gewelddadige rasse- en xenofobiese aanval op my en my metgesel, ‘n Asiese Amerikaner. Mome Ngcobondwane staan tereg op klagtes wat met dieselfde aanval verband hou. Nadat hy ‘n wapen op my afgevuur het, probeer my aanvaller nou om my karakter in die media deur middel van laster te skend, in ‘n desperate poging om sy onverdedigbare optrede te regverdig. Wat my voorkoms ook al mag suggereer, ek is as ‘n trotse swart Amerikaner grootgemaak.”
Intussen het die voorval tussen die twee “broers” ‘n taamlike beroering in liberale kringe veroorsaak en die gewoonlik antiblanke rubriekskryfster van die Daily Maverick, Sisonke Msimang, wy ‘n hele rubriek daaraan onder die titel Is TolA$$Mo the boy who cried ‘kaffir’? Volgens haar is dit “onwaarskynlik” dat French die woord “kaffer” sou gebruik het:
The wrinkle in the story is that the man Ngcobondwane allegedly shot his weapon at, and whom he claims called him kaffir – is black. And while it is theoretically plausible in an abstract sense, that a black person (even one from America where the South African term kaffir is not in use) might call another black person by a racial epithet, the reality is that the particular person in question seems unlikely to have done that. I happen to know French (although he is a relatively new acquaintance) so I may be biased – but I would be surprised if someone who was raised by civil rights activists would use a word like kaffir against another Black person.”
Ngcobondwane then goes on to suggest, “If one more white man calls me a kaffir, I’m going to moer him.”
This is a sentiment with which many black people in South Africa can identify. There is nothing quite like being called a kaffir. It takes the air out of your lungs, hits you in the solar plexus; stings your eyes and dries your mouth. You are at once ashamed and enraged – understanding that the word should have no power and yet feeling its force and weight in your pelvis and your knees and in the soles of your feet. Kaffir has the density of centuries; it is the color of blood and tastes like metal.
Msimang meen dat dit nie reg is vir swartes om die “rassekaart” teenoor mekaar te speel nie. Praag kon nie ‘n foto van James Albert French bekom om te sien of hy so ‘n ligte Afro-Amerikaner is dat hy in die donker deur TolA$$Mo vir ‘n blanke aangesien kon word nie. Dat TolA$$Mo summier op hom gevuur het omdat hy hom as blanke aangesien het, is ‘n ander faktor wat nêrens in die uitvoerige kommentaar op die voorval tot dusver, behandel is nie.
Navorsing op TB en nie-oordraagbare siektes het ‘n inspuiting van R160 miljoen gekry. Die aankondiging is gedoen met die bekendstelling van die Newtonfonds in Kaapstad.
Die fonds skep ‘n samewerkingsplatform vir wetenskaplike navorsing tussen die Verenigde Koningryk en Suid-Afrika.
Die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad 60 miljoen rand oor ‘n tydperk van drie jaar bewillig en die Verenigde Koningkryk se Mediese Navorsingsraad en die farmaseutiese maatskappy GlaxoSmith Kline (GSK) sal ‘n bykomende 100 miljoen rand beskikbaar stel.
GSK is tans besig om ‘n entstof teen ebola te ontwikkel nadat dié siekte in Wes-Afrika uitgebreek het.
Die fonds sal bestaande projekte in gesondheidsnavorsing wat fokus op TB en nie-oordraagbare siektes ondersteun, sowel as bykomende navorsingsprojekte.
Dit is daarop gemik om groter geleenthede vir jong Suid-Afrikaanse wetenskaplikes te verseker.
TB-navorsing sal fokus op die voorkoming van die oordrag van die siekte, terwyl die ander navorsing toegespits sal word op suikersiekte, hoë bloeddruk en kanker.
Uitspraak in die Oscar Pistorius-moordverhoor sal Donderdag gelewer word. Pistorius staan tereg op vier aanklagte waaronder moord met voorbedagte rade op sy vriendin, Reeva Steenkamp.
‘n Groot mediateenwoordigheid word vanoggend verwag by die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria vir die uitspraak in die moordverhoor verwag.
Meer as 150 plaaslike en internasionale joernaliste sal na verwagting die hofsale GC en GD volpak om na die regter se beslissing te luister. Regter Thokozile Masipa sal om halftien met haar uitspraak begin.
‘n Woordvoerder van die mediamonitormaatskappy, Roi, Tonya Khoury, sê die uitspraak sal wêreldnuus wees vir die volgende twee dae.
Regskenners sê ‘n skuldigbevinding aan moord, sal beteken dat daar bevind word dat die gestremde atleet onwettig opgetree het en sy vriendin doelbewus doodgeskiet het.
Om hom skuldig te vind aan strafbare manslag, moet die hof bevind dat Steenkamp se dood aan nalatigheid aan die kant van die beskuldigde te wyte was.
Die regter sal albei weergawes van die verdediging sowel as die aanklaer moet oorweeg om te bepaal of die Staat sy weergawe bo redelike twyfel bewys het, naamlik dat Pistorius Steenkamp doelbewus doodgeskiet het.
Die verdediging hoef slegs te bewys dat Pistorius se weergawe van die gebeure redelik is en waar kan wees.
‘n Voorlegging aan die Parlementêre portefeuljekomitee oor Energie het getoon dat ‘n gebrek aan infrastruktuur die verskaffing van gas vir huishoudelike en nywerheidsgebruik kniehalter.
Rolspelers in die gassektor, insluitende SASOL, PetroSA, NERSA en die Departement van Energie het die Parlementêre komitee ingelig.
Die Nasionale Energiereguleerder, NERSA sê plaaslike gasreserwes voldoen nie aan die potensiële vraag nie.
‘n Woordvoerder van NERSA, Nomfundo Maseti, sê alhoewel gas in buurlande ontdek word, is daar beperkte infrastruktuur om dit die land in te bring.
Maseti sê daar is groot gasvondse in Mosambiek, Ghana, Tanzanië en in die Kongo. Die gasvoorraad is dus nie die probleem nie, maar die infrastruktuur om dit uit die buurstate by Suid-Afrika te kry.
‘n Kragtige ontploffing is kilometers ver gehoor toe ‘n chemiese aanleg naby Bremen ontplof het, in die noorde van Duitsland. Ten minste een persoon is na wat berig word beseer, terwyl die aanleg se geboue “ernstige skade” gely het, het nooddienste gesê.
Meer as 300 brandbestryders het na die ontploffing en massiewe brand gehaas by die Bergolin-maatskappy in Ritterhude, ‘n stad noord van Bremen met ‘n bevolking van 15,000. Die aanleg produseer hoofsaaklik industriële bedekkings.
‘n Woordvoerder vir die plaaslike polisie-afdeling het aan die Bild-koerant gesê die ontploffing kon kilometers ver gehoor word. Verskeie geboue was aan die brand en ‘n fabriekswerknemer is as vermis aangemeld by die toneel van die ongeluk.
“Ons het tot dusver net sy motor ontdek,” het die polisiewoordvoerder Mark Neumann gesê. Plaaslike owerhede sê dat ten minste een persoon ernstig beseer is, maar hulle kon nie sê of dit die vermiste werknemer is nie.
Die polisie het gesê dat teen ongeveer middernag plaaslike tyd, was die vuur grootliks onder beheer gebring, het Spiegel berig.
Verskeie omliggende huise is erg beskadig deur die ontploffing, met ‘n paar in gevaar van ineenstorting, het ‘n woordvoerder van die polisie gesê. Plaaslike inwoners is gevra om binnenshuis te bly na swart rookkolomme in die lug ná die voorval in die lug gesien is.
Owerhede het 60 polisiebeamptes in die gebied ontplooi. Die spoorlyn tussen Bremen en Bremerhaven is aanvanklik ná die ongeluk gesluit.
Die lughawe naby Donetsk in die ooste van die Oekraïne wat deur die selfverdedigingsmagte beset is, is Maandagaand deur vuurpyle bestook, het die Oekraïnse weermag bekend gemaak.
Die lughawe is in Mei reeds ernstig beskadig in swaar gevegte. Maandagaand is dit vier keer deur mortiere en vuurpyle getref. Niemand is in die aanvalle beseer nie.
Dis een van talle verbrekings van die wankelrige skietstilstand wat Vrydag tussen die Kiëf-regering en selfverdedigingsmagte ná vyf maande se konflik onderteken is.
Die skietstilstand is in Minsk onderteken voor die NAVO-beraad in Wallis ten einde geloop het, nadat die Russiese president Wladimir Poetin ‘n vredesplan aangekondig het.
Dié vredesplan het die oorlogskoors wat NAVO teen Rusland in die Oekraïne stook gedemp, maar ontleders meen Kiëf sal ongelukkig aanhou om die skietstilstand te breek om die vredesplan te probeer kelder.
Indien die konflik aanhou, is die kanse dat NAVO sal toetree groter, sê hulle.