TB-navorsing kry inspuiting van Britse maatskappy

Navorsing op TB en nie-oordraagbare siektes het ‘n inspuiting van R160 miljoen gekry. Die aankondiging is gedoen met die bekendstelling van die Newtonfonds in Kaapstad.

Die fonds skep ‘n samewerkingsplatform vir wetenskaplike navorsing tussen die Verenigde Koningryk en Suid-Afrika.

Die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad 60 miljoen rand oor ‘n tydperk van drie jaar bewillig en die Verenigde Koningkryk se Mediese Navorsingsraad en die farmaseutiese maatskappy GlaxoSmith Kline (GSK) sal ‘n bykomende 100 miljoen rand beskikbaar stel.

GSK is tans besig om ‘n entstof teen ebola te ontwikkel nadat dié siekte in Wes-Afrika uitgebreek het.

Die fonds sal bestaande projekte in gesondheidsnavorsing wat fokus op TB en nie-oordraagbare siektes ondersteun, sowel as bykomende navorsingsprojekte.

Dit is daarop gemik om groter geleenthede vir jong Suid-Afrikaanse wetenskaplikes te verseker.

TB-navorsing sal fokus op die voorkoming van die oordrag van die siekte, terwyl die ander navorsing toegespits sal word op suikersiekte, hoë bloeddruk en kanker.